ATKV-TIENERTONEEL
Waar stories asem kry en talent die toekoms vorm.
Hoërskool Delmas
Na Kira se aanneming moet sy leer hoe om aan te pas en in te pas. Sy is anders as haar maats. Sy leer anders, dink anders, doen anders. Dan doen sy iets onverwags. Kira se keuse het gevolge maar die las van verantwoordelikheid kan nie met nulle en ene bepaal word nie.
Kira Botes: Naledi Maloka
Chantel Zwane: Ntsiki Dube
Voorsitter: Hanno Visser
Vanessa Richards: Monique Potgieter
Ma Botes: MJ Thompson
Pa Botes: Ruben Viljoen
Adjunkhoof / Ensemble: Fina Quive
Juffrou Ndlovu / Ensemble: Nadia Dube
Ondersoekbeampte / Ensemble: Nikita Le Roux
Dissiplinêre beampte / Ensemble: Owethu Makofane
Sekretaresse / Ensemble: Melissa Smith
BL-Lid Ouers / Ensemble: Suanda van Biljon
BL-Lid Personeel / Ensemble: Boitshepo Mohubedu
Mevrou Richards / Ensemble: Rohané Wolmarans
Mevrou Zwane / Ensemble: Nandipha Bhulana
Abby (Tegniese kenner) / Ensemble: Chintwané van Zyl
Dramaturg: Judi Smit, Jana Smit
Regie: Judi Smit, Jana Smit
Kostuumontwerp: Judi Smit, Jana Smit
Stelontwerp en -inkleding: Judi Smit, Jana Smit
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Judi Smit, Jana Smit
Beligtingsontwerp: Judi Smit, Jana Smit
Verhoogbestuurder: Hanno Visser
Beligtingsoperateur: Jana Smit
Klankoperateur: Henrietta Botes
Hoogenhout Hoerskool
Die juffrou is jonk en onervare. Die groep weet dit. Dit is tyd om amok te saai want wie wil nou op `n Vrydag detensie sit. Die leerders besluit om die juffrou `n les te leer. Wat hulle egter nie verwag nie is `n juffrou met `n rebelse streep wat nie op haar laat wag nie. Wie gaan die stryd wen?
Juffrou: Rode Coetser
Kayla: Elbe Wentzel
Zoe: Success Nkosi
Liam: Lian Storm
Mia: Mine Strom
Brandon: Conrad Wolhuter
Jason: Lean van Dyk
Aysha: Shaelyn Coetser
Elize: Janica van der Westhuizen
Dramaturg: Renske van Niekerk
Regie: Renske van Niekerk
Kostuumontwerp: Renske van Niekerk
Stelontwerp en -inkleding: Renske van Niekerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Renske van Niekerk
Beligtingsontwerp: Renske van Niekerk
Multimediaontwerp: Renske van Niekerk
Verhoogbestuurder: Renske van Niekerk
Beligtingsoperateur: Leane le Roux
Klankoperateur: Leane le Roux
Hoërskool Louis Trichardt
Deurskynend volg ’n MIA 'n tiermeisie wat tot stilte gedwing is deur kinder trauma en selftwyfel. Maar wanneer sy aan die slaap raak, word haar droomwêreld lewendig—’n plek vol vreemde toetse, wilde uitdagings en karakters wat haar moed beproef. Elke avontuur dwing haar om haar vrese in die oë te kyk, totdat sy uiteindelik die krag ontdek om haar stem terug te neem.
