ATKV-TIENERTONEEL
Waar stories asem kry en talent die toekoms vorm.
C en N Sekondêre Meisieskool Oranje
(S)ink is ’n eksperimentele, ekspressionistiese drama wat die uitdagings van anders dink, anders leer en anders beleef ondersoek. Deur ’n gefragmenteerde struktuur, sterk simboliek en eerlike oomblikke van humor en hartseer, word die gehoor uitgenooi om die wêreld vanuit ’n unieke perspektief te ervaar. Die toneelstuk fokus nie net op die individu nie, maar ook op die mense rondom haar en die invloed wat hul woorde, verwagtinge en optrede het. (S)ink vra indringende vrae oor behoort, begrip en selfaanvaarding, en herinner ons daaraan dat elke mens se reis anders lyk – selfs wanneer dit van buite dieselfde voorkom.
Verteller en ensemble: Miné Truter
Verteller en ensemble: Kaylin Maartens
Verteller en ensemble: Lisa Lintvelt
Fisiese stuk en Speletjie (Juffrou sê): Danaé du Plessis, Miné Truter, Kaylin Maartens, Lisa Lintvelt
Uitbeeldings toneel van ADHD se ervarings (Taak voltooi, gedagtes): Miné Truter, Kaylin Maartens, Lisa Lintvelt
Personeelkamer: Kaylin Maartens, Miné Truter, Lisa Lintvelt, Danaé du Plessis
Dramaturg: Chanmari Erasmus, Lynmari Brink
Regie: Chanmari Erasmus, Lynmari Brink
Kostuumontwerp: Tilde Prinsloo
Stelontwerp en -inkleding: Lynmari Brink
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Chanmari Erasmus
Beligtingsontwerp: Chanmari Erasmus
Verhoogbestuurder: Lynmari Brink
Beligtingsoperateur: Hanna Vorster
Klankoperateur: Mila Barratt
Hoërskool Kalahari
Oorlog, bloed, wapenvuur... en die stil dodelikheid van die Bosoorlog. PTSD, AMI, "Breacher's Syndrome", Tinnitus, Kop / Nek Trauma, BOMskok. Dit alles het 'n impak op die mens; nie net fisies nie maar ook emosioneel. Die Angola-oorlog het tot vandag 'n impak op die soldate se lewens. 'n Impak wat hulle ten gronde kan dryf... letterlik. Luitenant Pieter Coetzee is een van daardie soldate. Sy weermagloopbaan is miskien verby, maar die spoke in die kelders van sy siel veg 'n oorlog van hul eie teen hom... Die skade wat die oorlog sy brein, hart en SIEL toegedien het, is onmenslik, onverstaanbaar, onbeskryflik... Dit het sy siel verdonker.
Pieter Coetzee: Phillip Adamson
Wiandi Fourie: Marne' Botha
Rico: Ja-Zaid Sakoor
Zol: Jayvin Harmse
Doppies: David van den Berg
Dramaturg: Phillip V. Adamson
Regie: Phillip Adamson, Ja-Zaid Sakoor
Kostuumontwerp: Martin Coetzee, Paul Roux
Stelontwerp en -inkleding: Martin Coetzee, Paul Roux
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Chante' Cordier
Beligtingsontwerp: Dewald Olivier
Verhoogbestuurder: Elzeri Ross
Beligtingsoperateur: Dewald Olivier
Klankoperateur: Chante' Cordier
Hoërskool Jim Fouché
Vasgevang in 'n eindelose siklus, klim drie tienermeisies blindelings na betekenis. Met elke val brokkel hul waarhede,vrese en verhoudings tot een besef: ontsnapping lê nie bo nie, maar in hoe hulle kies om te sien, te glo en te wees.
Avril: Joané de Beer
Helena: Rizé Bierman
Marli: Chrizel van Wyk
Dramaturg: Margo Kotze
Regie: Stella Nortier
Kostuumontwerp: Danielle Nortier & Stella Nortier
Stelontwerp en -inkleding: Stella Nortier
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Stella Nortier & Hanro Snyman
Beligtingsontwerp: Stella Nortier
Verhoogbestuurder: Nicole van Schalkwyk
Beligtingsoperateur: Wiehan du Plessis
Klankoperateur: Hanro Snyman
Stelbouers: Neels Lubbe, Quintus Senekal en Stella Nortier
Hoërskool Kathu
Die drama speel af in 'n tent in die Caprivi-strook (Suidwes-Afrika, nou Namibie) tydens die Suid-Afrikaanse Bos-oorlog in 1980. Dis ongeveer 20h00 die aand voordat sommige beseerdes die volgende dag per helikopter sou teruggaan Suid-Afrika toe. Twee briewe ontlok uiteenlopende reaksies by die twee oorlewende dienspligtiges in die tent...
