ATKV-TIENERTONEEL
Waar stories asem kry en talent die toekoms vorm.
Hoërskool Florida
Otto se gewete vreet aan hom terwyl hy net probeer om te oorleef. Maar almal onderskat vir Otto…
Otto: Keanu van den Heever
Milla: Chavonne Koekemoer
Anja: Anicke Holtzhausen
Tammy: Cuené du Preez
Ma: Kieta Jacobs
Robert: Adriaan Coetzee
Dramaturg: Jak J. Brits
Regie: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Kostuumontwerp: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Stelontwerp en -inkleding: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jak J. Brits, Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Beligtingsontwerp: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Verhoogbestuurder: Nikita Reyneke
Beligtingsoperateur: Jadin Havenga
Klankoperateur: Dewaldt Herselman
Hoërskool Eldoraigne
Boeke is mos net papier, ink en stilte… of is dit?
Duitsland, 1933, ‘n land op die rand van verandering en gevaar. Anna, werk stil tussen die rakke van ’n biblioteek, al haat sy dit. Tot sy op ’n boek afkom wat anders voel as al die ander. Terwyl gerugte versprei van boeke wat verbrand en idees wat stilgemaak moet word, raak Anna vasgevang tussen veiligheid en waarheid.
Wat as ’n eenvoudige storie meer mag het as wat enige iemand besef? En hoe ver is ’n mens bereid om te gaan om ’n stem te beskerm?
Anna: Karla Thiart
Fredrich: Hanré Taljaard
Otto: Tyler Irle
Liesel: Ciana Dyason
Klara: Bianca Bredenkamp
Dramaturg: Anushka Rousseau, Anke Rousseau
Regie: Anushka Rousseau, Anke Rousseau
Kostuumontwerp: Anushka Rousseau, Anke Rousseau
Stelontwerp en -inkleding: Anushka Rousseau, Anke Rousseau
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Anushka Rousseau, Anke Rousseau
Beligtingsontwerp: Nicci Wynbergen, Anushka Rousseau & Anke Rousseau
Verhoogbestuurder: Dian Swart, Elizma Thompson
Beligtingsoperateur: Nicci Wynbergen
Klankoperateur: Emile Muller
Hoërskool Eldoraigne
Wanneer Deon besef dat daar slegs een klasperiode oor is om sy Afrikaanse opstel te voltooi, draai hy uit desperaatheid na sy klasmaat (en oogappel) Lenka. Met ‘n tema soos “My eerste liefde”, kan Lenka haarself nie keer as om met oorgawe die taak aan te pak nie.
Met ‘n gebrekkige kennis van die Afrikaanse taal en ‘n ooraktiewe verbeelding, besef Deon en Lenka gou dat die Liefde nie só eenvoudig vasgepen kan word nie…
Deon: Konrad Stolp
Lenka: Andrea Strydom
Seun: Tiaan Stolp
Meisie: Elsabé de Lange
Die Onderwyser: Elandi Herbst
William Steyn, Nuwan Nel, Loghan Riekert, Shané Bezuidenhout, Amy Diedericks, Mia-Li Rankin, Ciara Enslin, Anebell Uren, Dionné Vorster
Dramaturg: Carla Fourie
Regie: Carla Fourie
Kostuumontwerp: Carla Fourie, Danielle Coetzee
Stelontwerp en -inkleding: Carla Fourie, Danielle Coetzee
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Carla Fourie, Hein Guldenphennig
Beligtingsontwerp: Nicqui Nel, Carla Fourie
Verhoogbestuurder: Bianca Bredenkamp
Beligtingsoperateur: Nicqui Nel
Klankoperateur: Adriana Ackerman
Improv Studios
In ’n huis tussen die duine droom die jong Ghala van ’n wêreld anderkant die see, terwyl haar oorbeskermende pa haar probeer inperk. Wanneer twee geheimsinnige swerwers onverwags by hulle huis aankom, begin die gesin se werklikheid stadig verbrokkel. Soos ou vrese, verlange en manipulasie na die oppervlak dryf, vervaag die grens tussen fantasie en realiteit. Met elemente van magiese realisme ondersoek die drama temas van gevangenskap, verlies en die gevaarlike verlange na vryheid.
Ghala: Vidette Matthee
Isolde: Amé Stiglingh
Joseph: Dylan Maritz
Yuka: Chanté le Roux
Nin: Elsmari Kuperus
Dramaturg: Inamari
Regie: Inamari, Mariza Claassen, Corni Maré
Kostuumontwerp: Inamari, Mariza Claassen, Corni Maré
Stelontwerp en -inkleding: Inamari, Mariza Claassen, Corni Maré
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Inamari
Beligtingsontwerp: Mariza Claassen
Verhoogbestuurder: Paul van Roon
Beligtingsoperateur: Kiana Page
Klankoperateur: Jenique le Roux
Verhooghulp: Luke Hagerman, Shairah Manzi, Carlé Badenhorst
Hoërskool Montana
Agter die blink glimlagte, perfekte voorkoms en pienk droomhuis skuil daar dalk meer as wat die oog kan sien. Wanneer 'n gesin hul alledaagse lewe vir die wêreld probeer uitstal, begin die krake in die sogenaamde perfekte prentjie stadig wys. Is perfeksie werklik haalbaar, of is dit bloot 'n mooi masker vir die waarheid? Hierdie satiriese drama nooi die gehoor om self te besluit wat agter die Barbie-glans skuil.