Ilusiana: Kendra Horner
Bewaker: Catherine van Heerden
Mia: Emma Logie
Seremonie Monster: Immanuel Diko
Boekhouer: Carli Hattingh
Interwebs: Caleb Horner
Depressie: Joshua Diko
Vrees: Alexander von Rauenstein
Metilda Grootes: Stacy van Niekerk
Gedagtes: Elizabeth Viviers, Stacey van Niekerk, Angel
Dramaturg: Mari Michael
Regie: Mari Michael
Kostuumontwerp: Mari Michael, Helen van Heerden
Stelontwerp en -inkleding: Mari Michael, Helen van Heerden
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Mari Michael
Beligtingsontwerp: Mari Michael
Verhoogbestuurder: Carla Esterhuisen
Beligtingsoperateur: Mari Michael
Klankoperateur: Phathutshedzo Maganya
Hoërskool Carletonville
Die tonneelstuk handel oor Emily, ’n jong meisie wat verlief raak op Tobie, ’n gewone seun wat haar op ’n Vrydagaand besoek het. Nadat sy ’n swangerskapstoets gedoen het, glo Emily dat sy swanger is en skryf sy ’n brief aan Tobie om hom daarvan in kennis te stel. Omdat Tobie finansieel onstabiel is en bekommerd is oor die toekoms, besluit hy om saam met sy vriend Mary by ’n huis in te breek sodat hy vir die baba kan sorg. Ironies genoeg is die huis waarin hulle inbreek Emily en haar familie s’n, insluitend haar ma, Berta, en haar ouma. Tydens die inbraak kom die waarheid aan die lig, wat ’n dramatiese en humoristiese klimaks veroorsaak. Aan die einde word Ouma belowe dat sy later op Facebook ‘n “invite” sal kry by Mary. Tobie se liefde vir Emily word gesimboliseer deur die kaktus wat hy vir haar gee.
Emily Koekemoer (ou-sus): Justene Lessing
Tobie (skelm 1): Dyllan Maritz
Mary (skelm 2): Marydene Williams
Ouma: Anika Theron
Berta Koekemoer (ma): Deoné Greeff
Charlize Koekemoer (klien-sussie): Sonica Laubscher
Fadie (pa): Martin Botes
Dramaturg: Divan Laing
Regie: Annica Roetz
Kostuumontwerp: Annica Roetz
Stelontwerp en -inkleding: Annica Roetz
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Catherine O'Riley
Beligtingsontwerp: Catherine O'Riley
Verhoogbestuurder: Catherine O'Riley
Beligtingsoperateur: Catherine O'Riley
Klankoperateur: Marizaan du Plessis, Catherine O'Riley
Hoërskool Wilgerivier
Die dramastuk handel oor 'n groep skoolkinders wat na skool by 'n naskoolsentrum tyd saam deurbring. Die drama fokus op die uitdagings, vriendskappe, konflik en humor wat tussen die kinders ontstaan. Deur hul verskillende persoonlikhede en probleme word temas soos respek, verantwoordelikheid, groepsdruk en samewerking uitgebeeld. Die verhaal wys hoe die kinders uit hul foute leer en uiteindelik beter begrip vir mekaar ontwikkel. Die drama eindig met 'n belangrike les dat elke mens verantwoordelik is vir sy of haar keuses en dat verkeerde besluite ernstige gevolge kan hê.
Ria (Ruan) Lategan: Anje Roets
Jacomien (Jacobus) Pieterse: Desiré Roodt
Wynand Hoogendyk: Hercu van Vuuren
Rynanrd Nel: Reinard Roodt
Ewald van Vuuren: LJ Erasmus
Toneel 1: Wynand, Rynhard, Jacomien: Hercu van Vuuren, Reinhard Roodt, Desiré Roodt
Toneel 2: Jacomien, Rynard, Ewald, Wynand: Desiré Roodt, Reinhard Roodt, LJ Erasmus, Hercu van Vuuren
Toneel 2: Jacomien, Rynard, Ria, Wynand: Desiré Roodt, Reinhard Roodt, Anje Roets, Hercu van Vuuren
Hele dramastuk: Rynard, Wynand: Reinhard Roodt, Hercu van Vuuren
Dramaturg: Piet Matipa
Regie: Erick Lourens
Kostuumontwerp: Liesl van Coller
Stelontwerp en -inkleding: Liesl van Coller
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ian Odendaal
Beligtingsontwerp: Hardus Wessels
Multimediaontwerp: Jo-Lize Fourie
Verhoogbestuurder: Zelneri Tredoux
Beligtingsoperateur: Hardus Wessels
Klankoperateur: Ian Odendaal
Multimediaoperateur: Jo-Lize Fourie
Hoërskool Stella
Hellen “runs a failing show”. Die show se naam is “die SJOW”. Die show het nog net een uitsending oor voor dit bankrot is en finaal toemaak. Hellen probeer alles in haar mag om dit ‘n sukses te maak, maar niks werk saaam nie. Die toneel handel oor die laaste showrun of kleedrepetisie. Daar is 4 deelnemers wat aan die gameshow deelneem om ‘n GROOT prys te wen. Niemand weet wat dit is wat hulle wen nie. Aan die einde val die hele show uitmekaar.