Stefan Vermeulen: Jeandre Kuhn
Pieter Koch: Dewyk Rossouw
Korporaal: Wian Germishuys
Dramaturg: Nico Loubser
Regie: Yolanda Swiegers
Kostuumontwerp: Yolanda Swiegers
Stelontwerp en -inkleding: Yolanda Swiegers
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kyle Barendse
Beligtingsontwerp: Kyle Barendse
Verhoogbestuurder: Christiaan Van Vuuren
Beligtingsoperateur: Kyle Barendse
Klankoperateur: Kyle Barendse
Hoërskool Duineveld
Liela Visagie, die eksentrieke en trotse kleindogter van Lulu Visagie, erf die nalatenskap van Die Boekhuis – ’n plek wat sedert die 1960’s hoop en geleenthede aan minderbevoorregte kinders gebied het. Wanneer Ouma Lulu na ’n ouetehuis moet verhuis, neem Liela bankvas die leisels oor. Vir haar is Die Boekhuis veel meer as net ’n huis vol boeke; dit is die hart van haar ouma se droom vir die mense van Groenpoort. Vasbeslote om dié nalatenskap lewend te hou, sal Liela enige iets doen om Die Boekhuis se hart aan die klop te hou – enige iets!
Liela Visagie: Robyn Muller
Arthur Bennett: Liam Oppel
Mariet: Jana Engelbrecht
Dawie: Caleb Keyser
Winona: Lee-Shay van Wyk
Leana: Leja Dauth
"Groot Attie": Dawid Moller/Caleb Keyser
"Klein Attie se Ma": Chenique Brown
Leesgroep-kind 1: Chenique Brown
Leesgroep-kind 2: Caleb Keyser
Leesgroep-kind 3: Jana Engelbrecht
Leesgroep-kind 4: Dawid Moller
Inwoner van Groenpoort 1: Sienie Myburgh
Inwoner van Groenpoort 2: BM Pool
Inwoner van Groenpoort 3: Dawid Moller
Inwoner van Groenpoort 4: Chenique Brown
Dramaturg: Jo-Aithne Stemmet
Regie: Joline van der Westhuizen, Caitlin O'Connel
Kostuumontwerp: Joline van der Westhuizen, Caitlin O'Connel
Stelontwerp en -inkleding: Joline van der Westhuizen, Caitlin O'Connel, Dysman van Eeden
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Michaela Coetzee, Telani Botha
Beligtingsontwerp: Dysman van Eeden
Verhoogbestuurder: Sienie Myburgh
Beligtingsoperateur: Dysman van Eeden, Sumari Nolte
Klankoperateur: Michaela Coetzee, Telani Botha
Hoërskool Martin Oosthuizen
Wanneer drie susters ná jare weer onder een dak saamkom, begin ou geheime en onverwerkte seer stadig oopvou. Die Donahue Susters is ’n hartroerende verhaal oor familie, herinneringe en die dinge wat mense van mekaar wegdryf — en weer terugbring.
Dunya: Liané Stadler
Rosie: Keil Marais
Annie: Alicia King
Dramaturg: Geraldine Aron
Vertaler: Barnie Mans
Regie: Barnie Mans
Kostuumontwerp: Barnie Mans
Stelontwerp en -inkleding: Janco Liebenberg, Barnie Mans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Conraad Burger, Barnie Mans
Beligtingsontwerp: Janco Liebenberg
Beligtingsoperateur: Janco Liebenberg
Klankoperateur: Conraad Burger
Zastron Gekombineerde Skool
n Kersdag vol verrassings, eers daag die oudste dogter onverwags op en daarna kom die telefoonoproep dat Tant Sarah op pad is. Die gesin begin soek na 'n spesifieke blompot ('n familie-erfstuk), maar dit is net die beginpunt vir geheime, verwyte en onthullings
Gerhard (Pa): Marcell Kilian
Maria (Ma): Bianca Botha
Petra: Adré Grobler
Johan: Willie du Plessis
Corné: Petroné Wagener
Michelle: Anmari de Kock
Markus: Peter du Plessis
Tant Sarah: Nadia Kilian
Dramaturg: Mijanda Meades
Regie: Mijanda Meades
Stelontwerp en -inkleding: Marnus Kotzé
Verhoogbestuurder: Lynley Buckland
Beligtingsoperateur: Tayren Massyn
Klankoperateur: Janica Coetzee
Hoërskool Diamantveld
Party dinge word skoongemaak omdat niemand dit wil sien nie.