Barbie: Abigail Boylan
Barbie-Ann: Allison Theologo
Barbie-Lee: Erin Carver
Barbie-Marie: Vanya Gombault
Kenny (Kenneth): Thyron Olivier
Alex (Alexander): Rulof van den Heever
Joernalis: Rhodé van Niekerk
Meneer Geldenhuys: Zander Joubert
Mietzie: Daniella Kemp
Maya: Moné Poolman
Win (kameraman): Eric Kritzinger
Wanda (kameravrou): Alexis Kemp
Barbara Roberts: Jana Van Der Walt
Souffleuse: Anneniek Page
Souffleuse: Esna Carr
Souffleuse: Kristen Theologo
Souffleuse: Sonia Botha
Dramaturg: Monika Basson
Regie: Anneri Basson
Kostuumontwerp: Anneniek Page, Esna Carr, Kriten Theologo, Sonia Botha, Anneri Basson
Stelontwerp en -inkleding: Emma Haasbroek, Anneri Basson
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Thyron Olivier, Anneri Basson, Mauritz Visser
Beligtingsontwerp: Thyron Olivier, Mauritz Visser
Verhoogbestuurder: Emma Haasbroek (hoof), Ilze van der Walt (hulp)
Beligtingsoperateur: Danica Geyer
Klankoperateur: Adri Smit
Midstream College
Binne die Brein van Bernice Breytenbach volg die verhaal van Bernice, 'n kunstenaar wat met ’n oorerflike siekte gediagnoseer word. Die drama speel af binne haar brein, waar herinneringe, emosies en gedagtes as karakters en 'n teaterproduksie voorgestel word.
Die stuk ondersoek Bernice se stryd om vas te hou aan haar identiteit, herinneringe en verhoudings terwyl haar geheue stadig begin vervaag. Haar jonger self, Jong Bernice, verteenwoordig die dele van haar wat sy probeer vergeet of onderdruk, terwyl Ouer Bernice worstel om beheer te behou oor haar lewe en haar herinneringe.
Binne die simboliese "teater van die brein" probeer die Regisseur, Assistent-Regisseur, Storiemakers, Kostumier, Rekwisiete en Beligting orde bring aan haar herinneringe. Soos die siekte vorder, raak die stelsel egter al meer deurmekaar en herinneringe begin verlore gaan soos sand wat deur vingers glip.
Ouer Bernice: Megan le Roux
Jong Bernice: Lisa Rautenbach
Regisseur: Jana Lombard
Assistent Regisseur: De Wett Venter
Rekwisiete: Esté van den Berg
Kostumier / Rebecca: Zani Griffioen
Storiemaker 1 /Lara: Jean Lowe
Storiemaker 2 / Dokter: Anke Olivier
Beligting /Boetie /Prokereur: Coenraad Classen
Dramaturg: Zandeli Meyer
Regie: Zandeli Meyer,
Hulp Regie: Daniël Reinecke, Jana Lombard
Kostuumontwerp: Hailey Rheeder, akteurs self
Stelontwerp en -inkleding: Zandeli Meyer, Elischa Eloff, Tiana Nel, Kayla Huisamen
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Yanke van Schalkwyk, Assistent: Helen Reinecke
Beligtingsontwerp: JC van Zyl
Multimediaontwerp: Daniël Reinecke, JC van Zyl
Verhoogbestuurder: Shevaughn du Toit, Isabella Brewis
Beligtingsoperateur: JC van Zyl
Klankoperateur: Yanke van Schalkwyk, Assistent: Helen Reinecke
Multimediaoperateur: Reylin Eksteen, Lindi Stander
Die Hoërskool Menlopark
Agter die gordyn van ’n toneelkompetisie is die verhoog in vier beperkte dekorareas verdeel, waar ’n oorywerige toneelspan hul eie oordadige chaos—van ‘n sak vol lukraak rekwisiete tot ’n rubber-eend—binnensleep. In plaas daarvan om op hul eie produksie te fokus, raak hulle obsessief betrokke by satiriese spekulering oor die geheimsinnige dekor van hul mededingers. Wanneer die gehoor se applous vir ’n ander span uit die saal dreun, bars die tiener-onsekerheid los en ontaard die groepsdinamiek in ’n komiese dog emosioneel egte bakleiery oor die ewige vraag: is eenvoud of oordadigheid die pad na sukses?
