ATKV-TJOKKERTONEEL
Waar stories asem kry en talent die toekoms vorm.
Laerskool Durbanville Senior Toneel
A++ is 'n tong-in-die-kies komedie wat afspeel in die oordrewe dramatiese wêreld van kultuuraande, kompetisies en … drama mammas. Elizabeth Bremmer is 'n skaam laerskooldogter wat niks minder wil hê as om UIT die kollig te bly nie. Haar ma, Saugvignon Bremmer, het egter ander planne vir haar dogter. Wanneer die gesogte Mozart Monoloog Wisseltrofee aangekondig word, word Elizabeth onwillig ingeskryf en reguit in die middel van 'n kompetisie geplaas wat vinnig handuit ruk. Met 'n flambojante dramajuffrou, 'n oordrewe selfversekerde boelie, twee kompeterende mammas en 'n beste vriend wat Elizabeth net probeer help oorleef, bou die spanning op tot 'n absurde klimaks waar ego's bots, reputasies op die spel is en voor jy kan sê "Encore!", waai die hare en die versiersuiker!
Elizabeth Bremmer: Lara Enslin
Divan Pienaar: Anru Richter
Saugvignon / Sonja Bremmer: Jana Buys
Loane' de Villiers: Jenna Smuts
Leandraney de Villiers: Jani Pienaar
Juffrou Ingrid Pronker: Lee Ann Nchoe
Prof HAT (Hermiena Andriena Timotius): Sophia Jordaan
CJ skoolkind - leier by skolierpatrollie: Josua Potgieter
Skoolkind in skolierpatrollie: Caty-Ann Schlebusch
Skoolkind in skolierpatrollie: Ingke Marren
Skoolkind: Fleur Bruwer
Skoolkind wat later foto's neem: Georgia Dunn
Skoolkind: Nava Koen
Skoolkind: Kaylee van der Westhuizen
Skoolkind in sekere tonele (Ook Prof HAT): Sophia Jordaan
Skoolkind wat koek vashou: Lize Coetzee
Dramaturg: Ilne Fourie
Regie: Veronica Geldenhuys en Tronéll Lessing
Kostuumontwerp: Veronica Geldenhuys
Stelontwerp en -inkleding: Veronica Geldenhuys, Penny Möller, Rochelle Richter en Anneke Schlebusch
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ilne Fourie + Tronéll Lessing
Beligtingsontwerp: Veronica Geldenhuys
Verhoogbestuurder: Veronica Geldenhuys, Wilmien Marren
Beligtingsoperateur: Stefan Ellis, Veronica Geldenhuys
Klankoperateur: Tronéll Lessing
Laerskool Curro Durbanville
Boekwinkel volg die verhaal van Sterretjie, ’n meisie wat van die huis af wegloop en ’n magiese boekwinkel ontdek onder die leiding van Tannie Boek. Met die hulp van feetjies en fantasiekarakters leer sy dat sy nie alleen is nie en dat sy haar eie krag besit. Die toneelstuk dra ’n boodskap van hoop en herinner ons dat ons enigiets kan bereik.
Sterretjie: Lieneke Schoeman
Tannie Boek: Kiara Zietsman
Pippie Langkous: Lua-Ché Johannes
Jan: Christiaan de Jager
Raponsie: Avah Kirby
Tip: Leelou Coleman
Rooikappie: Sloane Conradie
Rooikappie se Ouma: Lienke Krige
Pinocchio: Gerlo Hattingh
Esel: Jan-Hendrik Lategan
Hond: Aiden Kotze
Kat: Emilia de Kock
Hoender: Arianne Jacobs
Een: Amory Augustyn
Twee: Neriah Sayi
Angelier: Alba Augustyn
Rotknol: Mikah Smit
Sonneblom: Emke Nöthnagel
Bloeisel: Lienke de Klerk
Daisy: Emily Wiesener
Jasmyn: Tané Kotze
Rosie: Ella Billson
Dramaturg: Cecilia Wesson
Regie: Cecilia Wesson
Kostuumontwerp: Cecilia Wesson
Stelontwerp en -inkleding: Cecilia Wesson, Anouk Rust
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Cecilia Wesson, Rachel Armstrong
Beligtingsontwerp: Cecilia Wesson
Verhoogbestuurder: Rachel Armstrong
Beligtingsoperateur: Cecilia Wesson
Klankoperateur: Cecilia Wesson
Laerskool De Hoop
Kleintjie het groot drome. Sy oorleef ‘n verwoestende huisbrand en word sonder ’n duidelike identiteit groot. Getraumatiseer deur nagmerries, vind sy troos in haar drome om eendag ’n modeontwerper te word. Antie Angel, is gestuur vanuit die hemel. Sy is Kleintje se grootmaakma en haar liefdevolle ondersteuning help Kleintje om haar pyn te verwerk en haar drome vlerke te gee. BRANDarm herinner ons dat mens soms deur die vlamme moet stap om jou eie lig te vind.