Die Skoonmaker: Ruben Viljoen
Lea: Lienka Smal
Blue/Tippie se ma: Sumari Pheiffer
C.C: Zané Rautenbach
Assistant: Hanco Klopper
Griff: Rabbat Hussein
Razor: Andrew Wilson
Johnny/Jong Razor: Dante Gaginaar
King: LJ Buys
Tash: Zimri de Wet
Kyle: Lujean Strydom
Engel: Mico Thuynsma
Vlooi: Lienke Mulke
Kameraman: Dries Viviers
President: Caleb Onvlee
Straatkinders: Carli Hager, Denike Steyn, Michan Jacobs, Kimberley Bennet, Miezandie Wilken, Karlynn Nel, Nadia Delport, Mia-Lee Riekert, Henro Swart, Madison Saaiman,Corli van Heerden, Lizmari van der Westhuizen
Shoppers/Superfans: Anuschka Kotze, Dyllan Appies, Anéda Coetzee, Bianka du Toit, Ingrid Harmse, Marli van Staden, McKayla Reichel, Annelike Scholtz, Ruhann Smit, Kaylin Kruger
Dramaturg: Liz-Marie van der Westhuizen
Regie: Liz-Marie van der Westhuizen
Kostuumontwerp: Liz-Marie van der Westhuizen
Stelontwerp en -inkleding: Juwan van der Berg
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Marius Labuschagne
Beligtingsontwerp: Liz-Marie van der Westhuizen, Lenard Gresse
Verhoogbestuurder: Elan Swart
Beligtingsoperateur: Lenard Gresse
Klankoperateur: Marius Labuschagne
Bloemhof Gekombineerde Skool
Amelia en haar vriende kom bymekaar om haar verjaarsdag te vier, maar gedurende die aand begin sy vermoed dat iemand haar wil vermoor. Later daardie nag word sy doodgemaak — net om die volgende oggend weer wakker te word op dieselfde dag. Amelia besef sy sit vas in ’n tydlus waar die dag oor en oor herhaal elke keer as iemand sterf. Sy probeer uitvind wie die moordenaar is deur haar vriende dop te hou en hul geheime te ontdek. Elke keer wanneer sy dink sy weet wie skuldig is, maak sy daardie persoon eerste dood om haarself te beskerm. Maar ná elke moord begin die dag net weer van voor af. So raak Amelia al hoe meer paranoïes en gewelddadig. Uiteindelik ontdek sy dat die ware moordenaar iemand is wat sy nooit sou verdink nie, en net deur die waarheid te aanvaar kan sy die tydlus beëindig.
Amelia: Christelle Laastele
Lily: Bibi Gaesale
Izzy: Robyn Daniels
Marvin: Adronicus Laastele
Anna: Omphemetse Ganame
Sophie: Zoéy Kadi
Jenny: Masego Motlhabane
Dokter: Kabo Puti
Verpleegster: Mbuyiselo Lehloenya
Verpleegster: Unathi Mohlahlo
Verpleegster: Lerato Molefe
Dramaturg: Mart Thuynsma
Regie: Mart Thuynsma, Dané Coetzee
Kostuumontwerp: Mart Thuynsma, Dané Coetzee
Stelontwerp en -inkleding: Mart Thuynsma, Dané Coetzee
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Mart Thuynsma, Dané Coetzee
Beligtingsontwerp: Mart Thuynsma, Dané Coetzee
Verhoogbestuurder: André Carstens
Beligtingsoperateur: NJ Steenkamp
Klankoperateur: Dané Aspeling
Welkom Gimnasium
"JAARBLAD" handel oor hoe vinnig 'n "perfekte oggend" in 'n nagmerrie kan verander. Die storie volg twee matriekleerders, Anè en Hough, wat probeer sin maak van die lewe nadat hulle beste vriend, Jan, in ’n tragiese ongeluk op Leeukop gesterf het. Deur ’n kombinasie van sielvolle musiek en hartverskeurende dialoog, word die gehoor ingetrek in die binnewêreld van drie vriende wat gedink het hulle is onvernietigbaar. Terwyl Anè haar pyn in alkohol verdrink en Hough homself in sy musiek en stilte isoleer, worstel albei met skuldgevoelens en die vrees dat hulle Jan se nagedagtenis sal verloor. Hierdie is nie net 'n storie oor die dood nie, maar 'n ode aan die vriendskappe wat ons vorm en die letsels wat ons dra. Is jy gereed om die berge van jou eie verlede te klim?
ANÉ: Ashnie Hendricks
HOUGH: Whilon Samson
LEERDER: Divan Erasmus
LEERDER: Katleho Motaung
LEERDER: Kefuwe Sehloho
LEERDER: Ogalaletseng Choane
LEERDER: Reinhard Visser
LEERDER: Reneilwe Mashiane
LEERDER: Thandeka Smith
LEERDER: Tshegofatso Gailele
GROEP LEERDERS WAT SING EN DANS OP "MEIN HERR" VAN CABARET: Divan Erasmu, Katleho Motaung, Kefuwe Sehloho, Ogalaletseng Choane, Reinhard Visser, Reneilwe Mashiane, Thandeka Smith, Tshegofatso Gailele
GROEP LEERDERS WAT SING IN DIE SKOOLTONEEL: Divan Erasmu, Katleho Motaung, Kefuwe Sehloho, Ogalaletseng Choane, Reinhard Visser, Reneilwe Mashiane, Thandeka Smith, Tshegofatso Gailele
Dramaturg: Nico Scheepers
Regie: Marné Prinsloo, Anette Van Der Walt
Kostuumontwerp: Marné Prinsloo, Anette Van Der Walt
Stelontwerp en -inkleding: Marné Prinsloo, Anette Van Der Walt
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Trudené Schoeman
Beligtingsontwerp: Marné Prinsloo, Anette Van Der Walt
Multimediaontwerp (indien van belang): Marné Prinsloo, Anette Van Der Walt
Verhoogbestuurder: Reinhard Visser, Reynhardt Nel
Beligtingsoperateur: Motsamai Mkhwanazi, Katleho Maqelepo
Klankoperateur: Bophelo Mohale, Divan Erasmus
Multimediaoperateur (indien van belang): Reinhard Visser, Reynhardt Nel
Hoërskool Sentraal
JUNKIE is ’n rou, eerlike en soms binne die koue mure van ’n jeugrehabilitasiesentrum. Elk van hulle dra hul eie bagasie: verslawing, trauma, verlies, woede en gebroke drome.Wat begin as botsende persoonlikhede, donker humor en chaos, ontwikkel stadig in ’n verhaal van pyn, waarheid en chaos, ontwikkel stadig in ’n verhaal van pyn, waarheid en die desperate behoefte om gesien en verstaan te word. Deur skerp dialoog, kwetsbare monoloë en oomblikke van absurditeit ondersoek die drama hoe maklik jong mense verlore kan raak — en hoe moeilik, maar moontlik, herstel kan wees. JUNKIE daag die gehoor uit om verby etikette te kyk en die mens agter die verslawing raak te sien. Hierdie produksie bevat sterk taal en temas rondom verslawing en trauma, en word aanbeveel vir ’n meer volwasse tienergehoor.