Regisseur: Mia Kieser
Verhoogbestuurder: Nathan Bornman
Hoofakteur: Hayleigh Sutherland
Akteur 2: Mikayla van den Berg
Akteur 3: Bijoux du Preez
Kostuumontwerper: Lilize Fouché
Grimeerder: Zania Louw
Tegnikus: Mieke du Plooy
Produksie assistant: Marli Momberg
Dramaturg: Inamari Schoonraad
Regie: Anneke Myburgh
Kostuumontwerp: Anneke Myburgh
Stelontwerp en -inkleding: Dene Kruger, Anneke Myburgh
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jacques de Jager
Beligtingsontwerp: Daniel Green
Verhoogbestuurder: Nicola Oosthuizen, Chrizele Lombaard
Beligtingsoperateur: Daniel Green
Klankoperateur: Jacques de Jager
SSStudios en Hoërskool Stoffberg
Elke tienertoneeljaar is 'n resep. Idees, skryf, oudisies, repetisie en dan die optrede. Dis alles klaar stressvol. Wat doen mens as alles van buite teen jou is? Hoe vertel jy jou storie as die helfde op die hoofweg lê en die ander helfde in 'n regisseur se hande is wat dink sy is bekend want sy het in 'n kerk gemeentskap projek gespeel in Delmas... In Delmas!
Marie: Janka Stroh
Sorbet: Micke Fulton
Regisseur: Keara Collett
Jaco: Ethan Jacobs
Minette: Alicia Sevenster
Arno: Armand Buitendag
Santie: Minantè Pieterse
Wilmien: Zoë Groenewald
Haylee: Darylin Scott
Dramaturg: Kobus van der Schyff-Smal
Regie: Kobus en Wayne van der Schyff-Smal
Kostuumontwerp: Mimi Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Kobus van der Schyff-Smal
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kobus van der Schyff-Smal
Beligtingsontwerp: Wayne van der Schyff-Smal
Verhoogbestuurder: Angelique Vorster, Frans Pieterse
Beligtingsoperateur: Hermanus le Roux
Klankoperateur: Caden du Plooy
Helpmekaar Kollege
Karla en haar vriendekring—Koster se “weirdos”—het mekaar gevind deur hul liefde vir drama en die kuns van poetse, waar elke grap ’n manier was om nader aan mekaar te groei. Hulle leef vir die opwinding om bo uit te kom en die laaste lag te hê, maar soos die speletjie al hoe verder gaan, begin die lyn tussen pret en seerkry vervaag. Wanneer lojaliteit getoets word en die gevolge van hul dade begin insink, moet hulle besluit: hoe ver is te ver—en wat kos dit om werklik eerste te wees?
Karla: Deone Mouton
Wilmie: Jana Enslin
Beth: Lexi van Zyl
Celeste: Symone Venter
Dramaturg: Kobus van der Schyff-Smal
Regie: Eghard Basson
Kostuumontwerp: Eghard Basson
Stelontwerp en -inkleding: Eghard Basson
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Kobus van der Schyff-Smal, Eghard Basson
Beligtingsontwerp: Christiaan van der Merwe
Multimediaontwerp: Eghard Basson
Verhoogbestuurder: Wian Wilson, Amber Basson (Hulp)
Beligtingsoperateur: Christiaan van der Merwe
Klankoperateur: Ryk Pretorius
Multimediaoperateur: Wian Wilson, Amber Basson
Afrikaanse Hoër Seunsskool
In ’n klein wêreld op die solder tussen stof, donker en vergete dinge wag die plafonmense vir iets wat hulle nie heeltemal verstaan nie. Maar wanneer ’n vreemdeling deur die plafon breek, begin die grens tussen vrees en hoop stadig oopskuif.
MIKA: Erich Pieterse
OREN: Divan Brits
DWARG: Franco Ludik
BRIN: Sebastian Henning
KIER: Markus Kruger
STOF: Luan Nabal
FRANS: Ewan van Rensburg (STEM)
Dramaturg: Robert Kruger, Karel Stander
Regie: Ronèl de Beer, James Thom
Kostuumontwerp: Vidette Martins
Stelontwerp en -inkleding: Maren Böhmer, Karel Stander, Charles Lee
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Maren Böhmer
Beligtingsontwerp: Arnold Cloete
Verhoogbestuurder: Jean Laubscher, Arlo Espach
Beligtingsoperateur: Joshua Lombaard
Klankoperateur: Joshua Bothma
Hoërskool Bastion
Die stuk verken die donker kante van menslike leiding. Die letsels van verlies, en die moeilikheid om genesing te vind in 'n gebroke wereld.
Rosa: Eliz-Marie Laurens
Madelein: Sherne Kern
Mart Marie: Nikita Behr
Amanda: Amorey van Wyk
Suzie: Mia Engelbrecht
Jaco: Rygardt Corneelsen
Strydom: Ruhan Kruyshaar
Cecilia JV Vuuren: Eliz-Marie Laurens
Theadri Blignaut: Sherne Kern
Danielle Swart: Nikita Behr
Tyler Pretorius: Amorey V Wyk
Tiaan Greyling: Mia Engelbrecht
Matthew V Loggenberg: Rygardt Corneelsen
Marlo Jordaan: Ruhan Kruyshaar
Dramaturg: Melissa Hechter, Wynand Pretorius
Regie: Melissa Hechter, Wynand Pretorius
Kostuumontwerp: Melissa Hechter
Stelontwerp en -inkleding: Melissa Hechter, Wynand Pretorius
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jasmine Gillard, Wynand Pretorius, Melissa Hechter
Beligtingsontwerp: Jasmine Gillard, Wynand Pretorius, Melissa Hechter
Verhoogbestuurder: Matthew V Loggenberg, Wynand Pretorius, Melissa Hechter
Beligtingsoperateur: Jasmine Gillard, Wynand Pretorius, Melissa Hechter
Klankoperateur: Jasmine Gillard, Wynand Pretorius, Melissa Hechter
Hoërskool Florida
Ons is almal wanderende skimme
op kronkelpaaie vol klippe en hoogtes.
