ATKV-TIENERTONEEL
Waar stories asem kry en talent die toekoms vorm.
Bergsig Akademie
Terwyl almal skelm planne beraam en mekaar probeer uitoorlê, ontstaan daar een misverstand na die ander. Die spanning bereik kookpunt wanneer die “verrassing” onverwags by die deur opdaag – en dit blyk nie die gaste te wees wat almal verwag het nie! Die aankoms van die strippers veroorsaak totale paniek, verwarring en ’n reeks komiese situasies waarin verskonings, geheime en identiteite deurmekaar raak. Met vinnige dialoog, absurde misverstande en karakters wat desperaat probeer om die chaos te beheer, word die gehoor van begin tot einde aan die lag gehou. Hierdie toneel is ’n perfekte resep van verrassings, skelmstreke en onbeheerbare komedie wat bewys dat selfs die beste beplande partytjie binne sekondes in ’n onvergeetlike ramp kan ontaard.
Stoffel: Gerrie Dreyer
Suzie: Allison Smit
Ma: Delmi Vosloo
Fred: Daniell Suaer
Bulletjie Biseps: Heinrich Krugel
Lady Hips: Ileen Pienaar
Dramaturg:
Regie: Ryan Labuschagne, Sunell Bezuindenhout
Kostuumontwerp: Ryan Labuschagne, Sunell Bezuindenhout
Stelontwerp en -inkleding: Ryan Labuschagne, Sunell Bezuindenhout
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Sunell Bezuidenhout
Beligtingsontwerp: Sunell Bezuidenhout
Verhoogbestuurder: Marnus Dercshen
Beligtingsoperateur: JG van Emmenes
Klankoperateur: Martin Pieterse
Hoërskool Die Wilgers
Wanneer ’n reeks buiteaardse ontvoerings die rustige strate van Pretoria in chaos dompel, word die stad se inwoners een vir een deur die sterre opgesuig. Die enigstes wat oorbly? ’n Paar "fake" blondes met ’n eksistensiële krisis, ’n senuweeagtige astrobioloog met ’n obsessie met foelie, en ’n skeptiese astrobioloog wat weier om te glo wat sy sien. Gewapen met niks meer as ’n prehistoriese radio en ’n oormaat kombuis-foelie nie, begin die groep ’n gevaarlike tog na die bo-kant van Pretoria se hoogste koppie vir “n optimale seinglip”. Terwyl hulle tussen die skaduwees en ruimteweses deur beweeg, blom daar onverwags ’n intergalaktiese liefdesverhaal tussen die onwaarskynlike paartjie, Mienke en Gert. Maar wanneer die hemel uiteindelik oopgaan en ’n verblindende wit lig oor die koppie spoel, verander alles. Vyf jaar later, in ’n wêreld wat nooit weer dieselfde sou wees nie, vertel Mienke die storie van die nag wat die heelal Pretoria toe gebring het, en die prys wat betaal moes word vir die antwoorde waarna hulle gesoek het.
Minke: Alet Murray
Chante: Lize-Marie Seegers
Carmen: Kady Spuyt
Tanya: Micke Botha
Gert: Liam Duprees
Dramaturg: Moya Erasmus
Regie: Ben Augostine, Moya Erasmus
Kostuumontwerp: Lize-Marie Seegers
Stelontwerp en -inkleding: Alet Murray
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ben Augostine, Moya Erasmus
Beligtingsontwerp: Ben Augostine, Moya Erasmus
Verhoogbestuurder: Taylor Mostert
Beligtingsoperateur:
Klankoperateur: Sias Oosthuizen
Multimediaoperateur: Taylor Mostert
Leeuwenhof akademie
Alleenloper tussen die Wolwe vertel die aangrypende verhaal van twee broers, Samual en Sampson, wat op die strate oorleef nadat hulle uit ’n gewelddadige en gebroke huis ontsnap het. Terwyl hulle teen armoede, honger en die gevare van die straatlewe veg, doen die ouer broer alles in sy vermoë om sy jonger broer te beskerm. Deur terugflitse ontdek die gehoor die pynlike waarheid van hul verlede: ’n huis gevul met mishandeling, vrees en ’n pa wat deur sy eie trauma verteer word. Ten spyte van die donker omstandighede bly die liefde tussen die broers ’n ligpunt wat hulle aan die lewe hou. Soos die verhaal ontvou, word geheime onthul wat die gehoor se begrip van die gebeure heeltemal verander. Hierdie emosionele drama ondersoek temas van familie, verlies, trauma, vergifnis en die krag van onvoorwaardelike liefde. Alleenloper tussen die Wolwe is ’n roerende toneelstuk wat gehore laat nadink oor die letsels wat mishandeling laat en die onbreekbare band tussen broers.