Kleintjie (jonger weergawe): Cara Bruwer
Kleintjie: Valeria La Cock
Antie Angel: Nicahbella Harmzen
Daniël: Luca Burnett
Lucky: Reich Botes
Tannie Marie (Boetiekeienaar): Mieke Burgers
Mari: Carmen Van Wyk
Sandra Potgieter: Charlotte van den Berg
Bianca: Emma Van Greunen
Presley: Sebastian La Cock
Elvis: Steph Fourie
Ogies: Zada Schlebusch
Blikkies & Skoolhoof: Jan-Alex Hofmeyr
Gawie: Derrick Zietsman
Pieter: Christiaan Visser
Klara: Anke Botha
Juf. Van Vuuren (Kunsjuffrou.): Anja Louw
Zada Schlebusch, Steph Fourie, Derrick Zietsman, Christiaan Visser, Carmen van Wyk, Jan-Alex Hofmeyr, Reich Botes, Mieke Burgers, Charlotte van den Berg & Emma van Greinen
Dramaturg: Samuel Jumat (Konsep ontwikkel deur Charlotte van den Berg en Jani Joubert- gr.6 en 7-leerders.)
Regie: Samuel Jumat
Kostuumontwerp: Vivienne La Cock, Mandi Basson en Elmarie Burnett
Stelontwerp en -inkleding: Coenie Burnett, Riccardo Kruger, Elmarie Burnett, Vivienne La Cock en Mandi Basson.
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Stephan Grobbelaar
Beligtingsontwerp: AJ Basson
Verhoogbestuurder: Ben Wouter Van Zyl, Vivienne La Cock
Beligtingsoperateur: AJ Basson
Klankoperateur: Stephan Grobbelaar
Laerskool Eversdal
Leer is nooit maklik nie! Danie bevind homself in sy brein en word tereggewys deur sy organe om hierdie misterie te bowe te kom.
Danie: Jack Kannemeyer
BB (Brein Baas): Klara van Zyl
Maag: Jean Rust
Oë: Eben Kannemeyer
Bene: Christie Smit
Ore: Zanel Lategan
Verbeelding: Wikus Meiring
Geheue: Emily Campbell
Dramaturg: Anton Treurnicht
Regie: Anton Nortier
Kostuumontwerp: Ashley Wiles
Stelontwerp en -inkleding: Anton Nortier, Ashley Wiles
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Anton Nortier, Ashley Wiles
Beligtingsontwerp: Anton Nortier, Ashley Wiles
Beligtingsoperateur: Ashley Wiles
Klankoperateur: Ashley Wiles
The Stage Performing Arts Studio
Agt doodgewone kinders is moeg vir streng ouers, huiswerk, slaaptye en die ewige: “Omdat ek so sê!” Vasbeslote om hul lewens makliker te maak, ontwerp hulle ’n geheime toepassing wat die “instellings” van grootmense kan verander. Skielik word ouers meer ontspanne, sê makliker ja en laat die kinders doen net wat hulle wil. Vir ’n kort rukkie voel dit soos die perfekte wêreld.
Maar die pret hou nie lank nie. Wanneer die toepassing foutief raak en die volwassenes nie na hul normale self kan terugkeer nie, verval alles in totale chaos. Niemand gee meer om vir huiswerk, gesonde etes, skoon klere of enige vorm van roetine nie. Wat eers soos vryheid gevoel het, verander vinnig in ’n ramp.
Deur ’n reeks komiese avonture, slim planne en groot foute ontdek die kinders dat reëls nie net daar is om pret te bederf nie. Soms is dit juis reëls wat liefde, veiligheid, sorg en stabiliteit in ’n gesin moontlik maak.
Danie Dippenaar: Johannes Jordaan
Dientjie Dippenaar: Anine Tredoux
Mientjie Dippenaar (Ma's): Mia Künz
Ans le Fleur: Nicola Wegener
Della de Lange: Courtney du Toit
Lisa de Lange: Amelie van Heerden
Lollie de Lange: Zoey Morkel
Greta Greeff: Ella van der Vyver
Dramaturg: Siobhan Taljaard
Regie: Siobhan Taljaard
Kostuumontwerp: Siobhan Taljaard
Stelontwerp en -inkleding: Siobhan Taljaard
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Siobhan Taljaard
Beligtingsontwerp: Siobhan Taljaard
Multimediaontwerp (indien van belang): Siobhan Taljaard
Verhoogbestuurder: Marlon Britz
Beligtingsoperateur: Siobhan Taljaard
Klankoperateur: Siobhan Taljaard
Laerskool Welgemoed
Hier kom die bruid... maar waar is die bruidegom?
Troukoordineerder Miemie Marais se perfekte troubeplanning word op sy kop gekeer wanneer die bruidegom verdwyn, 'n ongenooide Karoolam opdaag en sy 'n groep uitdagende gaste moet beheer. Wat volg, is 'n dolle komedie met 'n tikkie misterie! Trou is nie perde koop nie!