Hellen: Beané du Plessis
Karen: Rozel Scholtz
Sirih: Wandri Raath
Faan: Condré Scholtz
Vivian: Aretha Kriel
Ken: WD Brink
Nina: Alexis-Rose Vorster
Kameraman (vrou): Ilanke van Ronge
Mike man (vrou): Elmi Marais
Dramaturg: Estiaan Vorster
Regie: Elmarie Scholtz, Johan Dippenaar, Estiaan Vorster
Kostuumontwerp: Elmarie Scholtz, Maryna Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Estiaan Vorster, Maryna Pretorius
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Estiaan Vorster, Maryna Pretorius
Beligtingsontwerp: Estiaan Vorster
Verhoogbestuurder: Telize Vermeulen
Beligtingsoperateur: Tesjané Griessel
Klankoperateur: Ansuné Cloete
Helpmekaar Kollege
Isla werk nou al drie jaar in die Argief. Haar 'one-and-only job’? Brand boeke, en enige iets wat in die blaaie wegkruip- van intellek tot protagoniste en nou en dan ‘n ‘plot twist’. 'n Boek is 'n banneling. 'n Dromer is 'n doodsvonnis. 'n Storie is sonde. Maar in geheim waag Isla om die skrifsee te seil en die wolke te klim met die hoop dat sy 'n paar skrywers weer 'n hartklop sal gee. Het Isla die antwoord gekry in ‘n boek wat op ‘n tyd klaarblyklik in elke huis was? ‘n Storie oor ‘n ontsnapping. ‘n Storie oor iemand wat ‘n pad sien waar daar nie een was nie. Isla kyk om haar, en die waters is gekloof…
Isla: Kiley Kukard
Hester: Danica du Plessis
Ryn: Edward Harding
Liora: Leané Wilson
Dramaturg: Anoniem
Regie: Lambré Krause, Klarissa van der Merwe (Hulp)
Kostuumontwerp: Lambré Krause
Stelontwerp en -inkleding: Lambré Krause
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lambré Krause
Beligtingsontwerp: Karlie Nel
Verhoogbestuurder: Jané Slabbert, Jordan Leibowitz (Hulp), Rosa Brand (Hulp)
Beligtingsoperateur: Karlie Nel
Klankoperateur: Johard Venter
Hoërskool Kempton Park
In 'n wereld waarin ons elkeen met ons eie insecurities, lae selfbeeld, vrese en onsekerheid sit, is ons beste wapen - ontvlugting
Andy: Annichke Groenewald
Rodney: Jurgens van Niewenhuizen
Olga: Amy-Leigh Lewis
Otto: Ruben J. Kleynhans
Natanya: Layla van der Westhuizen
Understudy/ Kamee: Jaco Venter
Understudy/ Kamee: Sumarie Kleynhans
Verhooghulp: Simone de Bruin, Luka Pederson, Sherice Potgieter
Verhooghulp: Dione Potgieter, Junior Letsnalo,Amelia Swanepoel
Dramaturg: Johann Smith
Regie: Nicole Viljoen
Kostuumontwerp: Nikka Creations
Stelontwerp en -inkleding: Wendy van Blerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Zanri Nortier
Beligtingsontwerp: Nicole Viljoen
Verhoogbestuurder: Leane Els
Beligtingsoperateur: Lezaan Grobler
Klankoperateur: Zanri Nortier
Hoërskool Noordheuwel
Bewaar ons van die woud, bewaar ons van die waarheid, bewaar ons van onsself.