Ma: Timieke Grobbelaar
Samual: Ruanco Ueckermann
Samson: Jurgens Pieterse
Dramaturg: Gideon du Plooy
Regie: Gideon du Plooy
Bergsig Akademie
In hierdie donker-komiese eenbedryf verander ’n doodgewone Donderdagaand binne minute in absolute chaos. Marie, ’n toegewyde huisvrou wat haar man op hande dra, sien haar perfekte wêreld in duie stort wanneer Petrus onverwags aankondig dat hy haar vir ’n ander vrou verlaat. In ’n oomblik van skok en wanhoop gryp sy die eerste ding wat sy in die vrieskas kry – ’n gevriesde lamsboud – met noodlottige gevolge. Wat volg, is ’n briljante reeks komiese misleidings waarin Marie kalm haar spore probeer uitwis terwyl ’n groep onbeholpe polisiemanne die moord ondersoek. Die humor lê in die skerp dialoog, kleurvolle karakters en die ironie dat die ondersoekers al nader aan die waarheid beweeg sonder om dit ooit raak te sien.
Marie Vermeyer: Ileen Piernaar
Blitz: Damica de Adreu
Straatvalk: Kaylem Wolhuter
Buksie: Kaila Sprat
Petus Vermeyer: Keanu Kaljee
Sampie: JG v Emmenes
Driver: Luan Basson
Stitch: JG v Emmenes
Dramaturg: Nico Luwes
Regie: Ryan Labuschagne, Sunell Bezuindenhout
Kostuumontwerp: Ryan Labuschagne, Sunell Bezuindenhout
Stelontwerp en -inkleding: Ryan Labuschagne, Sunell Bezuindenhout
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Sunell Bezuidenhout
Beligtingsontwerp: Sunell Bezuidenhout
Verhoogbestuurder: Marnus Dercshen
Beligtingsoperateur: JG van Emmenes
Klankoperateur: Martin Pieterse
Helpmekaar Kollege
Volwassenes het uitgewerk geraak, en die jongeres het beheer oorgeneem. Die besluite van die ouer geslag is hoofsaaklik geneem tot hul eie voordeel, terwyl die jongmense nie langer kon toekyk hoe hul regte ontneem word nie. Te midde van hierdie kleurlose wêreld het ’n klein groepie akteurs, die Knypkoeke, ontstaan — kunstenaars wat in die geheim tonele vir mekaar opvoer in ’n poging om kleur te ervaar; ’n vlugtige stukkie hemel in ’n bestaan sonder betekenis. Maar wees gewaarsku: AlPrAt oordeel sonder genade en verslind enigeen wat kleur vertoon. Ons is gereed om beoordeel te word — is jy?
Rouge: Adam Vivier
Adviseur: Almay Erasmus
Braun: Amber Basson
Violet: Haley Fouche
Rosa: Jana Enslin
Nero: Joshua Ziervogel
Gris: Leane Wilson
Lemon: Lexi van Zyl
Verde: Lianka Nel
Noir: Lisanne Kriel
Ronian: Lourens Pauer
Knypkoeke: Annick van Wyk, Charlotte Baker, Ciara Kroef, Emma Nel, Lara Ainslie, Lucy van Loggerenberg, Miane Pretorius, Wehlia Ackroyd
Soldate: Ayden Pieterse, Christopher Nagel, Dirko Botha, Gabriella Joubert, Jurgens Swartz, Kayla Kruger, Lezjaan Beukes, Mardi Barkhuizen, Marne Mynhardt, Ruwan Basson, Tayana Nel, Rossouw du Preez
Dramaturg: Kobus van der Schyff-Smal
Regie: Kobus en Wayne van der Schyff-Smal, Eghard Basson, Ju-Hani Wilkens (hulp), Christelle Ernst (hulp), Marione Muller (hulp)
Kostuumontwerp: Mimi Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Eghard Basson
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kobus van der Schyff-Smal
Beligtingsontwerp: Wayne van der Schyff-Small
Verhoogbestuurder: Michelle Taylor, Zeldria Duncan
Beligtingsoperateur: Karlie Nel
Klankoperateur: Ryk Pretorius
Klerksdorp Hoërskool
‘n Groep vriende besluit om een aand ‘n game night te hou. Elkeen bring ‘n paar speletjies, maar een speletjie staan uit. Soos in “Jumanji” word daardie bordspeletjie toe nou lewendig, en bevind die karakters hulle self in ‘n ander wêreld, ‘n fantasie wêreld.
Juvan / Professor Plum: Zak Botha
Elani / Miss Scarlet: Gracie Steyn
Dalhia / Mrs White: Amber Nyokong
Kolonel Mustard: Alex Carney
Mrs Peacock: Zane Marais
Dramaturg: Ernst Janse van Vuuren
Regie: Ernst Janse van Vuuren
Kostuumontwerp: Ernst Janse van Vuuren
Stelontwerp en -inkleding: Ernst Janse van Vuuren
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ernst Janse van Vuuren
Beligtingsontwerp: Ernst Janse van Vuuren
Verhoogbestuurder: Kyla Scholtz
Beligtingsoperateur: Denieke Gird
Klankoperateur: Mariesa du Plessis
Klerksdorp Hoërskool
Kobie lees baie. Sy lees eintlik te veel, maar tussen die blaaie van haar nuutste boek reis sy na die diep see saam met seerowers, helde en koshuisvriendinne. In hierdie toneel ontdek ons saam met Kobie dat die word dieper sny as die swaard en dat die swaard dieper sny as die verlede. Die hartroerende verhaal wat die vraag beantwoord: Kan die leser die geskrewe letters verander? En kan karakters ontsnap uit die gevangenis van die skrywer se pen? En kan karakters in ‘n unieke leser se verbeelding strewe om meer te wees?