By kruispade fluister die wind ons keuses —
elke voetstap bepaal nie net ons koers nie,
maar weef ook in die bestemming... Húlle bestemming.
Albertus: Dé-Hagen Pearson
Johanna: Tianna Holtzhausen
Virginia: Lira-Wett Webb
Gertjie: Ntsikelelo Ngcukana
Boeta: Keanu Wilshire
Peet: Nicholis De Jager
Buks: Marno Liebenberg
Rina: Ameli Schlebusch
Lia: Mia Els
Kyle: Tinus Olivier
Luan: Keegan van Wyngaardt
Rian: Luan Riep
Ouma Moekie: Danika Hugo
Engela: Leané Jacobs
Poppie: Anke Kruger
Mila: Jolene Rudman
Emma: Amija van der Merwe
Radio Aanbieder 2: Ella Marais
Radio Aanbieder 1: Stepheni Oosthuizen
Dramaturg: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Regie: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Kostuumontwerp: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Stelontwerp en -inkleding: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Beligtingsontwerp: Simoné Joubert, Marnel Potgieter
Verhoogbestuurder: Nikita Reyneke
Beligtingsoperateur: Jadin Havenga
Klankoperateur: Dewaldt Herselman
Die Hoërskool Menlopark
Mariaan de Vos is ń voormalige opera sangeres. Sy is vasgevang tussen haar glorieryke verlede en haar huidige realiteit. Sy beplan ń kombuiskonsert met die hoop om haar droom uit te leef. Die voorbereiding bring spanning en konflik in haar gesin. Alles begin uitmekaar uitval en niks loop soos beplan nie.
Mariaan de Vos: Karla van Wyk
Stefanie de Vos: Emma Hansen
Pappa de Vos: Ewan Wiltz
Melanie de Vos: Gabrielle van Rensburg
Angie Wasserman: Lenandi Kühn
Skuiwer: Luan van Eck
Skuiwer: Megan Porter
Marnus de Vos: Ruan Nuwenhuis
Balju: Wynhand van Dyk
Skuiwer: Janel Wynhand
Dramaturg: Duandré Voster
Regie: Caitland Peake
Kostuumontwerp: Caitland Peake, Dene Kruger
Stelontwerp en -inkleding: Dene Kruger
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Caitland Peake
Beligtingsontwerp: Caitland Peake
Verhoogbestuurder: Alexander Uhlig
Beligtingsoperateur: Simeon Versteeg, Nathan Horak
Klankoperateur: Carla Meyer
Die Hoërskool Menlopark
Op ’n toiletrol speel die satiriese stryd af in Le Tarineville, ’n mikroskopiese dorpie wat bevolk word deur twee groepe: die magshonger "Mediocres"-bakterieë en die opstandige "Rebelle"-skoonmaakmiddels. Onder die temperamentele en egosentriese leiding van die burgermeester, Strepto Coccus, probeer die bakterieë hul status handhaaf en ’n skynwêreld van hoogdrawendheid opbou. Die brose ewewig ontaard egter in volslae chaos namate die eksistensiële spanning tussen die kieme en die rebelle kookpunt bereik, terwyl die konstante dreiging van uitwissing oor hulle hang. Wanneer die finale oordeel voltrek word met die spoel van ’n toilet, word die dorpie verpletter, maar selfs in ’n nuwe, pienk, lugverfrisde wêreld anderkant die afvoerpyp weier die karakters se hardkoppige gees om te sterf in hul desperate, komiese soeke na betekenis.
Akteur: Zander Serfontein
Akteur: Keilah Visser
Akteur: Divan Heyl
Akteur: Janno Serfontein
Akteur: Rhuwan Strydom
Akteur: Reba Phoko
Akteur: Dimpho Phaswane
Akteur: Mikyla Lourens
Akteur: Anje Hanekom
Akteur: Wehann Snyman
Akteur: Cheree Smit
Akteur: Thlolo Phetla
Akteur: Jané van Heerden
Dramaturg: Johann Smith
Regie: Elana Heyns
Kostuumontwerp: Elana Heyns
Stelontwerp en -inkleding: Elana Heyns
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Johann Smith, Elana Heyns
Beligtingsontwerp: Elana Heyns
Verhoogbestuurder: Moloko Machabaphala
Beligtingsoperateur: Jacques van Heerden
Klankoperateur: Faziya Masanga
Hoërskool Standerton
In 'n klein, vogtige kusdorpie bly Marmite en haar twee broers en drie susters alleen. Hul ma is oorlede en hul pa is 'n soldaat wat in die oorlog veg. Marmite sorg vir haar broers en susters en bestuur die chaos wat saam met hulle kom. Deur lag, hul wens-tradisie en die belofte om hul wense lewendig te hou, skep die kinders 'n wêreld waar hoop moontelik voel binne hul huis - selfs wanneer die werklikheid anders sê. Maar nie alles is so eenvoudig soos dit lyk nie.