Josh Faber: Leo
Alex Struwig: Boetie
Annah Grunow: Maan- Meisie
Ingrid Dahli: Raven
Dramaturg: Michelle Luwes
Regie: Michelle Luwes
Kostuumontwerp: Germie du Plessis
Stelontwerp en -inkleding: Germie du Plessis
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Michelle Luwes
Beligtingsontwerp: Michelle Luwes
Verhoogbestuurder: Mia van Staden
Beligtingsoperateur: Zané van der Berg
Klankoperateur: Bernadette Jansen van Vuuren
Grimering: Mika Bisiriyu
Hoërskool Kathu
Dit handel oor die wrede realiteit van boeliery. Die verhaal speel af in 'n koshuiskamer waar vyf 16 jarige meisies hulself bevind. Vier van hulle ken reeds mekaar goed. Die konflik ontstaan wanneer 'n nuweling, Kinna, by hulle aansluit. Die titel dien as 'n verwysing na die onskuldige speletjies wat kinders speel, teenoor die vernietigende giftige "speletjies" wat tieners soms met mekaar speel
Vanessa: Anke Rossouw
Kinna: Taryn Stander
Mary: Mia Du Preez
Lettie: Ashley Van der Merwe
Kobie: Amorie Nel
Dramaturg: Marietjie Pretorius
Regie: Yolanda Swiegers
Kostuumontwerp: Yolanda Swiegers
Stelontwerp en -inkleding: Yolanda Swiegers
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kyle Barendse
Beligtingsontwerp: Kyle Barendse
Verhoogbestuurder: Christiaan Van Vuuren
Beligtingsoperateur: Kyle Barendse
Klankoperateur: Kyle Barendse
Goudveld-Hoërskool
In ’n afgesonderde laboratorium buite Hakkeltjie-doringsdorp ontsnap ’n onvoorspelbare eksperiment: Proefbuis 619, ook bekend as die "Kopvirus". Hierdie raaiselkomedie volg die eksentrieke span van Prof. Krat terwyl hulle skarrel om die vermiste virus op te spoor voordat dit hul breins oorneem. Die soektog ontaard gou in komiese chaos met karakters soos die lui Brolloks, die slaapsiek Elvis, die beterweterige Kara, die geheimsinnige Delfina en die laboratorium-skelet, Darius. Namate paranoia toeslaan, begin die wetenskaplikes mekaar verdink: Is die virus werklik los, of is die span self die proefkonyne in ’n groter sielkundige speletjie? . "Kopvirus" is ’n skerp produksie waarin die grense tussen feit en fiksie vervaag en die waarheid dalk meer aansteeklik is as die virus self
Dr. Krat: Jemma Kleynahans
Darius: Kyle Kymdell
Kara: Kara Taute
Delfina: Nikki Boucher
Elvis: Ghian Voster
Brolloks: Rocky Oosthuizen
Dramaturg: Jak Brits
Regie: Chimlee Botes
Kostuumontwerp: Chimlee Botes
Stelontwerp en -inkleding: Chimlee Botes
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Chimlee Botes
Beligtingsontwerp: Chimlee Botes
Verhoogbestuurder: Bukho Bam
Beligtingsoperateur: Franco van Heerden
Klankoperateur: Arno Vogel
Hoërskool Duineveld
Het julle al gehoor van Koning Kokkerot? Hys ‘n ‘super-survivor’ – hy kan leef vir weke en weke sonder sy kop! Sy intellek en spoed hou hom altyd een tree voor. En hy verslind alles wat oor sy pad kom – selfs die krummels: identiteit, waardigheid, integriteit en menswees...