Kobie: Kylie Luis
Helena: Aney Marais
Anna: Mia Frans
Doreen: Megan Burger
Annelie: Maylene van Zyl
Dominique: Tyron Havenga
Alphonso: Piet Hoffmann
D'Artaniel: Ernst Janse van Vuuren
Matrone: Ru-Ette Kitching
Olivia: Elan van Dyk
Dramaturg: Anika Botha, Jean-Mari Lombard
Regie: Stefanie Botha
Kostuumontwerp: Stefanie Botha
Stelontwerp en -inkleding: Stefanie Botha
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Stefanie Botha
Beligtingsontwerp: Stefanie Botha
Verhoogbestuurder: Kyla Scholtz
Beligtingsoperateur: Denieke Gird
Klankoperateur: Mariesa du Plessis
Hoërskool Die Wilgers
Die Rosiekonsertinasies van Hoërskool Rooskranz is nie goed nie. En hulle weethulle is nie goed nie. Maar op een of ander manier het die vyf dit reggekry om deurte gaan na die finaal van die bekroonde kompetisie van die Aka-Go-Go-Pellas.Johanna, Dawie Wowie, Gretha, Leon en Lola het hard gewerk om te kom waarhulle is - en dít is op die verhoog. Maar voor hulle eers ‘n enkele noot kan sing,bevind hulle hulself in die ondervragingskamer van Polisieoffisier Benita, wat diewaarheid gaan ontbloot. Sy snuffel die waarheid uit soos ‘n bloedhond. Waar is hulletoesigjuffrou? Hoe het hulle hier gekom? Is daar ‘n slang in die gras - of nog erger -tussen hulle?Die Rosiekonsertinasie is ‘n komedie wat ‘n mens leer hoe om aan te hou sing - selfsal kan jy nie.
Lola: Amelia Gresse
Dawie: Pieter Lafras van Uys
Johanna: Kayla du Toit
Leon: Zunaid Platt
Gretha: Kaylin-May Kruger
Polisievrou Benita: Kaitlin Loots
Juffrou Freda: Anneke Deuné Haasbroek
Juffrou Bekkie: Nikki Huyzer
Dramaturg: Stephan Mans
Regie: Cara Meiring, Stephan Mans
Kostuumontwerp: Cara Meiring, Stephan Mans
Stelontwerp en -inkleding: Cara Meiring, Stephan Mans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Cara Meiring, Stephan Mans
Beligtingsontwerp: Cara Meiring, Stephan Mans
Verhoogbestuurder: Delia Koen
Beligtingsoperateur: Janindy Klawer
Klankoperateur: Juan van Zyl
HTS Witbank
Beelmateriaal van ‘n meneer wat in sy stoortjie onskuldig aantrek vir rugbyoefening, is opgeneem en wyd versprei deur ‘n skoolleerling. Mieke en Chloe bevind hulleself in ‘n ou stoorkamer waar die hoof hulle geplaas het om uit te vind wie die skuldige is. Wat begin het as ‘n koue magstryd tussen twee wêrelde verskuif onverwags na oomblikke van rou eerlikheid en geheime.
Mieke: Carli Potgieter
Chloe: Rethabile Khalimane
Dramaturg: Marelize Joubert
Regie: Marelize Joubert
Kostuumontwerp: Marelize Joubert
Stelontwerp en -inkleding: Marelize Joubert
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Marelize Joubert
Beligtingsontwerp: Marelize Joubert
Verhoogbestuurder: Gerdine Wessels, Jessica Jordaan, Dimiri Booysen
Beligtingsoperateur: Dehann Volschenk
Klankoperateur: André Coetzee
Hoërskool Pretoria-Noord
Gewete is ’n duur prys om te betaal is ’n aangrypende Afrikaanse drama oor skuld, geheime, identiteit en die stem van ’n mens se gewete. Wanneer tienerrebellie, familiegeheime en verlede se sondes bots, word karakters gedwing om te kies tussen waarheid en selfbehoud. Met emosionele tonele, humor, dans en simboliese gewete-karakters, neem dié produksie gehore op ’n intense reis deur liefde, verlies en die duur prys van stiltes wat te lank bewaar is.
