28 SEPTEMBER - 3 OKTOBER 2026 Kunstekaap | Kaapstad Die ATKV-Toneelaanbod haal saam asem met die land se top-jeugproduksies op een verhoog. ASEM IN. DIE FINAAL WAG. DIE NASIONALE FINAAL EEN WEEK. EEN VERHOOG. BAIE ASEM. Van die eerste asem op ’n streeksverhoog tot die laaste een in die nasionale finaal.Vir ses dae word die Kunstekaap die tuiste van jong stemme, groot stories en die beste van die ATKV-Toneelaanbod. Kom kyk. Kom luister. Kom haal saam asem. DIE NASIONALE FINAAL vier aanbiedings 1 VYF STEMME. EEN FINAAL. 28 September | 18:30Vyf ATKV-Sêrproduksies haal saam asem op die nasionale verhoog. ONTDEK ATKV-SÊR 2 TIEN STORIES HAAL WEER ASEM. 29 September – 1 OktoberDie Top 10 ATKV-Tienertoneelproduksies van regoor die land ontmoet mekaar by die Kunstekaap. ONTDEK ATKV-TIENERTONEEL 3 SES PRODUKSIES. EEN GROOT VERHOOG. 2 Oktober | 17:30Ons jongste spelers bring hul beste stories na die nasionale finaal. ONTDEK ATKV-TJOKKERTONEEL 4 DIE LAASTE ASEM. DIE GROOT VIERING. 3 Oktober | 19:00Ons vier die beste van ATKV-Tienertoneel en ATKV-Tjokkertoneel. ONTDEK DIE PRYSUITDELINGSEREMONIE 28 SEPTEMBER - 3 OKTOBER DIE WEEK OP EEN VERHOOG. Datum Program Produksies tyd MAANDAG | 28 SEPTEMBER ATKV-SÊR - NASIONALE FINAAL Vyf finalisproduksies + ATKV-Sêrprysuitdeling 18:30 DINSDAG | 29 SEPTEMBER ATKV-TIENERTONEEL - GROEP 1 Asemrowers, Hildemar, Skaduvlieg Motel, (S)inK, Dapperhuis 16:30 WOENSDAG | 30 SEPTEMBER ATKV-TIENERTONEEL - GROEP 2 My hart, op die rug van reuse, ’n Petisie aan Dionysus, Die kandidaat, Die hoop 16:30 DONDERDAG | 1 OKTOBER ATKV-TIENERTONEEL - GROEP 1 Tweede speelgeleentheid 10:30 DONDERDAG | 1 OKTOBER ATKV-TIENERTONEEL - GROEP 2 Tweede speelgeleentheid 16:30 VRYDAG | 2 OKTOBER ATKV-TJOKKERTONEEL - NASIONALE FINAAL Ses finalisproduksies 17:30 VRYDAG | 2 OKTOBER ATKV-TONEELAANBOD PRYSUITDELINGSEREMONIE Viering van ATKV-Tienertoneel en ATKV-Tjokkertoneel 19:00 KAARTJIES KIES WAT JY WIL SIEN. Elke program het sy eie kaartjiebespreking. Kies jou aanbieding hieronder en gaan direk na die regte Webtickets-blad. ATKV-SÊR ATKV-TIENERTONEEL | GROEP 1 ATKV-TIENERTONEEL | GROEP 2 ATKV-TJOKKERTONEEL ATKV-TONEELAANBOD PRYSUITDELINGSEREMONIE HAAL SAAM ASEM. VAN ENIGE PLEK. Kan jy nie by Kunstekaap wees nie? Twee hoogtepunte kom gratis met komplimente van die ATKV regstreeks na jou skerm. 28 SEPTEMBER | 18:30 ATKV-Sêr nasionale finaal + ATKV-Sêrprysuitdeling KYK REGSTREEKS 3 OKTOBER | 19:00 ATKV-Toneelaanbod prysuitdelingseremonie KYK REGSTREEKS EN DAN HAAL DIE KAMERA ASEM... Die verhoog is nie die enigste plek waar jong talent asemhaal nie.Op 28 September stel ons ook die sesde seisoen van Gekies vir die kollig bekend – waar ATKV-DigiToneel se spel vir kamera in ’n vier-episode televisiereeks ontvou. GEKIES VIR DIE KOLLIG | SEISOEN 6 Vanaf 6 Oktober | 20:30VIA | DStv-kanaal 147 KYK NA DIE VOORSMAKIE