Miemie Marais: Nina Sahd
Santie: Juliet Greeff
Willem van Wyk: Dawid Bruwer
Sersant Smit: Sonja Oosthuizen
Luitenant Louw: Lea Jonker
Lente: Nina Vos
Henk: Janu Laubscher
Kassie: Bismarck van Tonder
Valenka: Madi Claassen
Valentina: Keyranell Bitumba
Oom Sakkie: Christoff van der Merwe
Tannie Breggie: Maya Schenck
Dominee Dup: Lihan Kahts
Cheryl: Gabrielle Smit
Chef Charlotte: Tylah Christians
Dramaturg: Jani Greeff
Regie: Jani Greeff
Kostuumontwerp: Liezl Wolstenholme, Jani Greeff
Stelontwerp en -inkleding: Jani Greeff, Liezl Wolstenholme, Tanja Nell
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Elsa van Rooyen, Elizabeth Cilliers
Beligtingsontwerp: Elsa van Rooyen, Elizabeth Cilliers
Verhoogbestuurder: Liezl Wolstenholme
Beligtingsoperateur: Elsa van Rooyen
Klankoperateur: Elizabeth Cilliers
Laerskool Hendrik Louw
Die Straakietie vertel die verhaal van ’n bont groep sirkuskunstenaars wat van dorp tot dorp reis op soek na ’n plek om tuis te voel. Onder leiding van die eksentrieke Ringa en sy kleurvolle geselskap beleef hulle avonture, struikelblokke, lagbuie en onverwagte lesse langs die pad.
Terwyl die groep probeer om hul volgende groot vertoning op die been te bring, ontdek hulle dat ’n huis nie noodwendig ’n plek is nie, maar die mense met wie jy jou lewe deel. Met humor, musiek, verbeelding en hartseer oomblikke vier hierdie produksie die waarde van vriendskap, aanvaarding en saamhorigheid.
Die Straatmakietie is ’n energieke ensemble-produksie wat wys dat familie soms nie die mense is saam met wie jy gebore word nie, maar die mense wat kies om saam met jou die pad te stap.
Ringa: Lejané Nortje
Marietjie: Zialee Alberts
Professor Wilmien-Weet-Alles: Emma-Belle Botha
Leo: Abri Chamberlain
Reon: Ruben Kramer
Zion: Liam Perucatti
Irma: Lizandri Booyse
Asta: Lisa Erasmus
Fernando: Ruben Kramer
Die Verkopers: Fritz Ellis, Lisa Stears, Ruben Cilliers ,Carla Kramer, James Horne
Die Sirkuslede: Fritz Ellis, Eli Perucatti, Gia Schiedekat, Ruan Friess, Abby Brooks, Thalia Ruiters, Zarah Marthinus, Neill Swanepoel, Lisa Stears, Ruben Cilliers, Mieke Stander, Lia Lombard, Simeon Amoraal, Ariana van Niekerk, Teia van Niekerk, Devlin McDilling, Kiah Wood, Ané Pentz, Carla Kramer, Annalizé, James Horne
Dramaturg: Vincent Kruger
Regie: Vincent Kruger, Nichola Roberts (Hulp)
Kostuumontwerp: Vincent Kruger
Stelontwerp en -inkleding: Vincent Kruger
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Vincent Kruger, Jolindi Snyman (Hulp)
Beligtingsontwerp: Vincent Kruger, Johann van Deventer (Hulp)
Verhoogbestuurder: Nichola Roberts (Hoof), Jolindi Snyman, Christi-Lee Vlok, Naomi Terblanche
Beligtingsoperateur: Johann van Deventer
Klankoperateur: Vincent Kruger
Laerskool Totius
Sien regs onder
In die kleurvolle, geheimsinnige wêreld van Droomland – ’n plek agter die skerms van elke kind se slaap waar drome gebou, bestuur en beskerm word – werk alles perfek… of so dink hulle. Elke nag sorg ’n span unieke droomlopers, vanuit hul besige droomkantoor en met behulp van die magiese Droom-O-Skoop, dat kinders se drome veilig, vrolik en vol verbeelding bly.Maar wanneer drome begin deurmekaar raak, die lig in Droomland flikker, en skaduwees stadig deur die hoeke van hierdie eens helder wêreld begin kruip, besef hulle iets is ernstig verkeerd.
Droomsindroom: Carmen Winter
Slaapvas: Kayla Venter
Tinkelina: Estella Nel
Snoesie: Liela Mostert
Stella: Bella Swanepoel
Skedulia: Nika Kannemeyer
Vespera: Nina Venter
Morvella: Freda Troost
Trippetrap: Steyn Laubscher
Skobbejak: Sias Vermeulen
Nagnella: Katryn Burger
Dramaturg: Siobhan Taljaard
Regie: Marika van Heerden
Kostuumontwerp: Marika van Heerden
Stelontwerp en -inkleding: Marika van Heerden
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Marika van Heerden
Beligtingsontwerp: Marika van Heerden
Verhoogbestuurder: Marlon Britz
Beligtingsoperateur: Marika van Heerden
Klankoperateur: Marika van Heerden
Laerskool Bastion
'n Groep kinders en 'n ou robot veg teen 'n koue KI-regering om die mensdom se verbanne emosies, drome en verbeelding deur die krag van die hart te herstel.