Marmite: Kenzy Sheppard
Kai: Wikus Meintjes
Nancy: Clarissa Gerber
Christine: Zietske Bailey
Sandra: Kaylee-anne Coetzer
James: Schalk Meintjes
Anthony: Holden du Preez
Dramaturg: Robert Kruger
Regie: Megan Harmse
Kostuumontwerp: Megan Harmse
Stelontwerp en -inkleding: Megan Harmse
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Stephan van Vuuren, Jané van Niekerk
Beligtingsontwerp: Hanco van der Walt, Lora Westmacott
Multimediaontwerp: Megan Harmse
Verhoogbestuurder: Susan Cawood, Stefny Cawood, Bonisiwe Sibanyoni
Beligtingsoperateur: Hanco van der Walt, Lora Westmacott
Klankoperateur: Stephan van Vuuren, Jané van Niekerk
Hoërskool Lydenburg
Jou matriekvakansie is veronderstel om onvergeetlik te wees, maar vir Mia se vriende, sal dit 'n tyd wees wat altyd in hulle gedagtes sal bly. Mia is vermoor en die polisie is oortuig dis een van hulle. Miskien lê die skuld by haar lewenslange vriendin - dit was tog haar pille. Dalk was dit haar lojale vriend, maar sy liefde vir haar sal dit nie toelaat nie, sal dit? Of miskien is haar perfekte kêrel nie wie sy gedink het hy is nie. Haar moordenaar kan natuurlik iemand van buite wees, maar wie het vyande nodig met vriende soos dit?
Celene: Mandy Pretorius
Hannes: Reuben van Niekerk
Peet: Juandré Cowley
Mia: Lihané Barkhuysen
Luitenant Moloi: Renolda Mnisie
Sersant Meyer: Kayleigh Brits
Dramaturg: Lian Fourie
Regie: Lian Fourie
Verhoogbestuurder: André van der Walt
Beligtingsoperateur: Pieter Steyn, Mieke Jacobs
Klankoperateur: Pieter Steyn, Mieke Jacobs
Hoërskool Brandwag
Klara pak haar lewe weg in bokse. Briewe uit 'n vorige lewe vind haar. Toe die aarde nog elke jaar om die son gewentel het. Nou staan tyd stil en Klara herleef alles wat sy kon gehad het. Sal sy meer oorhê as 'n verlate parkiebank met laslappie herhinneringe om saam te neem in haar volgende hoofstuk? Of sal sy moet wag vir nog een keer om die son?
Klara: Mine' Jordaan
Daniel: Zuan Rossouw
Herman: Emile Kleynhans
Hendrik: Shaun Braun
Wilma: Ingrid Potgieter
Dramaturg: Hanje Grobbelaar
Regie: Hanje Grobbelaar, Shaun Braun
Kostuumontwerp: Ankia van der Walt
Stelontwerp en -inkleding: Hubert Olivier
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nathan Cloete
Beligtingsontwerp: Juandre' Erasmus
Verhoogbestuurder: Zenia van der Merwe, Hubert Olivier
Beligtingsoperateur: Juandre' Erasmus
Klankoperateur: Nathan Cloete
Hoërskool Lydenburg
Ons lewe in 'n wêreld van pakkies en aflewerings, maar het jy al ooit gewonder wat gebeur agter die skerms van sulke bedrywighede? Wie is die mense wat dag na dag jou bestellings na jou deur toe bring?
Dit is René se eerste dag by "Ons Lewer Af" en sy is net te bly om uiteindelik 'n vaste werk te hê en uit haar ouerhuis te wees. Haar kollegas is uniek en die kliënte uiteenlopend, maar niks gaan haar spoed breek nie.
Mielie: Michaela Lottering
René: Minele de Beer
Jasper: Jacques Bothma
Roemie: Leander Esser
Julet: Nadine Olivier
Tannie Babsie: Kaylin Deysel
Tannie Betsie: Joanell Boshoff
Hennie: Tiaan Janse van Rensburg
Magriet: Kyllie Aucamp
Dramaturg: Lian Fourie
Regie: Lian Fourie
Verhoogbestuurder: Amelie Esser
Beligtingsoperateur: Pieter Steyn, Mieke Jacobs
Klankoperateur: Pieter Steyn, Mieke Jacobs
Hoërskool Noordheuwel
As jy klein is, voel jy veilig op jou pa se rug.
Jy klou styf vas – jou wang rus teen die vlerke onder
sy skouers. Totdat hy te oud word om jou te dra.
Dan moet jy afklim en hoop vir ander vlerke om jou
vas te hou. Maar op die rug van reuse – raak jy nooit te swaar nie.