Annelie: Leandré Koekemoer
Ans: Mia Rynners
Roux: Tristan Booyens
Klein Roux: Léru Snyman
Rex: Stuart Botes
Cornelius: MC Kritzinger
Marnél: Mia Viljoen
Piet: Roland Eckley
Vivienne: Anja Nagel
Zara: Mia Rynners
Lida: Chrizelda Fourie
Spreekkoor: Riando Niemand, Taylor-Ann Herbst, Anja-Lika Coetzee, Unarine Radzilani, Donay Nagel
Dramaturg: Monika Basson
Regie: Monika Basson, Kyle Pretorius, Kayla Avenant
Kostuumontwerp: Monika Basson
Stelontwerp en -inkleding: Monika Basson
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kayla Avenant
Beligtingsontwerp: Kyle Pretorius
Verhoogbestuurder: Riana Bezuidenhout, Jan-Hendrik van Wyk
Beligtingsoperateur: Kyle Pretorius
Klankoperateur: Kyla Avenant
Hoërskool Eldoraigne
Iewers tussen tyd en ruimte ontwaak Sheqil. Vasgevang in oneindige versmorende spasie saam met Manhig en Gmeera. In hierdie spasie vat Manhig vir Sheqil op ń reis, maar hoe reis ń mens as daar nêrens is om heen te reis nie? Is dit dan werklik ń reis? Is dit enige iets? Bestaan dit werklik? Verstaan jy? Ek dink so. Dit maak eintlik nie saak nie. Hoekom? Mense gee eers om as niemand verstaan nie.
Sheqil: Heinrich Vorster
Manhig: Nicole Froneman
Gmeera: Izelke Janse van Rensburg
Dramaturg: Chartyn van Heerden
Regie: Chartyn van Heerden, Juandré Schoeman
Kostuumontwerp: Chartyn van Heerden
Stelontwerp en -inkleding: Chartyn van Heerden
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Chartyn van Heerden
Beligtingsontwerp: Megan Joubert
Multimediaontwerp: Chartyn van Heerden
Verhoogbestuurder: Suné van der Merwe
Beligtingsoperateur: Megan Joubert
Klankoperateur: Haley Jones
Multimediaoperateur: Lourens van der Merwe
Merensky Landbou Akademie
Maia, 'n reisende byeboer, trek van plek tot plek met haar sewe kinders. Hulle bly nooit meer as 'n paar maande op 'n plek nie… maar wat is die donker geheim wat hierdie onrustige gees van verandering in Maia laat roer?
Maia: Olivia Venter
Apie: Jean de Wet
Flooi: Nina Erasmus
Beulah: Luzaan Erasmus
Griet: Aneri Nell
Dorie: Anin Katzke
Ella: Amelie Preorius
Cara: Marny du Plessis
Catherine: Victoria Mackenzie
Dramaturg: Anriette van Wyk
Regie: Anriette van Wyk, Monique de Lange
Kostuumontwerp: Anriette van Wyk
Stelontwerp en -inkleding: Anriette van Wyk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Martinette Müller
Beligtingsontwerp: Kobus van Heerden
Verhoogbestuurder: Alissa Venter
Beligtingsoperateur: Kobus van Heerden
Klankoperateur: Zara van Kraayenburg
Pretoria-Noord Hoërskool
Danie, ’n prokureur, is in Vryheid Sentraal opgesluit vir iets wat hy sê hy nie gedoen het nie. Hy probeer uitvind hoekom hy in die tronk is en wie daarvoor verantwoordelik is. Die tronkbaas, Corné, lyk of hy iets wegsteek. Dit lyk ook asof hy die tronk gebruik om van sy eie probleme ontslae te raak. Al die mense in die tronk weet iets belangriks, maar niemand wil praat nie omdat hulle bang is vir wat kan gebeur. Daar is baie geheime en niemand weet wie om te vertrou nie. Danie begin vrae vra en soek na die waarheid. In Vryheid Sentraal is dit belangrik om die regte name te ken, omdat name kan wys wie mense regtig is en hoe hulle met mekaar verbind is. Soos die storie aangaan, raak die spanning groter en die geheime begin stadig uitkom. Danie moet die waarheid ontdek voordat dit te laat is.
Dr Ressouw: Helé Lottering
Neil Botes: Jamila Buff
Tiaan/Wag Een: Charney Badenhorst
Wian/Wag Twee: Kayden Steenkamp
Jessica: Jolizna Steyn
Lizel: Ziané Nel
Danie Theunissen: Ewan van Zyl
Cyril/Kobra: Xander Walkinshaw
Devan: Jovan Pretorius
Jan/Jannine: Cheyenne Pieterse
Mikayla/ Muishond: Larissa Ellis
Corné du Plessis: Dehan Joubert
Alwyn du Plessis: Annabelle van Wyk
Kelner/Souffleuse: Allan Ribeiro
Kelnerin/Souffleuse: Luzaan Nortjé
Dramaturg: Chanté Williamson
Regie: Chanté Williamson en Margolane Lombard
Kostuumontwerp: Chanté Williamson
Stelontwerp en -inkleding: Chanté Williamson
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Margolane Lombard
Beligtingsontwerp: Margolane Lombard
Verhoogbestuurder: Allan Ribeiro en Luzaan Nortjé
Beligtingsoperateur: Margolane Lombard
Klankoperateur: Margolane Lombard
Hoërskool Nylstroom
'n Groep skoolleerders bring hulle eie amateurtoneel op die planke. Die regisseur besef kort voor lank dat om almal op hulle "plekke" te kry, makliker gesê as gedaan is. Dit kan soms selfs 'n pyn wees.