Maya: Simone Vorster
Leo: Christopher Walton
Chloe: Larah du Preez
Jess: Juane de Kock
Sam: Nienka van Schalkwyk
Argitek: Kayla van Rensburg
AIKI: Emiley Squier
Proto: Leone Walters
Cinderella: Amy Visagie
Prins Charming: Walter Olckers
Aurora: Hannah Jacobs
Sneeuwitjie: Sunique Steenkamp
Prinses: Anine Hewett
Droomvreters (In diens van AIKI, die Argitek se ‘onderwyser’. Gevoelloos, aggresief, bedreigend. Hulle doel is om te verseker dat enige teken van emosies of gevoelens geneutraliseer word. Onsigbaar vir die kinders in die klas): Emma Barnard, Zano Mbaliswana, Declan Muller, Emilee Nyman, Francel Rossouw, Annabel Botes, Molly Eygelaar, Kade Pretorius
Dromers (Bewaak die ingang na die Imaginarium en beskerm dit as gevaar dreig): Zandre Agenbach, Onothando Maira, Janke Pienaar, Lieschen Rix, Wian Wolstenholme, Danet Rossouw, Amelie van Aarde
Dramaturg: Jan Burger
Regie: Jan Burger
Kostuumontwerp: Matilda Boonzaaier en Jan Burger
Stelontwerp en -inkleding: Matilda Boonzaaier en Jan Burger
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jan Burger
Beligtingsontwerp: Jan Burger
Verhoogbestuurder: Gary Oosthuizen
Beligtingsoperateur: Megan de Villiers
Klankoperateur: Nadia van Schalkwyk
Paarl Primêre Seunskool
Wanneer ’n groep uiteenlopende seuns in detensie beland, verwag hulle nog ’n vervelige straf. Maar toe hul onderwyser die deur sluit en verdwyn, ontaard die klaskamer in chaos, vrees, vreemde planne en broodoorloë.
Met ’n eksentrieke verteller, ’n wilde spreekkoor en karakters wat oor alles bots, word die seuns gedwing om mekaar – en hulself – beter te leer ken.
Heel Te Mal is ’n energieke, humoristiese en hartroerende toneelstuk oor chaos, vriendskap en die lesse wat ontstaan wanneer niemand kan ontsnap nie.
Mnr. Wolmarans: Ben van Niekerk
Wikus: Ernst le Roux
Ruan: Janco du Toit
Matthys: Henru Scheepers
Lucca: Noah Rossouw
Kyle: Gideon Baard
Edwin: Martin du Toit
Jean: Juvan Joubert
Liam: Demetri le Roux
MC: Roux van Wyk
Hond: John Olen
Kat: Adrian Leuvennink
Dramaturg: Nina Smit
Regie: Kyla Jansen
Kostuumontwerp: Kyla Jansen, Carmen le Roux, Nina Smit
Stelontwerp en -inkleding: Kyla Jansen, Carmen le Roux, Nina Smit
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Emma van Heyn
Beligtingsontwerp: Nina Smit
Verhoogbestuurder: Kyla Jansen
Laerskool Stellenbosch
Katy is jou gemiddelde jong tiener meisie, maar met interessante gedagtes en
soms vreemde drome. Toer saam met ons deur die doolhof van haar gedagtes!
Katy: Gita Heyl
Sarie, Meisie# 1, Ou Cappy: Jeannè Erwee
Koor, Meisie #2, Clementine: Zitha Truter
Prinses, Meisie #3, Joanna: Katherine De Swardt
Koor, Meisie #4, Oscar: Christi Smit
Konigin, Meisie #5, Dot: Anebelle Van Der Linde
Koor, Meisie #6, Beefy Bill: Lienke Strydom
Koning, Seun #1, Danny: Nicolaas Vreken
Hofnar, Seun #2, Jack: Francois van Niekerk
Dramaturg: Bernard Sherriff
Regie: Bernard Sherriff
Stelontwerp en -inkleding: Bernard Sherriff
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Bernard Sherriff
Verhoogbestuurder: Annika Streicher
Beligtingsoperateur: Bernard Sherriff
Klankoperateur: Bernard Sherriff
Laerskool Courtrai
Lulu haat skool, sy voel sy kan niks in die wereld reg kry nie. Terwyl nog worstel met 'n som word sy weggevoer na 'n wereld van kleur, musiek en interessante karakters.