Alma: Karah Pieters
Ilke: Amoray Claassens
Ingebord: Anika Luus
Clara: Emma Knop
Eldegard: Dunay Nel
Gertrud: Mila Potgieter
Adelheid: Kaylee Posthumus
Senta: Lani Coetzer
Dramaturg: Robert Kruger
Regie: Robert Kruger, Aileen Steenkamp
Kostuumontwerp: Kida Pienaar
Stelontwerp en -inkleding: Robert Kruger
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Robert Kruger
Beligtingsontwerp: Robert Kruger
Verhoogbestuurder: Lume Smit
Beligtingsoperateur: Cyara Joubert
Klankoperateur: Miane Jordaan
Tegniese Assistent: Caileigh Joubert
Gereformeerde Skool Dirk Postma
“Hoe Lyk ’n Engel” is ’n aangrypende drama oor die moeilike verhouding tussen ’n ma, Lana, en haar dogter, Karla. Hulle vlug voortdurend van dorp tot dorp uit vrees dat Karla se pa haar ook sal wegneem, soos hy reeds haar broer geneem het. Die verhaal ondersoek temas soos verlies, skuld, vergifnis en oorlewing. Lana worstel met trauma uit die verlede, terwyl Karla probeer om haar ma te verstaan en hul gebroke verhouding te herstel. In elke nuwe dorp probeer Karla aanpas by ’n nuwe skool en ’n normale lewe lei, maar die afwesigheid van haar pa en die spanning tussen haar en Lana het ’n impak op haar emosies. Die situasie raak nog moeiliker wanneer Karla uitvind dat haar ma terminaal siek is en dit lank geheim gehou het. Simbole soos die leer en die kratte beklemtoon hul voortdurende soeke na hoop, veiligheid en ’n nuwe begin.
Karla, dogter: Alisha Drijfhout
Lana, ma: Danika Venter
Wessel, vriend: Rudy van Rooyen
Juffrou Joubert, onderwyser: Anli Kruger
Dominee: Jandré van Rooyen
Leerder 1: Liané Verhoef
Werkers by vervoermaatskappy: Imarie Linde, Anli Kruger, Annaliz Fouche, Anna Bester, Leané Verhoef, Jandré van Rooyen
Leerlinge in klas en skool: Imarie Linde, Anli Kruger, Annaliz Fouche, Anna Bester, Leané Verhoef, Jandré van Rooyen
Dokter, verpleegster: Imarie Linde, Annaliz Fouché
Lykbesorgers: Imarie Linde, Anli Kruger, Annaliz Fouche, Anna Bester, Leané Verhoef, Jandré van Rooyen
Dekor verskuiwers: Imarie Linde, Anli Kruger, Annaliz Fouche, Anna Bester, Leané Verhoef, Jandré van Rooyen
Dramaturg: Duandré Vorster
Regie: Isabel Vogel, Alisha Drijfhout, Danika Venter
Kostuumontwerp: Danika Venter, Alisha Drijfhout
Stelontwerp en -inkleding: Isabel Vogel
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Suzilna Wepener, Anna Bester, Henro vd Linden
Beligtingsontwerp: Henro vd Linden
Multimediaontwerp: Anna Bester
Verhoogbestuurder: Aiden Oberholzer, Anna Bester
Beligtingsoperateur: Henro vd Linden
Klankoperateur: Henro vd Linden
Multimediaoperateur: Henro vd Linden
Hoër Volkskool Potchefstroom
'n Veelsydige tweeling se verhouding word regressief beïnvloed deur afhanklikheid en 'n derde party. Op die ou end kan die volgende vraag gevra word; waarin lê jou identiteit?