Juffrou / Meisie 1: Karo Engelbrecht
Evelina / Meisie 2: Emily van As
Emma / Meisie 3: Inette Brown
Ryna / Meisie 4: Jonelle de Wet
Lee / Meisie 6: Isabel Kruger
Honger ou / Adam / Seun 1: Darius Moller
Babbel / Meisie 5: Abiyah van Zyl
Jaco / Seun 2: BM Pool
Blaffie / Seun 1: Darius Moller
Tiktokkie / Meisie 2: Emily van As
Meisie 1, 2, 3, 4, 5 en 6. Asook Seun 1 en 2.: Karo Engelbrecht, Emily van As, Inette Brown, Jonelle de Wet, Abiyah van Zyl, Isabel Kruger. Darius Moller, BM Pool
Dramaturg: Jo-Aithne Stemmet
Regie: Joline van der Westhuizen, Caitlin O'Connel
Kostuumontwerp: Joline van der Westhuizen, Caitlin O'Connel
Stelontwerp en -inkleding: Joline van der Westhuizen, Caitlin O'Connel, Dysman van Eeden
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Michaela Coetzee, Telani Botha
Beligtingsontwerp: Dysman van Eeden
Verhoogbestuurder: Sienie Myburgh, Chenique Brown
Beligtingsoperateur: Dysman van Eeden, Sumari Nolte
Klankoperateur: Michaela Coetzee, Telani Botha
Hoërskool Jim Fouche
In ’n wêreld waar emosies as foute beskou word, moet vier tieners kies tussen gehoorsaamheid en menswees. Wanneer liefde, identiteit en vryheid bedreig word deur ’n allesbeheerende KI-stelsel, word die vraag gevra: Wat bly oor as jy vergeet wie jy is?
ID Sektor: Mischa Goosen
R.T. 300: Elanelle Strydom
Mira: Ansje Bekker
Leon: Gé Coetzee
Klaryn: Adelle Froneman
Klaryn Ma: Minette Wessels
Rico: Horst Weyers
Sentinal 1: Shiloh Smith
Sentinal 2: Liné Fourie
Netwerk: Gé Coetzee, Ansje Bekker, Adelle Froneman, Minette Wessels, Horst Weyers, Elanelle Strydom
Dramaturg: Monique Booth, Anke Meyer-Auld
Regie: Monique Booth
Kostuumontwerp: Monique Booth
Stelontwerp en -inkleding: Monique Booth
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Monique Booth
Beligtingsontwerp: Monique Booth, JD Joubert
Multimediaontwerp: Monique Booth
Verhoogbestuurder: Miené Spies, Shiloh Smith
Beligtingsoperateur: Juan Pierre Crouse
Klankoperateur: Charisma Hauptfleisch
Multimediaoperateur: Charisma Hauptfleisch
C en N Sekondêre Meisieskool Oranje
Metamorfose is ’n komedie bestaande uit verskeie sketse oor die realiteit van vroulike puberteit — die emosies, veranderinge, drama en ongemaklike oomblikke wat daarmee saamkom. Dit wys hoe grootword nie net ’n fase is nie, maar ’n hele metamorfose.
Perry: Lisa Lintvelt
Estrogeen: Danaé du Plessis
Emosies: Jadelyné Thokoa
Liggaamsveranderinge: Miné Truter
Mia: Hanna Vorster
Seun: Diané Kruger
Rebekka: Abigail Dicks
Dramaturg: Kaylin Maartens
Regie: Kaylin Maartens
Stelontwerp en -inkleding: Kaylin Maartens
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Abigail Dicks
Beligtingsontwerp: Miné Truter
Verhoogbestuurder: Abigail Dicks
Beligtingsoperateur: Christine Ampofo Bafour
Klankoperateur: Nina van Zyl
Landbouskool Hendrik Potgieter
Mono no aware (Moh-hoh noh ah-wah-reh): Die weemoedige bewussyn dat die liefde mooi en broos is, maar dit hou nie vir altyd nie – dit is verganklik.
Jimmy: Dorian v.d. Berg
Lena: Suzette Abbink
Carla: Tianca du Toit
Ella: Chrismarie Visser
Speurder 1: Sisanda Ramaphiri
Speurder 2: Mpho Ntshedi
Speurder 3: Damion v.d. Berg
Kameraman: Damion v.d. Berg
Verslaggeefster: Tshegofatso Klip
Maatskaplike werkster: Danelle v.d. Bank
Filosofiese reisiger: Chrismarie Visser
Dramaturg: Sanet Pretorius
Regie: Sanet Pretorius, Corli Venter
Kostuumontwerp: Corli Venter
Stelontwerp en -inkleding: Frikkie Badenhorst
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jayden Bender
Beligtingsontwerp: DJ Coetzee
Verhoogbestuurder: Tiffany Bekker
Beligtingsoperateur: DJ Coetzee
Klankoperateur: Jayden Bender
Grey Kollege
“Net Mens” is ’n rou, eerlike en emosionele fisiese teaterstuk wat die oorlog binne ’n tienerseun se gedagtes uitbeeld. Wanneer Willem met die druk van matriek, verwagtinge, vergelyking en mislukking worstel, kry sy innerlike stemme lewe op die verhoog. Die stuk ondersoek temas soos identiteit, angs, uitstel, sosiale media, selfbeeld en die behoefte om genoeg te wees. “Net Mens” herinner ons dat agter elke masker en verwagting ’n mens staan wat net gehoor, verstaan en liefgehê wil word.