Lulu: Tali Nel
Milo: Phillip Stoffberg
Rex: Jovan Botha
Nakkie: Hayley van der Merwe
Leo: Ellie Smit
Nellie: Famke van der Westhuizen
Sally: Inge Smit
Sebasteen: Ineke Coetzee
Jenny: Aliyah Mentoor
Dramaturg: Angela Sparks
Regie: Jo-Dine Nel
Kostuumontwerp: Lone van der Merwe en Charlotte Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Jo-Dine Nel
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jo-Dine Nel
Beligtingsontwerp: Jo-Dine Nel
Verhoogbestuurder: Jan-Frans Nel
Beligtingsoperateur: Francois Nel
Klankoperateur: Jo-Dine Nel
Laerskool Eikestad
Die mengelmoeskardoes sirkus kom betower die klein afgesonderde dorpie met hulle kreatiwiteit en wyshede oor die lewe. In hierdie dorpie het tyd gaan stil staan. Die sirkus leer hulle van drome, keuses en moontlikhede. Almal leer dat kanse aangegryp moet word en dat daar nie 'n beter tyd is om te leef as nou nie.
Ouma Jana: Lara de Kock
Ringmeesteres Ruby: Leah Ferreira
Meneer Botha: Johan Nell
Marie: Emma Blomerus
Lilly: Vanessa Esterhuizen
Anton: Albert du Toit
Bella Ballerina: Nicola Truter
Leila Leeutemmer: Hendrien Coetzee
Nakkie Nar: Robin Klopper
Nikkie Nar: Megan Bierman
Cindy Akrobaat: Limirie van der Linde
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 1: Mnr Botha, Ringmeesteres, Lilly, Marie, Anton.
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 2: Marie, Ouma Jana, Anton, Lilly
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 3: Ringmeesteres, Nakkie, Nikki, Akrobaat, Leeutemmer, Ballerina, Ouma Jana, Marie, Anton, Lilly
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 4: Meneer Botha, Anton, Lilly, Marie
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 5: Meneer Botha, Ouma Jana, Marie, Ringmeesteres
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 6: Meneer Botha, Ouma Jana, Marie, Ringmeesteres, Akrobaat, Nikka, Nakkie, Ballerina, Leeutemmer, Anton, Lilly
Beskryf die ensemblegroep: Toneel 7: Ringmeesteres, Nakkie, Nikki, Akrobaat, Leeutemmer, Ballerina, Ouma Jana, Marie, Anton, Lilly, mnr Botha
Dramaturg: Marlize Blom
Regie: Marlize Blom
Kostuumontwerp: Kinders self
Stelontwerp en -inkleding: Marlize Blom
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Marlize Blom
Beligtingsontwerp: Marlize Blom
Verhoogbestuurder: Kinders self
Beligtingsoperateur: Marlize Blom
Klankoperateur: Marlize Blom
Laerskool Swellendam
Kleinbegin Primêr se skoolraad word dringend byeengeroep nadat die skool se een juffrou skielik verdwyn het om te gaan trou! Nou moet die klein drie-man skooltjie vinnig ’n nuwe onderwyser aanstel voordat chaos uitbreek. Met Juffrou Mollie wat sukkel om al vyftig leerders van Graad 1 tot 7 onder beheer te hou, en die skoolhoof wat net Graad 7 kan neem weens haar hope ander pligte, sorg die noodvergadering vir hope humor, onverwagshede en kleurvolle karakters. Hierdie vrolike laerskoolteaterstuk wys dat groot probleme soms in die kleinste skooltjies gebeur!
Mev. Du Toit - Skoolhoof: Katryn van der Wath
Dominee Schoonraad: Dirkie Human
Susarah Petoors: K'la Qotyiwe
Mev. Dominee: Koba van Deventer
Juffrou Moller: Katryn Zaayman
Mej. Le Grange: Charlie Romburgh
Viljoentjie: Boetie: Luca Jooste
Viljoentjie: Sussie: Milandie du Plessis
Dramaturg: Maggie van Zyl
Regie: Jessica du Plessis en Lourensa Burger
Kostuumontwerp: Lourensa Burger, Jessica du Plessis
Stelontwerp en -inkleding: Lourensa Burger, Jessica du Plessis
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lourensa Burger, Jessica du Plessis
Beligtingsontwerp: Lourensa Burger, Jessica du Plessis
Gene Louw
Welkom in Bontebos, ’n kleurvolle dorpie waar elke inwoner trots is op wat hulle uniek maak. Terwyl die dorp voorberei vir hul jaarlikse Kleurfees, werk almal saam om die groot viering vol kleur, kreatiwiteit en pret gereed te kry. Van wilde verbeelding en dramatiese kuns tot streng skedules en spontane bak-avonture, vorm die inwoners saam ’n vrolike gemeenskap vol persoonlikheid.
Maar wanneer Dokter Dof en sy helpers begin om die dorp se persoonlikhede te steel met hul P.E.R.S.O.O.N.-Plukker, verander Bontebos stadig in ’n dowwe en lewelose plek. Soos die Kleurfees in gevaar kom, bly net Lila oor om haar vriende te red. Met moed, kreatiwiteit en slim denke ontdek sy dat uniekheid nie iets is wat gesteel kan word nie.