Logan: Lenadri Groenewald
Damian: Hanru Meyer
Jamie: Anzelle Vorster
Luka: Keagan Swart
Robin: Paige Alexander
Dramaturg: Robert Kruger
Regie: Robert Kruger, Mariki de Villiers-Knop
Kostuumontwerp: Robert Kruger, Mariki de Villiers-Knop
Stelontwerp en -inkleding: Martin Evans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Robert Kruger
Beligtingsontwerp: Robert Kruger
Verhoogbestuurder: Sune Coetzee
Beligtingsoperateur: Connor Mackenzie
Klankoperateur: Markus Knop
Assistent Verhoogbestuurder: Eckard Lourens
Bethlehem Voortrekker Hoërskool
OSSEWA is ’n komiese sprokie vol avontuur, chaos, skerp humor en ’n tikkie towerkrag. Wanneer Dorothea en haar hond, BlafBlaf, deur ’n storm ver van die huis af weggewaai word, beland hulle in ’n vreemde wêreld waar niks heeltemal is soos dit lyk nie.
Op hul reis ontmoet hulle ’n bont groep karakters: Stokstyf, die voëlverskrikker sonder verstand; Skarnier, die geroeste blikman sonder ’n hart; Maanhaar, die leeu sonder moed; en twee hekse wat oor absoluut alles verskil. Saam volg hulle die geheimsinnige geel pad op soek na die legendariese Os, wat glo die antwoord op al hul probleme het.
Maar tussen die lag, misverstande en mal avonture ontdek hulle dalk iets veel groter: dat die antwoorde waarna hulle soek, nog altyd binne hulleself was.
’n Hartroerende komedie oor moed, vriendskap en selfontdekking.
Doulelie: Beth Naomi Cilliers
Swaardlelie: Lizelle Siemens
Stokstyf: Lumé Britz
Skarnier: Annabeth Le Roux
Maanhaar: Pippa Bosch
Blafblaf: Salomé Fourie
Dorothea: Mikayla McMaster
Jakjokjik: Miah Grobbelaar
Os: Lulu Mabula
Dramaturg: Wim Vorster
Regie: Cornél Craven
Kostuumontwerp: Nikki le Grange; Zeldi Odendaal
Grimeringontwerp: Nikki le Grange; Zeldi Odendaal
Stelontwerp en -inkleding: Nikki le Grange; Zeldi Odendaal
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Cornél Craven
Beligtingsontwerp: Cornél Craven
Verhoogbestuurder: Belinda Basson
Beligtingsoperateur: Leigh-Anne Meyer
Klankoperateur: Jacobus van der Walt
Verhooghande: Carla Aucamp; Janné Beukes
Die Hoërskool Menlopark
In die mededingende wêreld van ’n musiekkompetisie speel ’n intense broer-en-suster-stryd af tussen die gedrewe "golden boy" Theuns en sy rigiede suster Thalita, wat elkeen hul eie span na die oorwinning probeer lei. Terwyl Theuns ’n glansryke skynsel van sukses handhaaf om sy diepste onsekerhede te verberg, probeer Thalita aanvanklik alles rigied beheer. Die spanning bereik egter breekpunt wanneer persoonlike foute, manipulasies en die chaos van die kompetisie bots, wat albei dwing om hul maskers te laat val. Te midde van die intense groepsdinamiek word hul soeke na sukses ’n spieël van tiener-onsekerheid en die vraag: lê ware erkenning in die perfekte vertoning, of in die rou eerlikheid van jou eie stem?
Gabriella: Monja du Plooy
Anita: Shimei Visser
Talitha: Milan Visser
Annie: Liane de Bruin
Lisa: Lana Swanepoel
Riekie: Kayden Venter
Theuns: Christiaan de Jager
Arnu: Carl Radley
Neels: Stehan Serfontein
Zoya: Nina Du Plessis
Dramaturg: Johann Smith
Regie: Roché van Blerk
Kostuumontwerp: Roché van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Roché van Blerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Tiaan Meiring
Beligtingsontwerp: Marelé Coetzee
Verhoogbestuurder: Yva van Staden
Beligtingsoperateur: Marelé Coetzee
Klankoperateur: Tiaan Meiring
Hoërskool Zwartkop
By haar eerste oorslaap ooit hoop ’n 17-jarige net om ’n aand van skinder, romanse en vriendskap te oorleef, maar wanneer ’n spook opdaag met ’n missie om drie chaotiese liefdeslewens reg te maak, verander die oorslaap in ’n bonatuurlike nag van geheime, eerlikheid en ongevraagde verhoudingsterapie.
Spook: Karli Roos
Danielle: Klara Kotze
Eloise: Holly Retief
Caylin: Sume Smit
Dramaturg: Leila Roos, Eben Cloete
Regie: Leila Roos, Eben Cloete
Kostuumontwerp: Leila Roos
Stelontwerp en -inkleding: Leila Roos, Eben Cloete
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Elmi van der Dussen
Beligtingsontwerp: Franco Bogaard
Verhoogbestuurder: Juane Prinsloo
Beligtingsoperateur: Franco Bogaard
Klankoperateur: Elmi van der Dussen
Hoërskool Brandwag
In 'n klein dorpie beland ses vreemdelinge in die greep van die Ringmeester en sy helpende hand, Egor. 'n Broeiende storm van onheil op die horison is die minste van hierdie hotelgaste se probleme. Want hierdie Ringmeester is opsoek na sy eie sirkus en daarvoor sal die poppe ongelukkig moet dans. Dan eers is dit Salig in Soedom!