Trots: Brendan Myburgh
Luiheid: Zane van Lingen
Afguns: Pieter Viviers
Wellus: Richan Venter
Vraatsug: Mynhard Herholdt
Gierigheid: Devin Serfontein
Woede: Andries Strauss
Hart: Alex Naudé
Wysheid: George Bester
Dramaturg: Brenda Myburgh
Regie: Brenda Myburgh
Kostuumontwerp en rekwisiete: Brenda Myburgh en Franette McNeill.
Stelontwerp: Brenda Myburgh, Pedro vd Walt
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Brenda Myburgh
Beligtingsontwerp: Aidan Steyn, Maatje Gunter, Brenda Myburgh
Beligtingsassisstent: Benjamin Neves
Verhoogbestuurder: Logan Engelbrecht
Beligtingsoperateur: Aidan Steyn
Klankoperateur: Juwan Maree
Verhoogbestuur - hulp: Manny Wilson
Stelinkleding en bou: Pedro vd Walt
Hoërskool Fichardtpark
In die tv-kamer op die twaalfde vloer van Lichtenstein koshuis sit 8 leerders. Hulle sit en wag vir middernag. Vir die stem.Om DIE wet te spoeg. Die leerders sit en lag oor Geskiedenis punte. Maar die tv is aan en die meubels is vol want die president gaan praat.
Predita: Danika Steyl
Festus: Reuven Kleynhans
Klemensia: Sarika Linde
Ambrose: Ruben Heyl
Kiri: Abigaile Schoeman
Floris: AC Esterhuizen
April: Johanlie Smit
Lucius: Jayden Botes
Dramaturg: Robert Kruger
Regie: Elizri Malan
Kostuumontwerp: ElizriMalan
Stelontwerp en -inkleding: Elizri Malan, Herman Steyl
Stelbouer: Herman Steyl
Klankbaanontwerp: Elizri Malan
Komponeer van Landslied: Anton Esterhuyse
Koor afrigting: Joanita Erasmus-Alt
Beligtingsontwerp: Elizri Malan
Verhoogbestuurder: Amelia Farber
Beligtingsoperateur: Gisele Bennet
Klankoperateur: MJ Pieterse
Hoërskool Noordheuwel
Mens hoop en mens bid, maar jou kinders praat namens God. ‘n Sin gespoeg deur ‘n wolf. ‘n Skrywer. ‘n Sonderling.
Sonderling: Markus Knop
Seelenkind: Keagan Swart
Wesens: Anika Luus, Kayla Fourie, Mishca Botha, Jaco Steenkamp, Yvonne-Bella Heunes, Addison Prins
Dramaturg: Robert Kruger
Regie: Robert Kruger, Amore van Zyl
Kostuumontwerp: Robert Kruger
Stelontwerp en -inkleding: Martin Evans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Robert Kruger
Beligtingsontwerp: Robert Kruger
Verhoogbestuurder: Sune Coetzee
Beligtingsoperateur: Connor Mackenzie
Klankoperateur: Wian Wienekus
Tegniese Assistent: Alexi Broodryk
Bloemhof Gekombineerde Skool
Emma maak uiteindelik haar restaurant, Sonsak, oop. Sy het die perfekte ligging. Emma en haar pa se lewenslange droom gaan realiseer. Met hulp van haar 2 susters en vriende is dit ‘n sukses. ‘n Buitelandse ontwikkelaar het egter idees van sy eie. Die gebou op die seefront moet plat geslaan word vir hulle eie besigheids idee. ‘n Onverwagse liefde blom tussen Emma en die ontwikkelaar en alles draai uit in Emma se guns. Sy maak haar restaurant oop en kry soveel meer as waar voor sy gehoop het.
Emma Hanson: Lanté Rossouw
Ezra Hanson: Joanna Fourie
Eddy Hanson: Lin-Marie Jonker
Luca (Bentsen Tatum): Pieter McDonald
Gideon: Luan Janse van Vuuren
McKenzie: Farunic Grandt
Jackie Luca: Danelle Kruger
Waitress: Zana Abrahams
Ekstra: Ahmed Hosen
Ekstra: Charté Lombaard
Ekstra: Roseline De Ponte
Ekstra: Waylinn Wessie
Dramaturg: Liana De Vries
Regie: Drikus Janse van Vuuren
Kostuumontwerp: Drikus Janse van Vuuren
Stelontwerp en -inkleding: Drikus Janse van Vuuren
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Drikus Janse van Vuuren
Beligtingsontwerp: Drikus Janse van Vuuren
Verhoogbestuurder: André Carstens
Beligtingsoperateur: NJ Steenkamp
Klankoperateur: NJ Steenkamp
Hoërskool Diamantveld
Die sterre simboliseer hoop, leiding en goddelikheid, maar watvan as dit anders om was? Eos, personifikasie van dagbreek, bied hierdie leiding en hoop aan sy lojale Stellari. Saam, onderhou hulle die gemeente wat hulle een maak. Taak vir taak word die band sterker gebou en een vir een werk elke kind hard vir die dag wat hulle opvaarding dalk mag kom. Bo, in die sterre se oë, is almal dieselfde. Of is hulle? Díe perfekte fantasie wêreld word omgekeer die dag wat Eos die fout maak om die nuwe Lyra aan sy Stellari te verwelkom. Bring sy die harmonie wat haar naam fluister of ontbloot sy die egte waarheid wat die sterre uitdoof?