Hierdie produksie vier individualiteit, verbeelding en die krag van verskille ,en herinner ons dat die wêreld helderder is wanneer almal hul ware kleure wys.
Bennie Bouer: Luther Marais
Luna Lepel: Ime Marais
Yara: Mienke Benece
Dokter Dof: Luan Schoeman
Mila: Alexa Scholtz
Lila Ligtevoet: Chloe Kriel
Kiki: Keira Dickason
Zara: Heléne van der Walt
Stoffie: Nina-Mari de Kock
Max: Hugo Kotzé
Nina Natuur: Alissa Blom
Villager: Annelie du Plooy, Liah Kotzé, Michelle Bester, Lila Van der berg
Dramaturg: Siobhan Taljaard
Regie: Steph-Mari Marais
Kostuumontwerp: Steph-Mari Marais
Stelontwerp en -inkleding: Steph-Mari Marais
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Steph-Mari Marais
Beligtingsontwerp: Steph-Mari Marais,Marli Smit
Verhoogbestuurder: Marli smit,Kayla Muller
Beligtingsoperateur: Mathew Cohen
Klankoperateur: Mathew Cohen
Hoër Meisiekool Paarl (Laerskool)
Partytjietyd is 'n komedie oor 'n verjaarsdagpartytjie wat van die eerste minuut af skeefloop. Mieke sien maande lank uit na haar spesiale kroonverjaarsdag en droom van die perfekte prinsespartytjie. Maar wanneer haar maats een vir een opdaag, begin dinge vinnig handuit ruk. Te midde van al die verwarring probeer Mieke, haar ma en haar maats die partytjie red, met rampspoedige én snaakse gevolge. Partytjietyd is 'n ligte, energieke produksie vol humor, kleurvolle karakters en onvergeetlike oomblikke.
Mieke: Tatum van Rooyen
Janie: Luyah Hansen
Ma: Ava du Toit
Sophia: Anja la Grange
Zara: Milé Barnard
Mia: Sia Lemmer
Anke: Lia Brugman
Beate: Stella van der Walt
Francis: Zani Hager
Jennifer: Liani Swart
Nar/Max: Katryn de Jager
Dramaturg: Francelle du Plessis en Lizette Bouwer
Regie: Lizette Bouwer
Kostuumontwerp: Lizette Bouwer
Stelontwerp en -inkleding: Lizette Bouwer
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lizette Bouwer
Beligtingsontwerp: Alma Rossouw
Beligtingsoperateur: Alma Rossouw
Klankoperateur: Alma Rossouw
Laerskool De Hoop
Nes die natuur het die lewe ook sy seisoene. Somer hou die mooi herinneringe van gelukkige tye vas, en herfs laat die blare val soos dinge wat mens nie kan vashou nie. Dan kom winter en bring trane teen die ruite, en ’n koue wat selfs ’n mens se asem wegneem. Volgende is dit lente met sy hoop wat blomme en mense weer laat asemhaal. Elke asem is ’n klein oorwinning, elke uitasem ’n gebed wat nie hardop gesê word nie. Maar dalk is hoop nie ’n antwoord nie—dalk is dit net die moed om weer asem te haal? In hierdie stuk volg ons die reis van ’n gesin wat, nes die natuur, deur die lewe se seisoene beweeg
Liam: Rijk Laubscher
Lila: Imcke Viljoen
Ma: Mienke Ferreira
Pa: Ethan Somers
Dokter: Joshua Potgieter
Beskryf die ensemblegroep: Beeld die meubels asook die seisoene uit.: Daniël Gerber, Lisa Smal , Jessica Ackhurst , Kaylee Els, Lia Williams , Liezl-Marie Rommelmann, Jani Joubert, Madison Holscher, Riley Somers, Nicolas Botes, Catrien van Wyk
Dramaturg: Lindie Strömbeck
Regie: Lindie Strömbeck
Kostuumontwerp: Lindie Strömbeck, Aletia Laubscher
Stelontwerp en -inkleding: Lindie Strömbeck, Aletia Laubscher
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lindie Strömbeck
Beligtingsontwerp: Lindie Strömbeck
Verhoogbestuurder: Zaandré Stander, Aletia Laubscher
Beligtingsoperateur: Pieter van Zyl
Klankoperateur: Gideon Burger
Laerskool Durbanville Junior Toneel
In Vorm Vallei ontmoet ons Ronde Rhonda, Driekus Driehoek en Sandy Superster. In die skool van Juffrou Vierkantswortel leer vorms oor meetkunde, selfaanvaarding en oor die waarde van elke unieke vorm. Driekus ontdek sy trotse herkoms as afstammeling van die Egiptiese piramides, en Rhonda leer deur pynlike selftwyfel dat "rond en gesond" beter is as maer en ellendig. Uiteindelik besef almal dat elke vorm, nes elke mens, of dit nou driehoekig, vierkantig of rond is, deel bydra tot die groter prentjie. " Elke vorm het 'n plekkie. Vet of maer ... Jy moet net weet wie pas waar ..."