Ringmeester: Declin Evans
Egor: Jaden Pienaar
Karen: Emma-Rae' Rieger
Penelope (Pen): Sane' Cilliers
Dricus: Christopher Broodryk
Duif: Phanus Olivier
Tortel: Mia Ras
Demi: Janae Smith
Dramaturg: Wian Bekker, Twane' Diedericks
Regie: Wian Bekker, Twane' Diedericks
Kostuumontwerp: Johanne' van Niekerk
Stelontwerp en -inkleding: Danika Grobler
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nila du Plessis
Beligtingsontwerp: Naleigh Venter
Verhoogbestuurder: Helena Fourie, Tashelle Strydom(hulp)
Beligtingsoperateur: Naleigh Venter
Klankoperateur: Nila du Plessis
Hoërskool Piet Potgieter
Drie stories in een toneel. Ons weet dat vandag is die probleem van boeliegedrag baie algemeen, maar inplaas van om uit te praat, raak ons soms deel daarvan. Weg is die dae waarmee ons mense spot met brille. Boelie het 'n nuwe vorm, in die formaat van kubus afknouery. Boelie gedrag is ook nie meer net leerders van dieselfde ouderdom nie, maar kan van jou eie gesin af kom. 'n Ongesiende vorm in skole sluit ook in onderwysers wat deur kinders emosioneel gemartel word. Hiermee daag ons uit wat gewoontlik gesien word en die interpretasies daarvan en wys direk die nagevolge van sulke dade.
Nadia: Treasure Olowolafe
Ava: Carmi Schoeman
Christie: Shenique Hulme
Meneer: Michael Jooste
Flirterige skoolmeisie: Shenique Hulme
Vester: Janco vd Merwe
Lize: Shenique Hulme
Chloé: Treasure Olowolafe
Ma: Nicci vd Merwe
Pa: Michael Jooste
Tannie Susan: Carmi Schoeman
Carmi Schoeman, Shenique Hulme, Michael Jooste, Carla Wiese, Janco vd Merwe, Nicci van der Merwe
Dramaturg: Jannes Erasmus
Regie: Ivan Drotsky
Kostuumontwerp: Daneel Marshall & Michelle Buitendag
Stelontwerp en -inkleding: Melandrie Smit, Yolandi Vos
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Chané Du Plooy
Beligtingsontwerp: Chané Du Plooy
Verhoogbestuurder: Onalarena Malatji
Beligtingsoperateur: Rossouw Bell, Joshua Olivier, Welmari Smith, Onalarena Malatji
Klankoperateur: Henco Du Toit
Bethlehem Voortrekker Hoërskool
SKAAKMAT neem jou na ’n wêreld waar die spel skielik stil raak. Op ’n lewensgrootte skaakbord staan vyf stukke vasgevang op hul vierkante, wagtend vir ’n volgende skuif wat nooit kom nie. Maar hoe lank kan ’n mens wag voordat stilte begin verander in twyfel?
Wanneer vrae oor mag, reëls en verantwoordelikheid begin opvlam, verander ’n gewone raadsvergadering in iets veel groter. Die Koningin wil beheer behou, die Ridder begin gevaarlike vrae vra, die Koning probeer orde handhaaf, en ’n eenvoudige Pion begin wonder of wag ooit die antwoord was.
Met skerp humor, slim woordspel en verrassend eerlike oomblikke ondersoek SKAAKMAT wat gebeur wanneer iemand uiteindelik besluit om die eerste skuif te maak.
’n Komiese maar treffende produksie oor moed, keuses, identiteit en die risiko om vorentoe te beweeg.
Koning: Pieter Paiva
Koningin: Rosemary Möller
Ridder: Chloë van der Schyf
Biskop: Juané van Rensburg
Pion: Deané Anderson
Dramaturg: Cornél Craven
Regie: Cornél Craven
Kostuumontwerp: Nikki le Grange; Zeldi Odendaal
Grimering: Nikki le Grange; Zeldi Odendaal
Stelontwerp en -inkleding: Nikki le Grange; Zeldi Odendaal
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Cornél Craven
Beligtingsontwerp: Cornél Craven
Verhoogbestuurder: Belinda Basson
Beligtingsoperateur: Leigh-Anne Meyer
Klankoperateur: Jacobus van der Walt
Verhooghande: Carla Aucamp; Janné Beukes
Hoërskool Brandwag
Deone' se kop is in die wolke. Haar gesin, versplinterde sterre, ligjare uit mekaar. Elkeen in hul eie wêreld. Is die las van haar pligte te swaar of is dit swaartekrag? Deoné weet ongelukkig veels te goed hoe sterre stof word en stilte laat waar kinders eens vrolik was.