Eos: Juan Müller
Lyra: Laurike de Wet
Celestia: Milande Coetzer
Zenith: Devon Mackenzie
Perseus: Grant Lambrechts
Artemis: Albert Eillert
Elara: Amy-Lee Freislich
Stellari: Jenmika Wilken, Cullen Snyman, Joslyn van Schalkwyk, Annabelle Hoek, Adianca du Plessis, Chris van Niekerk
Dramaturg: Chartyn van Heerden
Regie: Marquericke Bothma
Kostuumontwerp: Marquericke Bothma
Stelontwerp en -inkleding: Marquericke Bothma
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Juwan vanden Berg
Beligtingsontwerp: Marquericke Bothma
Verhoogbestuurder: Leandre Du Toit
Beligtingsoperateur: M Bothma,Juvan vanden Berg
Klankoperateur: Juwan vanden Berg
WITTEBERG
In 'n gewone wêreld loop dinge soms skeef. Lieka en Ruan neem dinge in hul eie hane n probeer die wrede wêreld ontsnap.
Lieka: Arabella van Deventer
Ruan: Gerhard Nel
Johan: Jan van Niekerk
Barend: Johanco Goosen
Dramaturg: Gerhard Nel
Regie: Suné Hills en Gerhard Nel
Kostuumontwerp: Suné Hills, Gerhard Nel, Johanné Schoeman
Stelontwerp en -inkleding: Sune Hills, Johanné Schoeman en Gerhard Nel
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Chenelle Warden
Beligtingsontwerp: Emma van Aarde
Verhoogbestuurder: Johanné Schoeman
Beligtingsoperateur: Emma van Aarde
Klankoperateur: Chenelle Warden
Eunice High School
Ses tienermeisies wag saam in ’n klaskamer. Die skool se senior- én junior-debatspan wag vir die aankondiging van die tema vir die komende Nasionale Retoriek Kampioenskappe (NRK). Terwyl hulle wag, raak hul gespanne energie in ’n komiese mengsel van grappies, argumente en speletjies. Wanneer die tema uiteindelik onthul word – “Liefde is ’n kapitalistiese konstruksie” – begin die meisies lag, kla, stry en filosofeer. Van Shakespeare tot TikTok, van Marxisme tot Woolworths, hulle probeer sin maak van die idee dat iets so emosioneel soos liefde deur geld, markte en sosiale verwagtings gedryf kan word.
Amelia: Vivienne van der Schyff
Bianka: Caitlin Jones
Thandi: Rea Meko
Zoë: Taylor Coetzee
Naledi: Raeesah Titus
Kayla: Catherine Botha
Dramaturg: Anke Meyer-Auld
Regie: Martinette Spoelstra, Jané Terblanche
Kostuumontwerp: Martinette Spoelstra, Jané Terblanche
Stelontwerp en -inkleding: Martinette Spoelstra, Jané Terblanche
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Martinette Spoelstra, Jané Terblanche
Beligtingsontwerp: Martinette Spoelstra, Jané Terblanche
Verhoogbestuurder: Gabi Turton
Beligtingsoperateur: Kyla Mc Pherson
Klankoperateur: Giana Abreu
Hoërskool Martin Oosthuizen
Vinkel en koljander - twee kardinale speserye om die gulsigheid van die mensdom te verbloem in hierdie skewe sirkelgang van verbruikerswese. Vinkel en koljander…die een is nes die ander.
Inspekteur: Ben Ackerman
Ouboeta: AC Losper
Boetie: Conraad Burger
Sus: Pieter-John Stadler
Ousus: Amieke du Preez
Kleinsus: Lize-Marie van Rooyen
Dame 1: Alicia King
Dame 2: Keila Marais
Dame 3: Liané Stadler
Ensemble: Alicia King, Keila Marais, Liané Stadler
Dramaturg: Alae Hanekom, Jaco Visser, Barnie Mans
Regie: Barnie Mans, Alae Hanekom
Kostuumontwerp: Barnie Mans, Alae Hanekom
Stelontwerp en -inkleding: Janco Liebenberg, Barnie Mans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Conraad Burger, Barnie Mans
Beligtingsontwerp: Janco Liebenberg
Beligtingsoperateur: Janco Liebenberg
Hoërskool Douglas
Die April-vakansie is so pas verby en die 2de kwartaal het begin. Daar is 'n onrustigheid in die koshuis, almal is vol vakansiestories. Niemand is lus vir die nuwe kwartaal wat moet begin nie. Vier meisies sluip ongesiens by die koshuis uit en kies koers na die ou waterpompkamer. 'n Aand van onskuldige pret ontaard in 'n nagmerrie toe 'n ongenooide gas by hulle aansluit. Wat sal die meisies doen? Alles waag of uitkom met die waarheid...