Verteller Sirkel: Emma Carstens
Verteller Vierkant: Sophia Lourens
Verteller Reghoek: JP de Wet
Ronde Rhonda: Maya Visagie
Sandy Superster: Liani Jacobs
Driekus Driehoek: Francois van der Merwe
Juffrou Vierkantswortel: Zoë van Zyl
Vorm 1 (Vierkant): Nina Pienaar
Vorm 2 (Hart): Amy Rose Watson
Vorm 3 (Diamant): Annabelle Swart
Vorm 4 (Ovaal / ): Esti Rossouw
Vorm 5 (Trapesium): Thearika Bezuidenhout
Vorm 6 (Reghoek, Ma Vierkant): Ava Nolte
Vorm 7 (Klein Vierkant): Alexander Koen
Dramaturg: Ilne Fourie
Regie: Veronica Geldenhuys + Caeli Aggenbach
Kostuumontwerp: Veronica en Juan Geldenhuys
Stelontwerp en -inkleding: Veronica Geldenhuys
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ilne Fourie + Caeli Aggenbach
Beligtingsontwerp: Veronica Geldenhuys
Verhoogbestuurder: Veronica Geldenhuys / Wilmien Marren
Beligtingsoperateur: Stefan Ellis / Veronica Geldenhuys
Klankoperateur: Caeli Aggenbach
Worcester-Noord Primêre Skool
Wilhelmien is ’n stout en ongehoorsame koshuiskind wat alleen in die koshuis agterbly nadat die skool vir die jaar gesluit het. Sy moet ’n geskiedenistaak voltooi om haar punte te verbeter en haar graad te slaag, maar sy stel glad nie daarin belang nie.
Wat sy nie weet nie, is dat die koshuis deur ses spoke bewoon word. Die spoke kan nie hul spook-streke geniet solank Wilhelmien daar is nie, daarom besluit hulle om haar ’n les te leer. Nadat Wilhelmien tydelik in die spoke se wêreld beland, besef sy hoe haar optrede ander beïnvloed en hoe belangrik verantwoordelikheid is.
Deur haar ervaring met die spoke verander Wilhelmien se houding. Sy ruim haar gemors op, voltooi haar geskiedenistaak en vra selfs vir hulp. Aan die einde van die verhaal leer sy om haar tweede kans te waardeer en word sy ’n meer verantwoordelike en dankbare persoon.
Wilhelmien: Olivia Vorster
Hannes: Samuel Vermeulen
Daan: Aiden du Plessis
Ester: Cari Botes
Boet Marais: Levi Lategan
Saartjie Marais: Abby Chambers
Suster Anna: Danika Pedersen
Frikkie: Justin Harmse
"Special effects on stage" (Hierdie seun is nie sigbaar in die optrede, maar dra by tot die aksie.): Anrio Mocke
Dramaturg: Karlé Briedenhann
Regie: Brenda Fourie
Kostuumontwerp: Brenda Fourie, Arista Steenkamp, AJ Britz
Stelontwerp en -inkleding: Brenda Fourie, Arista Steenkamp
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Brenda Fourie
Beligtingsontwerp: AJ Britz
Multimediaontwerp (indien van belang): AJ Britz
Verhoogbestuurder: Arista Steenkamp
Beligtingsoperateur: AJ Britz
Klankoperateur: Brenda Fourie
Multimediaoperateur (indien van belang): AJ Britz
Laerskool Courtrai
Terwyl die kinders die stoorkamer regpak wag daar eweskielik 'n onverwagse avontuur vir hulle. Hulle hele toekoms hang van groot besluite af.
Lienke: Lune Hattingh
Anika: Femke Anderson
Ruan: Lukas Pretorius
Marietjie: Elle Stoffberg
Hester: Rachel King
Pieter: Jan-Frans Nel
Kiki: Tali Nel
Cindy: Angelique du Plooy
Mev Botha: Liefke Botha
Dramaturg: Angela Sparks
Regie: Jo-Dine Nel
Kostuumontwerp: Lone van der Merwe
Stelontwerp en -inkleding: Jo-Dine Nel en Lone van der Merwe
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jo-Dine Nel
Beligtingsontwerp: Jo-Dine Nel
Verhoogbestuurder: Jan-Frans Nel
Beligtingsoperateur: Francois Nel
Klankoperateur: Jo-Dine Nel
Laerskool Beaumont
Onder ’n jacarandaboom in ’n klein Overbergse dorpie vind twee meisies mekaar tussen stiltes, sterre, en die dinge waaroor grootmense nie praat nie. UIL is ’n verhaal oor vriendskap, verlies, en die dinge wat ons saamdra.