Hykie: Juhan Nortje
Rykie: Tessa van der Merwe
Chady: Le-anche van den Berg
Dramaturg: Franciska van der Merwe, Cobus Crowther, Petroné Crowther
Regie: Petroné Crowther, Cobus Crowther
Kostuumontwerp: Petroné Crowther, Cobus Crowther
Stelontwerp en -inkleding: Mickey van Winkel, Daniëlle van Winkel
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Petroné Crowther, Cobus Crowther
Beligtingsontwerp: Rico Strydom, Cobus Crowther
Verhoogbestuurder: Daniëlle van Winkel
Beligtingsoperateur: Rico Strydom
Klankoperateur: Cobus Crowther
Hoërskool Nelspruit
Dr. Vos, ’n veearts, en haar man skei ná hy uit die kas klim en nou die helfte van haar besigheid eis. Hulle word gedwing om vanuit een perseel twee botsende besighede te bestuur: ’n veeartspraktyk en ’n tuisnywerheid. Met dubbeldoelige dekor, deurmekaar kliënte en ’n assistent wat konstant tussen rolle moet wissel, ontstaan chaos en groot vermaak terwyl almal probeer kop hou.
Rugby Afrigter: Xander Immelman
Paul: Herman van Staden
Basil: Zack Stander
Dr Vos: Elryn Fourie
Barry: CT Scheepers
Mariechen: Chalyssa Nel
Charné: Linné Lorist
Kliënte/ inspektrise/ Madam Kiara ens.: Leilah du Plessis
Regie: Rona van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Raiel Frisch, Xander van der Merwe en Steffan Herselman
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Wian Botha
Verhoogbestuurder: Xander van der Merwe, Lilieke Potgieter
Beligtingsoperateur: Raiel Frisch
Klankoperateur: Wian Botha
Verhooghulp: Andile Ndlangamandla, Larey Calvert, Aliante Strauss, Miané Van Niekerk, Nothando Mkhonza (Rekwisiete) Xander van der Merwe, Raiel Frisch, Steffan Herselman, Matt Steinbrucker, James Taljaard, Jacques Kritzinger, Altus Erasmus en Matthys Ferreira (Dekor)
Die Hoërskool Ben Vorster
Ses hoërskoolmeisies skuil tydens pouse in die skoolbadkamer—die een plek waar die perfekte maskers van sosiale media begin afglip. Terwyl vyf van hulle obsessief op hul aanlyn-reputasie fokus, neem die stil Kaira alles rustig waar.
Wanneer ’n geheimsinnige video skielik in die graadgroep versprei word, verander die badkamer in ’n slagveld van beskuldigings, verraad en paniek. Een vir een word die meisies gedwing om hul verskuilde wonde en maskers bloot te lê. Kryt en Lipstiffie is ’n rou, relevante verhaal oor identiteit, groepsdruk en die gevaar daarvan om mense as blote “inhoud” te beskou.
Kaira: Anchei Louw
Jayde: Sonika Steyn
Alissa: Amorieke Moolman
Janel: Imanje Nel
Demi: Hanri Louw
Milandri: Arnei Louw
Die toneel begin met vyf meisies wat gelyktydig hul TikTok-lives uitvoer, terwyl Kaira geïsoleerd in die badkamerhokkie sit en hul woorde agter haar rug hoor.: Sonika Steyn, Amorike Moolman, Hanri Louw, Imanje Nel, Arnei Louw
Al 5 die meisies wat gelyk wil sien wat op die badkamerdeur staan: Sonika Steyn, Amorike Moolman, Hanri Louw, Imanje Nel, Arnei Louw
Dramaturg: Lize Malan
Regie: Lize Malan
Kostuumontwerp: Anri Louw
Stelontwerp en -inkleding: Lize Malan, Anri Louw
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Luke Beith
Beligtingsontwerp: Luke Beith, Kegomoditswe Malatji
Verhoogbestuurder: Victoria Mathebula
Beligtingsoperateur: Luke Beith, Kegomoditswe Malatji
Klankoperateur: Luke Beith
Hoogenhout Hoerskool
Johan se kinderlewe is deur geld beheer. Sy hele geskiedenis herskryf sonder sy mede wete. Nou 20 jaar later besluit hy om self die bul by die horings te pak. Hy maak keuses wat gevolge het. Hy raak betrokke in gewaagde situasies. Hy toets sy eie ondersoekende persoonliheid tot op die grens. Gaan hy hou van dit wat hy ontdek?