Heinrich: Eben Groothof
Natan: Peet Snyman
Simone: Tehilah Feldman
Daniël: Christiaan Rall
Bobby: Hernu Nortjé
Karel: Michal Groothof
Dramaturg: Johann Smit
Regie: Mia Koorzen
Kostuumontwerp: Mia Koorzen
Stelontwerp en -inkleding: Mia Koorzen
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Michal Groothof
Beligtingsontwerp: Stefan van Heerden
Verhoogbestuurder: Anele Janse van Vuuren
Beligtingsoperateur: Stefan van Heerden
Klankoperateur: Michal Groothof
Hoërskool Die Wilgers
In die aantrekkamer van die skool se C-rugbyspan, die “C-Leeus”, volg ons die storie van die rugbyspelers, die waterdraer en hulle grootste ondersteuners, die Pom-Pom meisies. Terwyl die rugbywedstryd buite aangaan, ontvou chaos binne die aantrekkamer: liefdesdriehoeke, geheime verhoudings, jaloerse vriendskappe en skinderstories sorg vir konstante drama.
Vyfer: Luandre Kruger
Stix: Jayden du Toit
Damian: Wikus van der Merwe
Marli: Kelilah Steenkamp
Karli: Neané Burger
Annelie: Lohané Fourie
Dramaturg: Ivan Malan
Regie: Maynie Kasselman, Juandré de Jager
Kostuumontwerp: Maynie Kasselman, Juandré de Jager
Stelontwerp en -inkleding: Maynie Kasselman, Juandré de Jager
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Maynie Kasselman, Juandré de Jager
Beligtingsontwerp: Maynie Kasselman, Juandré de Jager
Verhoogbestuurder: Leané Louw
Beligtingsoperateur:
Klankoperateur: Leander Bergh
Bergis Akademie
In “Skadu’s in die Glas” ontmoet ons vir Erik, ’n jong man wat sy dae en nagte probeer verdrink in ’n glas drank terwyl hy worstel met die skuld van ’n tragedie wat sy lewe verander het. In die bekende atmosfeer van ’n plaaslike kroeg vorm ’n onwaarskynlike vriendskap tussen hom en Lenie, ’n eerlike jong kelnerin wat die mens agter die masker begin raaksien. Soos herinneringe, humor en hartseer deurmekaar vloei, verskyn Erik se geliefde jonger broer, Boetie, wat hom dwing om die waarheid in die oë te kyk, soms moet hero sook stop en asem haal. Met aangrypende dialoog, ligte oomblikke van humor en diep emosionele temas van verlies, vergifnis en hoop, neem hierdie roerende drama die gehoor op ’n reis van selfontdekking. Dit herinner ons dat genesing begin wanneer ons ophou wegkruip vir die verlede en weer leer asemhaal vir die toekoms.
Erik: Martin Pieterse
Lenie: Calista Read
Boetie/Andre: Francois Venter
Barman/Gerrie: Reghard Malan
Dramaturg: Ryan Labuschagne
Regie: Ryan Labuschagne
Kostuumontwerp: Ryan Labuschagne
Stelontwerp en -inkleding: Ryan Labuschagne
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ryan Labuschagne
Beligtingsontwerp: Ryan Labuschagne
Verhoogbestuurder: Marnus Dercshen
Beligtingsoperateur: JG van Emmenes
Klankoperateur: Ileen Pienaar
SSStudios en Hoërskool Stoffberg
Een in 1988, Vyf in 1989 en Een wat bly staan het om hulle storie te vertel. 'n Dokumentêr oor Gert van Rooyen en sy houvrou Joey Haarhoff. Hulle sê dit spook in ons dorpie.By die Quariegat, by die ou biblioteek, in ons skoolsaal en nou ses nuwe spookstories oor Yolanda, Annemarie, Odette, Tracy-Lee, Fiona en Joan. Daar word altyd gevra wat soek spoke, hoekom dwaal hulle? Soos enige iemand wil hulle net gesien word, onthou word, gevind word.
Joan: Darylin Scott
Deon: Ethan Jacobs
Yolanda: Minantè Pieterse
Odette: Nikita Jacobs
Annemarie: Timieke Grobbelaar
Dramaturg: Kobus van der Schyff-Smal
Regie: Kobus en Wayne van der Schyff-Smal
Kostuumontwerp: Mimi Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Kobus van der Schyff-Smal
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kobus van der Schyff-Smal
Beligtingsontwerp: Wayne van der Schyff-Smal
Verhoogbestuurder: Micke Fulton
Beligtingsoperateur: Arno Coetzee
Klankoperateur: Caden du Plooy
Leeuwenhof Akademie
Dit is ’n skreeusnaakse Afrikaanse komedie en moordraaisel wat afspeel in ’n arm gemeenskap waar die eksentrieke Ploegempoel-familie onverwags ryk word nadat Ouma ’n groot erflating ontvang. Skielik droom elke familielid van ’n beter lewe – van Hollywood-roem tot ’n lewe sonder geldsorge. Wanneer Ouma egter onder verdagte omstandighede vermoor word, word die hele familie verdagtes in die ondersoek. Terwyl ’n vasberade inspekteur die waarheid probeer uitpluis, vertel die nuuskierige buurvrou allerlei stories wat die gehoor op ’n dwaalspoor lei. Geheime word ontbloot, ou wonde word oopgekrap en elke karakter het ’n moontlike motief. Met kleurvolle karakters, skerp humor, verrassende kinkels en ’n onverwagse onthulling, neem hierdie produksie die gehoor op ’n wilde rit waar niks is soos dit lyk nie.