Lientjie: Charlotte Coffee
Sussie: Jana Badenhorst
Madeleen: Anlia Nel
Janet: Ernine Erasmus
Beth: Madison van der Merwe
Dramaturg: Ilne Fourie
Regie: Karin Southey
Verhoogbestuurder: Zachary Moabi, Olivia Horn
Beligtingsoperateur: Hendre Snyman, Christiaan Piek
Klankoperateur: Matthew Armstrong, Pierre de Villiers
Bloemhof Gekombineerde Skool
’n Groep leerders sit tydens ’n skoolskietery vasgekeer in ’n klaskamer terwyl chaos buite uitbreek en niemand weet wie om te vertrou nie. Markus, die stil maar oplettende hoofkarakter, besef dat elke persoon in die kamer op een of ander manier met hom verbind is — deur vriendskappe, konflik, geheime en pynlike ervarings uit die verlede. Soos spanning en paranoia toeneem, begin die groep wonder of hulle werklik veilig is, of die gevaar dalk reeds saam met hulle in die kamer sit. Een vir een kom donker geheime, skuld en emosionele bagasie aan die lig, wat verhoudings vernietig en almal laat twyfel oor wie die skieter werklik is. Die drama fokus sterk op die druk om perfek te wees en die behoefte om voortdurend aan ander se verwagtinge te voldoen. Markus probeer die ideale seun, vriend en leerder wees, maar innerlik breek hy stadig uitmekaar.
Markus: Reinhardt Pieterse
Minette: Margeaux Atkinson
Simon: Christiaan Snijmann
Vince: Omphile Matloapane
Renier: Jaiden Coertze
Talia: Amor Loots
Heleen: Gilah Joubert
Bianca: Amy Snijmann
Juf. Elna: Chanté Lambrechts
Dramaturg: Dané Coetzee
Regie: Dané Coetzee
Kostuumontwerp: Dané Coetzee
Stelontwerp en -inkleding: Dané Coetzee
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Dané Coetzee
Beligtingsontwerp: Dané Coetzee
Verhoogbestuurder: André Carstens
Beligtingsoperateur: NJ Steenkamp
Klankoperateur: Dané Aspeling
Hoërskool Martin Oosthuizen
Erens Noord-Kaap neem die gehoor op ’n reis deur die stofpaaie, stilte en stories van die Noord-Kaap. Met humor, hartseer en rou eerlikheid word die streek se mense, dialekte en landskappe verken — van die mooi van oop vlaktes tot die hardheid van droogte, verlies en oorlewing.
Speler 1: Ben Ackerman
Speler 2: Conraad Burger
Speler 3: Pieter-John Stadler
Speler 4: AC Losper
Speler 5: Zack de la Querre
Speler 6: Amieke du Preez
Speler 7: Liza-Marie van Rooyen
Speler 8: Liané Stadler
Speler 9: Keila Marais
Speler 10: Alicia King
Speler 11: Welna Hanekom
Speler 12: Angelique Nel
Ensemble: Ben Ackerman, Conraad Buger, AC Losper, Pieter-John Stadler, Zack de la Querre, Amieke du Preez, Liza-Marie van Rooyen, Alicia King, Keila Marais, Liané Stadler, Welna Hanekom, Angelique Nel
Samesteller: Barnie Mans
Regie: Barnie Mans, Alae Hanekom
Kostuumontwerp: Barnie Mans, Alae Hanekom
Stelontwerp en -inkleding: Janco Liebenberg, Barnie Mans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Barnie Mans, Janco Liebenberg, Conraad Burger
Beligtingsontwerp: Janco Liebenberg
Beligtingsoperateur: Janco Liebenberg
Klankoperateur: Barnie Mans
Die streeksfees word gementor en beoordeel deur uitgesoekte professionele akteurs, akademici en teatermakers wat gereedstaan om die jong talent te ontdek, te erken en om tydens mentorsessies aan hul werk te skaaf.
Die Bloemfontein-streeksfees word beoordeel en gementor deur Marijda Kamper en Wilhelm van der Walt.

Marijda

Wilhelm
Die topproduksies van die streek dring deur na die spog streeksfeesfinaal op 15 Augustus om 16:30 wat afsluit met ‘n prysuitdelingseremonie wat die kategoriewenners van die week bekroon.
Alle produksies word inaggeneem vir hierdie toekennings.
Hierdie finaliste word op Vrydag-aand om 22:00 op die ATKV se sosiale-media-platforms bekendgemaak.
Die streeksfeesfinaal word beoordeel en gementor deur René Cloete en Karli Heine.

René

Karli
Die uitslae haal binnekort hier asem. Besoek gerus weer ná afloop van die streeksfees.