Divaldo Venter: Johan
Rode Coetser: Dokter
Ilana van der Linde: Verpleegster
Dramaturg: Renske van Niekerk
Regie: Renske van Niekerk
Kostuumontwerp: Renske van Niekerk
Stelontwerp en -inkleding: Renske van Niekerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Renske van Niekerk
Beligtingsontwerp: Renske van Niekerk
Multimediaontwerp: Divaldo Venter & Renske van Niekerk
Verhoogbestuurder: Renske van Niekerk
Beligtingsoperateur: Leane le Roux
Klankoperateur: Leane le Roux
Multimediaoperateur: Leane le Roux
Hoërskool Nelspruit
Hoërskool Pofadder hou die finale kleedrepetisie van hul eerste toneelaand se
produksie: die moderne weergawe van Aspoestertjie. Die kleedrepetisie is
absolute chaos en baie onprofessioneel. Elke karakter dra by tot die
onprofessionaliteit en niemand is waar hul werklik moet wees nie – tot groot
frustrasie van die Skrywer en Regisseur? Gaan hul hierdie produksie in een stuk
op die planke kan bring? Ko mons vind uit (en lag baie tussenin.)
Stage Manager: Boipelo Diphoko
Skrywer: Luke Groenewald
Regisseur: Anika van Staden
Stiefsussie 1: Karla Mallo
Stiefsussie 2: Miné die Bruin
Prins: Salomon Joubert
Goeie Feë: Neethling George
Klankman: Loumar Labuschagne
Ligte-man: Leendert de Bruin
Dewald: Janco de Bruyn
Stiefma: Anica Ralinson
Prompter: Inge van Biljon
Aspoestertjie: Ingrid du Toit
Dramaturg: Rona van Blerk
Regie: Rona van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Raiel Frisch, Xander van der Merwe en Steffan Herselman
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Wian Botha
Verhoogbestuurder: Xander van der Merwe, Lilieke Potgieter
Beligtingsoperateur: Raiel Frisch
Klankoperateur: Wian Botha
Verhooghulp: Andile Ndlangamandla, Larey Calvert, Aliante Strauss, Miané Van Niekerk, Nothando Mkhonza (Rekwisiete) Xander van der Merwe, Raiel Frisch, Steffan Herselman, Matt Steinbrucker, James Taljaard, Jacques Kritzinger, Altus Erasmus en Matthys Ferreira (Dekor)
Hoërskool Sasolburg
Siembamba is ’n donker, psigologiese drama oor ’n man wat gekonfronteer word met die gebroke herinneringe van sy kinderdae - en die monster wat hy self geword het. Wanneer stilte, skuld en wraak bots, bly net een vraag oor: wat gebeur wanneer die engele nooit opdaag nie?