Ma: Sheree Jordaan
Pa: Ethan van Zyl
Boetie: Mcallister Bubb
Stiefboetie: Michael Nagel
Sussie: Mine du Plessis
Inspekteur: Shaninke du Plooy
Ouma: Mika Lottering
Prokereur: Lenicke Minnaar
Buurvrou: Lumay Engelbrecht
Trainee: Ziane van der Walt
Tannie Rieta: Leane Taljaard
Dramaturg: Gideon du Plooy
Regie: Melindi Nortje, Gideon du Plooy
Verhoogbestuurder: Ilana Lubbe Louw
Hoërskool Louis Trichardt
In ’n wêreld waar gewildheid soos goud blink en perfeksie alles beteken, probeer twee tienermeisies hul plek in die lig vind. Maar agter glimlagte, komplimente en mooi foto’s leef onsekerheid, jaloesie en die honger om raakgesien te word.
In ’n wêreld waar gewildheid soos goud blink en perfeksie alles beteken, probeer twee tienermeisies hul plek in die lig vind. Maar agter glimlagte, komplimente en mooi foto’s leef onsekerheid, jaloesie en die honger om raakgesien te word.
Sonneblom neem die gehoor op ’n emosionele reis deur die druk van tienerwees — die behoefte om genoeg te voel, die vrees om tweede te wees, en die maskers wat mense dra om aanvaar te word.
Met drome wat bots en spanning wat stadig opbou, begin die grens tussen bewondering en obsessie vervaag.
Want wanneer almal na die lig draai, is dit maklik om te vergeet hoe donker skaduwees kan raak.
Layla du Plessis: Carli van den Berg
Jana Willemse: Chaeli Thomson
Derik: Juandro Kruger
Aankondiger: Marli Kroh
Stem(foon): Anke Cronje
Oorgang 2-3 ensemble: Carli van den Berg, Chaeli Thomson
Shadow Dans: Chaeli Thomson, Carli van den Berg, Anke Cronje, Francis Gilfillan
Kroon dans: Chaeli Thomson, Carli van den Berg, Marli Kroh, Anke Cronje, Francis Gilfillan
Dramaturg: Anke Cronje
Regie: Anke Cronje
Kostuumontwerp : Anke Cronje
Stelontwerp en -inkleding: Anke Cronje
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Anke Cronje, Mikhe Cronje
Beligtingsontwerp: Anke Cronje, Ameilia Meintjies
Verhoogbestuurder: Anke Cronje, Francis Gilfillan
Beligtingsoperateur: Amelia Meintjies
Klankoperateur: Mikhe Cronje
Hoërskool Noordheuwel
Die leerders van Hoërskool Suidheuwel se tienertoneel - Die Cowboy, die Koek en Kommunisme - is in survival mode. Want die show MOET aangaan!
Anzelle die Verhoogbestuurder: Anzelle Vorster
Lenadri die Hoofaktrise: Lenadri Groenewald
Markus die Hoofakteur: Markus Knop
Emma die By-Aktrise: Emma Knop
Amoray die By-Aktrise: Amoray Claassens
Janco die By-Akteur: Janco Nel
Juardt die By-Akteur: Juardt Jansen van Rensburg
Inge die Verhooghulp: Inge Conradie
Johandre die Verhooghulp: Johandre Viljoen
Anri die Verhooghulp: Anri Wolmarans
Kaylee die Beligtingsoperateur: Kaylee Posthumus
Sume die Klankoperateur: Sume van der Merwe
Hailey die Influencer: Hailey Keys
Animieke die Indringer: Animieke Potgieter
Adrian Breedt, Veronica Visagie, Bradley Davison, Azalea Hood, Marozè Strydom, Warona Lentswe, Zandri Basson, Mila Potgieter, Miané Jordaan, Christelle Botha, Shylo Lotz, Elay Bronkhorst, Kesia Maritz, Wilmien Henning, Kayli Wepener, Larushka Roux, Alexa Esterhuizen, Mia van Aswegen, Alexi Broodryk
Dramaturg: Robert Kruger
Regie: Amore van Zyl, Aileen Steenkamp, Sune Senekal, Mariki de Villiers-Knop, Robert Kruger
Kostuumontwerp: Annelize van Aarde
Stelontwerp en -inkleding: Robert Kruger
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Robert Kruger
Beligtingsontwerp: Robert Kruger
Verhoogbestuurder: Lienke Immelman, Julienne Trollip
Beligtingsoperateur: JP Visser
Klankoperateur: Izette Coetzee
Verhooghulp: Riche Jonas
HTS WITBANK
In Tintelton is alles kleur, die strate, die lag, die mense self. Maar as n vreemdeling op n reëndag uit nêrens opdaag, leer hierdie groep vriende iets wat geen boom of towery hulle kon leer nie: dat die gevaarlikste ding in die lewe nie altyd donker lyk nie . Sommige van hulle glimlag.