Deone': Tilana Tromp
Jonger Deone': Leane' van Tonder
Odette: Ciara Deale
Reinhart: Walt Murphy
Heinrich: Rohandre' Lourens
Kara: Mieke Naude
Sosiale werker: Elmarie Rossouw
Dramaturg: Kathleen Mendes
Regie: Kathleen Mendes
Kostuumontwerp: Kylee Botha
Stelontwerp en -inkleding: Divan Harmse
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jared Bosman
Beligtingsontwerp: Diane' Myburgh
Verhoogbestuurder: Chante' Coetzee, Zane' Steyl (hulp)
Beligtingsoperateur: Diane' Myburgh
Klankoperateur: Jared Bosman
Hoerskool Bastion
Wanneer twee tieners van die huis af wegvlug op soek na veiligheid en ’n nuwe begin, beland hulle in ’n vervalle skuilplek waar hulle vir Jess ontmoet — ’n geharde straatmeisie wat lankal geleer het dat oorlewing belangriker is as vertroue.
Wat begin as een nag van skuiling verander vinnig in ’n gevaarlike stryd tussen vriendskap, trauma, geweld en identiteit. Soos geheime uit die verlede begin oopbreek, word die grens tussen beskerming en vernietiging al hoe dunner.
TEKKIES is ’n rou, intense straatdrama wat vra:
Hoe ver sal jy gaan om iemand wat jy liefhet te beskerm… en wat gebeur wanneer die monsters van jou verlede jou uiteindelik inhaal?
Tekkies: Raheem Berning
Jess: Shilo Sale
Elri: Adeleigh Barnard
Dramaturg: Mariki de Villiers-Knop
Regie: Louis Viljoen, S Perry
Kostuumontwerp: Louis Viljoen
Stelontwerp en -inkleding: Louis Viljoen, S Perry
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Louis Viljoen
Beligtingsontwerp: Louis Viljoen
Verhoogbestuurder: Kara Van Eeden
Beligtingsoperateur: Leone Van Eeden
Klankoperateur: Divan Van Heerden
Improv Studios
Sy gee nie ’n *** om wat jy van haar dink nie. Hy gee dalk weer bietjie te veel om. Van kindsbeen tot die hormonale chaos van tienerskap probeer twee uiteenlopende kinders uitpluis: wie op aarde is ek? Tussen gekrapte skoolbanke, die stof van die rugbyveld en die bordkryt-paleise op die sypaadjie word hul verbeeldingsvlugte ’n oorlewingsmeganisme teen die lewe se druk en tuisgemaakte dramas. Die stuk is ’n eerlike kykie na die universele soeke na self - en hoe die mense wat ons "sien" (of miskyk), ons identiteit inkleur. Want om jouself te vind is moeilik genoeg sonder dat die skoolklok of jou pa se verwagtings gedurig in die pad staan!
Marietjie: Zia van Wyk
Daan: Luhan de Jager
Dramaturg: Inamari
Regie: Inamari, Mariza Claassen, Corni Maré
Kostuumontwerp: Inamari, Mariza Claassen, Corni Maré
Stelontwerp en -inkleding: Inamari, Mariza Claassen, Corni Maré
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Inamari
Beligtingsontwerp: Mariza Claassen
Multimediaontwerp: Inamari
Verhoogbestuurder: Paul van Roon
Beligtingsoperateur: Leani van den Heever
Klankoperateur: Lucas van der Merwe
Multimediaoperateur: Paul van Roon
Midstream College
Die toneelspel volg vir Rina van Rensburg en Andria Steenkamp soos hulle van die klein dorpie waarin hulle groot geword het, probeer ontsnap na aanleiding van Rina se oom se moord wat soos ń donker wolk bo hulle koppe hang."
Rina van Rensburg: Isabel Krüger
Andria Steenkamp: Lené Liebenberg
Dramaturg: Lin-Mari Rudolph
Regie: Lin-Mari Rudolph
Kostuumontwerp: Alika van der Merwe
Stelontwerp en -inkleding: Alika van der Merwe, Lin-Mari Rudolph
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ruben Badenhorst
Beligtingsontwerp: Joshua McKay, Lin-Mari Rudolph
Multimediaontwerp: Alika van der Merwe
Verhoogbestuurder: Anika Alberts
Beligtingsoperateur: Joshua McKay en Dean Brummer.
Klankoperateur: Ruben Badenhorst
Multimediaoperateur: Alika van der Merwe
Die streeksfees word gementor en beoordeel deur uitgesoekte professionele akteurs, akademici en teatermakers wat gereedstaan om die jong talent te ontdek, te erken en om tydens mentorsessies aan hul werk te skaaf.
Die Gauteng-streeksfees 4 word beoordeel en gementor deur Hannah Borthwick en Kanya Viljoen.

Hannah

Kanya
Die topproduksies van die streek dring deur na die spog streeksfeesfinaal op 29 Augustus om 16:30 wat afsluit met ‘n prysuitdelingseremonie wat die kategoriewenners van die week bekroon.
Alle produksies word inaggeneem vir hierdie toekennings.
Hierdie finaliste word op Vrydag-aand om 22:00 op die ATKV se sosiale-media-platforms bekendgemaak.
Die streeksfeesfinaal word beoordeel en gementor deur Karli Heine en Bertha le Roux-Wahl.

Karli

Bertha
Die uitslae haal binnekort hier asem. Besoek gerus weer ná afloop van die streeksfees.