Niek: Alwyn van Heerden
Linda: Abbigail Fourie
Sielkundige: Caylee Cockeran
Ma: Mart-Marie Neethling
Ander Niek: Eduardt Pieterse
Verpleër: Daylan Cox
Dramaturg: Eleanor Lombard, Verwerk deur Metscke Bester
Regie: Metscke Bester
Kostuumontwerp: Lesedi Mongale, Thato Sebolai
Stelontwerp en -inkleding: Danielle Roodt
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nicole Kruger
Beligtingsontwerp: Duncan Birkenstock
Verhoogbestuurder: Danielle Roodt
Beligtingsoperateur: Duncan Birkenstock
Klankoperateur: Nicole Kruger
Hoërskool Ellisras
Skaduwee is 'n metafoor vir die vrese en angs wat ons vir ander wegsteek - die donker dele van onsself wat ons oral agtervolg. Hoe meer ons vlug, hoe minder kom ons weg. Hoop, Skaduwee se antagonis, bring egter lig in die donkerte en inspireer ons om onsself van hierdie vrese los te maak, sodat ons waarlik vry kan leef.
Skaduwees: Martin Strauch
Hoop (danseres): Christin Dorfling
Hoop (stem): Milante Snyders
Engelse onderwyseres: Angela Mukwevho
Abigail: Janessa Mckenzie
Jenna: Anuschka Swanepoel
Liewana: Marinel vd Walt
Charleze: Janessa Mckenzie
Bianca: Angela Mukwevho
Lebo: Marinel vd Walt
Monica: Anuschka Swanepoel
Meisie: Janessa Mckenzie
Onderwyseres: Anuschka Swanepoel
Anelda: Marinel vd Walt
Mia: Anuschka Swanepoel
Johan: Marinel vd Walt
Ma: Janessa Mckenzie
Clarissa: Anuschka Swanepoel
Tannie: Kiannah Joubert
Ma (Anna): Anuschka Swanepoel
Lea: Janessa Mckenzie
Pa: Marinel vd Walt
Verhoogbestuurder: Adricia Barnard
Beligtingsontwerp: Lizeanne Trichardt
Beligtingsoperateur: Martin van Jaarsveld
Klankontwerp: Lizeanne Trichardt
Klankoperateur: Henru Geyser
Kostuumontwerp: Toneel groep
Dekor: Lizeanne Trichardt, Christin Dorfling
Grimering: Toneelgroep
Verhooghulp: Kiannah Joubert
Hoër Volkskool Potchefstroom
Na die afsterwe van sy ma, trek Regardt terug en sonder homself af in 'n ou ligtoring. Sy vriende, Franco en Nina, probeer hom ondersteun, maar iets is fout. Regardt raak verlore in 'n fantasiewêreld van seerowers, konings en "skatte" wat hy onder sy bed bewaar. Die lyn tussen drome en die werklikheid vervaag soos hy al hoe meer oortuig word dat sy fantasieë die waarheid is.
Regardt: Hugo van der Merwe
Nina: Riley Ortmann
Franco: Eduard Viljoen
Ma: Miandi Vilas
Dramaturg: Hanno van Zyl
Regie: Hanno van Zyl, Mada Oosthuizen
Kostuumontwerp: Mada Oosthuizen
Stelontwerp en -inkleding: Hanno van Zyl, Eduard Viljoen
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Elné Venter
Beligtingsontwerp: Rico Strydom
Verhoogbestuurder: Dian Swart
Beligtingsoperateur: Rico Strydom
Klankoperateur: Elné Venter
Die Hoërskool Ben Vorster
Skeerroom & Skrapnel is ’n intense, minimalistiese historiese drama gebaseer op die ware, aangrypende gyselaarsdrama in die Charlie-hospitaalvleuel van die Zonderwater-gevangenis.
Wat aanvanklik soos ’n roetine-inspeksie deur Adjunkhoof Allice Coetzee lyk, ontaard vinnig in ’n krisis wanneer drie gevangenes ’n gewapende ontsnappingspoging loods. Vasgekeer in die hospitaalafdeling, terwyl die tronkalarms loei en die Taakmag toeslaan, begin die mure simbolies en fisies om die karakters toetrek.
In hierdie kloustrofobiese magstryd ontbloot Coetzee ’n dieper netwerk van korrupsie en verraad onder kollegas.