Sienna Shedden: Olivia (Uil)
Cayleigh Knott: Kay
Beskryf die ensemblegroep: Juffrou van Tonder: Anabel Peters
Beskryf die ensemblegroep: Uil se Pa en die Bullie: Francois Snyman
Beskryf die ensemblegroep: Siennie: Lana Fourie
Beskryf die ensemblegroep: Ensemble: Lana Fourie, Francois Snyman, Anabel Peters, Anri Cooper, Amelie Wege, Kenzie Blom, Gina Latsky, Olivia Visser, Milla Basson, Gerhard Jordaan, Amoreé Herselman
Dramaturg: Geskryf deur Jon Keevy, Verwerk deur Megan Grobbelaar, Vertaal deur Zané Habig
Regie: Megan Grobbelaar
Kostuumontwerp: Megan Grobbelaar, Jane Wentzel
Stelontwerp en -inkleding: Megan Grobbelaar
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Megan Grobbelaar, Nelanda Wessels
Beligtingsontwerp: Megan Grobbelaar, Cassidy Arendse
Verhoogbestuurder: Lana Retief
Beligtingsoperateur: Cassidy Arendse
Klankoperateur: Nelanda Wessels
Laerskool Hendrik Louw
Geïnspireer deur ware herinneringe, vertel Waar’s Windpomp Charlie? die verhaal van ’n seun wat steeds voortleef in die harte van dié wat hom geken het. Deur die oë van vriende, familie en ’n onderwyser ontmoet ons Charlie – ’n avontuurlustige, liefdevolle en onvergeetlike kind wat ’n blywende indruk op almal rondom hom gemaak het.
Tien jaar nadat hy weg is, leef sy lag, stories en invloed steeds voort. Hierdie produksie is nie net ’n verhaal oor verlies nie, maar oor vriendskap, herinnering en die merke wat mense op ons lewens laat. Dit herinner ons daaraan dat die mense vir wie ons lief is nooit werklik verdwyn nie – hulle leef voort in ons stories, herinneringe en in die manier waarop hulle ons gevorm het.
Waar’s Windpomp Charlie? is ’n viering van ’n lewe wat steeds ’n verskil maak.
Windpomp Charlie: JC Fouché
Annelise: Lizandri Booyse
Zander: Fritz Ellis
Juf. Steyn: Lisa Erasmus
Vian: Abri Chamberlain
Dramaturg: Vincent Kruger
Regie: Vincent Kruger, Nichola Roberts (Hulp)
Kostuumontwerp: Vincent Kruger
Stelontwerp en -inkleding: Vincent Kruger, Shandré Jansen van Rensburg
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Vincent Kruger
Beligtingsontwerp: Vincent Kruger
Multimediaontwerp (indien van belang): Vincent Kruger
Verhoogbestuurder: Nichola Roberts, Christi-Lee Vlok (Hulp)
Beligtingsoperateur: Johann van Deventer
Klankoperateur: Vincent Kruger
Multimediaoperateur (indien van belang): Naomi Terblanche
Laerskool Bastion
Die dele van die Aarde Waaroor jy loop, vergeet nooit dat jy daar was nie.
Tannie Boom: Leone Walters
Ou Lia: Kayla van Rensburg
Jong Lia: Nienka van Schalkwyk
Tiener Lia: Larah du Preez
Volwasse Lia: Molly Eygelaar
Hasie: Walter Olckers
Jakkals: Juane de Kock
Mevrou Uil: Amelie van Aarde
Die ensemble is deel van die woud. Hulle vorm die blare van Tannie Boom, die rivier en die rotse waarop hulle sit.: Sunique Steenkamp, Kade Pretorius, Amy Visagie, Danet Rossouw, Christopher Walton, Anine Hewett, Hannah Jacobs, Declan Muller, Simone Vorster, Wian Wolstenholme
Dramaturg: Angela Sparks
Regie: Matilda Boonzaaier
Kostuumontwerp: Matilda Boonzaaier
Stelontwerp en -inkleding: Matilda Boonzaaier
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Matilda Boonzaaier
Beligtingsontwerp: Matilda Boonzaaier
Verhoogbestuurder: Gary Oosthuizen
Beligtingsoperateur: Megan de Villiers
Klankoperateur: Matilda Boonzaaier
Die streeksfees word gementor en beoordeel deur uitgesoekte professionele akteurs, akademici en teatermakers wat gereedstaan om die jong talent te ontdek, te erken en om tydens mentorsessies aan hul werk te skaaf.
Die Wes-Kaap-streeksfees word beoordeel en gementor deur Bianca Flanders en Jacques Bessenger.
Die streeksfees sluit af op 19 Augustus met ‘n prysuitdelingseremonie aan die einde van die aand se produksies wat die kategoriewenners van die week bekroon.
Alle produksies word inaggeneem vir hierdie toekennings.

Bianca

Jacques
Die uitslae haal binnekort hier asem. Besoek gerus weer ná afloop van die streeksfees.