Lila: Nia Grobler
Tjoppie: Thando Serepo
Inka: Mijanke van den Heever
Gerrit: Ruan Keyter
Pruimpie: Elaine Da Costa e Silva
Bella: Minique Haarhoff
Plonsie: Eljani Plotz - Claessens
Knersus: Andries Du plessis
Donsie: Marte - Lize van den Heever
Dramaturg: Mijanke van den Heever
Regie: Mijanke van den Heever
Kostuumontwerp: Mijanke van den Heever, Johané Broodyk,
Stelontwerp en -inkleding: Mijanke van den Heever
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Mijanke van den Heever
Beligtingsontwerp: Mijanke van den Heever , Lee- Ann Compton
Verhoogbestuurder: Mijanke van den Heever
Beligtingsoperateur: André Coetzee
Klankoperateur: Dehann Volschenk
Helpmekaar Kollege
"Vir ewig sal ek agter hierdie masker skuil, vir ewig sal ek n akteur wees … alles behalwe myself." Wat is die werklikheid van toneel? Is dit n drama? Is dit n manier om in n karakter weg te raak? Arboribus sal jou nie laat gaan tot jou geheim ontbloot word nie, maar wat is die geheim wat Kaelyn versteek? Die verhoog haal asem, ego's broei, woorde word wapens, en realiteit glip weg soos lig agter n gordyn. Ses liggame, ses maskers, een verhoog.
Emile/Wolf: Wian Wilson
Rika/Kaelyn: Claudia Bruckner
Sandri/Opsiener: Rentia Grove
Layla/Jakkals: Danae Conradie
Francois/Slagter: Joshua Ziervogel
Pierre/Beer: Lourens Pauer
Die geestelike haas: Lisanne Kriel
Dramaturg: Wian Wilson
Regie: Wian Wilson
Kostuumontwerp: Wian Wilson
Stelontwerp en -inkleding: Wian Wilson, Lisanne Kriel
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Wian Wilson, Miane Jacobs
Beligtingsontwerp: Wian Wilson, Mika Pieterse, Karlie Nel
Multimediaontwerp: Leane Wilson
Verhoogbestuurder: Nina Nieuwoudt
Beligtingsoperateur: Mika Pieterse
Klankoperateur: Miane Jacobs
Multimediaoperateur: Eghard Basson
Hoërskool Schoonspruit
Vir wat dit werd is… speel af op die bekende terrein van skoolgange, sportvelde en gesinsdrama – waar elke kyk, grap en geheim groter voel as wat dit behoort. Wanneer Olivia by ’n nuwe skool instap, bots haar wêreld gou met dié van Elijah, Damian en Elbé: mense met geskiedenis, gevoelens en heeltemal te veel opinies rondom hulle. Ou wonde, nuwe vonke en vriende wat dink hulle weet beter, maak seker dat niks eenvoudig bly nie. Tussen lag, spanning en ongemaklike waarhede vra die stuk: hoeveel van jou hart behoort regtig aan ander mense se raad? En wanneer almal praat, hoe hoor jy nog jou eie stem?
Olivia: DuCharn Engelbrecht
Elijah: JC Ferreira
Elbé: Leané Dunn
Damian: AC Jansen van Nieuwenhuizen
Megan: Benescke Rudman
Danielle: Lee-Ann Cassara
Liam: Cayden Geyser
Nicky: Roux-lé Bloem
Nicole: Lehani Cassara
Menieke: Anemé Beukes
Louwrise: Talita Kriel
Irene: Mikayla Uys
Bella: Jessica Swanepoel
Juandré: Eljay Lock
Rugbyspelers: Billy Pretorius, Bendrian Rudman
Dramaturg: Tanya Botha
Regie: Tanya Botha
Kostuumontwerp: Tanya Botha, Dorette du Plessis, Marinda Viviers
Stelontwerp en -inkleding: Dorette du Plessis, Marinda Viviers
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Tanya Botha
Beligtingsontwerp: Caitlyn Prinsloo, Tanya Botha
Verhoogbestuurder: Marinda Viviers, Wiandré Lingerfelder
Verhooghulp: Rickeyano De Laan
Beligtingsoperateur: Caitlyn Prinsloo & Chloe Uys
Klankoperateur: Imke Trosello & Samkelo Mashiya
Hare & Grimering: DuCharn Engelbrecht, Jessica Swanepoel, Zunel Mienie, Cindy Bresler
Hoërskool Schoonspruit
Wat sou jy doen as die heelal skielik na jou luister? Lukas glo in sterre, wense en die moontlikheid dat iets magies sy donker wêreld kan verander. Wanneer Astaria, ’n gevalle ster, onverwags in sy lewe beland, lyk dit asof sy grootste droom waar geword het. Maar wense is gevaarlik wanneer dit uit pyn, woede en vrees gebore word. Elke woord het ’n gevolg, en elke wens vra ’n prys. Hierdie drama-komedie neem die gehoor op ’n reis vol humor, hartseer, vriendskap en verlies — en wys dat die helderste lig soms net vir ’n oomblik skyn. Waar sterre val- pasop waarvoor jy wens....
Dramaturg: Richanda Struwig
Regie: Tanya Botha
Kostuumontwerp: Tanya Botha, Dorette du Plessis, Marinda Viviers
Stelontwerp en -inkleding: Dorette du Plessis, Marinda Viviers
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Tanya Botha, Richanda Struwig
Beligtingsontwerp: Caitlyn Prinsloo, Tanya Botha
Verhoogbestuurder: Marinda Viviers, Wiandré Lingerfelder
Verhooghulp: Rickeyano De Laan
Beligtingsoperateur: Caitlyn Prinsloo & Chloe Uys
Klankoperateur: Imke Trosello & Samkelo Mashiya
Hare & Grimering: DuCharn Engelbrecht, Jessica Swanepoel, Zunel Mienie, Cindy Bresler
Hoër Volkskool Heidelberg
Dit is die dag waarvoor meeste graad 11 leerders hulle hele hoërskool loopbaan wag, die dag wat die kortlys vir die leiers aangekondig word. Ons het 'n groep vriende wat eenvoudig nie meer die druk vanuit alle oorde, die skool en hul ouerhuise, kon hanteer nie. Hulle besluit om eenvoudig hulle eie wegbreek te vat. Soos wat dit mos is met hierdie tipe ondeurdenkte aksies, werk amper niks volgens plan uit nie en kort voor lank is ons groep in 'n krisis met lagwekkende gevolge.
Jan-Hendrik die Derde: Christoff le Roux
Lukas: Dilshan Lala
Maverick: Danie Hartzer
Deborah (Debbie): Ankia Meyer
Marelize: Lenya Price
Jané: Kiché Brink
Sarel: Marco Smith
Koos: Marcus van Staden
Emma: Genevieve Martinson
Juffrou du Preez: Karlie de Bruin
Ben de Beer: Karlie de Bruin
Sirkus nar: Ayden Schoombe
Vreemde wese: Anzél Brown
Vreemde feetjies: Majorie van Zyl, Lana Hartzer, Mieke Coetzee-Olivier
Dramaturg: Lenya Price
Regie: Lenya Price
Kostuumontwerp en Grimering: Lenya Price, Kayla Strauss
Stelontwerp en -inkleding: Kayla Strauss
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Liam Rocher
Beligtingsontwerp: Carlo du Toit
Verhoogbestuurder: Stian Vogel
Beligtingsoperateur: Carlo du Toit
Klankoperateur: Liam Rocher
Leeuwenhof Akademie
Donkerkamertjie is 'n aangrypende hedendaagse drama wat die donker werklikheid van boeliegedrag, groepsdruk en misbruik van mag binne 'n skoolkoshuis ondersoek. Wanneer 'n sogenaamde "tradisie" al hoe verder ontspoor, word 'n groep meisies gedwing om die gevolge van hul besluite, hul stilte en hul aandeel in die waarheid in die oë te kyk.
Alex: Jacorene ameyer
Nadia: Mia van Pletzen
Sonja: Cara Verster
Carla: Mia Meyer
Lee-Anne: Manisha Olivier
Talia: Mignon van Wyk
Dramaturg: Jo-Athne Stemmet
Verhoogbestuurder: Caitlin Fourie, Ethan Le Roux, MCallister Bubb, Micheal Nagel
Klankoperateur en -ontwerp: Timieke Grobbelaar
Beligtingsoperateur en -ontwerp: Ruanco Ueckermann
Die streeksfees word gementor en beoordeel deur uitgesoekte professionele akteurs, akademici en teatermakers wat gereedstaan om die jong talent te ontdek, te erken en om tydens mentorsessies aan hul werk te skaaf.
Die Gauteng-streeksfees 1 word beoordeel en gementor deur Liezl de Kock en Wilhelm van der Walt.

Liezl

Wilhelm
Die topproduksies van die streek dring deur na die spog streeksfeesfinaal op 1 Augustus om 16:30 wat afsluit met ‘n prysuitdelingseremonie wat die kategoriewenners van die week bekroon.
Alle produksies word inaggeneem vir hierdie toekennings.
Hierdie finaliste word op Vrydag-aand om 22:00 op die ATKV se sosiale-media-platforms bekendgemaak.
Die streeksfeesfinaal word beoordeel en gementor deur Bertha le Roux Wahl en Hannah Borthwick.

Bertha

Hannah
Die uitslae haal binnekort hier asem. Besoek gerus weer ná afloop van die streeksfees.