Alice Coetzee: Hanri Louw
Denise Strydom: Cloë Niemann
Camille Senekal: Arnei Louw
Emmy Bester: Cloë Gouws
Suster Maggie Naude: Sonika Steyn
Suster Maggie en Denise agter die gordy. Camille luister hulle gesprek af. En Emmy besig om te mop.: Sonika Steyn, Chloë Niemann, Arnei Louw, Chloe Gouws.
Coetzee word op die verhoog gestamp.Denise hardloop na die interkom, Camille dreig met die brandspiritus: Hanri Louw, Chloe Niemann, Arnei Louw
Emmy kom met die selfoon uit, die foon word op speakerphone gesit word, en al 5 reageer op die eksterne onsigbare karakter: Hanri Louw, Chloe Niemann, Arnei Louw, Chloe Gouws en Sonika Steyn
Coetzee wat haar bene uitskop om Denise te laat val: Hanri Louwm Arnei Louw
Dramaturg: Lize Malan
Regie: Lize Malan
Kostuumontwerp: Anri Louw
Stelontwerp en -inkleding: Lize Malan, Anri Louw
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Luke Beith
Beligtingsontwerp: Luke Beith, Revilwe Maponya
Verhoogbestuurder: Anchei Louw
Beligtingsoperateur: Luke Beith, Revilwe Maponya
Klankoperateur: Luke Beith
Hoërskool Eldoraigne
Verpleegster 1: Nicole Froneman
Verpleegster 2: Talia Reyneke
Pasiënt: Mia Mostert
Dramaturg: Nicole Froneman, Mia Mostert, Talia Reyneke
Regie: Nicole Froneman, Mia Mostert, Talia Reyneke
Kostuumontwerp: Nicole Froneman, Mia Mostert, Talia Reyneke
Stelontwerp en -inkleding: Nicole Froneman, Mia Mostert, Talia Reyneke
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nicole Froneman
Beligtingsontwerp: Nienke Maritz
Verhoogbestuurder: Else-Mari Meades
Beligtingsoperateur: Nienke Maritz
Klankoperateur: Mia-Li Rankin
Hoërskool Noordheuwel
Stuur My Sterre vertel die verhaal van drie susters (Aliana, Dawa en Nova) wat afstam van magtige ster- en planeetbloedlyne. Nova, die jongste, ontdek dat sy ʼn supernova-kind is en volgens ʼn profesie bestem is om uiteindelik haar menslike vorm te verloor. Terwyl sy voorberei om haar dans te erf, word donker familiegeheime onthul, insluitend mishandeling deur hul pa en die trauma wat elke suster dra. Aliana probeer desperaat om haar susters te beskerm, terwyl Dawa worstel met haar eie pyn en letsels. Nova voel vasgevang tussen haar menslikheid en haar onafwendbare lot.Wanneer sy uiteindelik haar dans uitvoer, offer sy haarself op en word sy een met die sterre. Ná haar dood bly Aliana alleen agter, vasgevang in stilte en verlies, maar steeds verbind aan haar susters se lig.
Aliana Solarus: Animike Potgieter
Nova Solarus: Inge Conradie
Dawa Solarus: Ava Du Prees
Dramaturg: Eckard Lourens
Regie: Eckard Lourens
Kostuumontwerp: Gerhard Van Zyl Bothma
Choreografie: Tebogo Matloga
Stelontwerp en -inkleding: Eckard Lourens
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Eckard Lourens
Beligtingsontwerp: Eckard Lourens
Verhoogbestuurder: Izabella Nawn , (verhooghulp) Zjanté van Tonder
Beligtingsoperateur: Cyara Youbert
Klankoperateur: Riché Jonas
Hoërskool Oosterlig
As tronkmure ore kon hê…
As tronktralies kon huil…
As reg en geregtigheid kon geskied
Big Mama: Zequita Breedt
Queenie: Mia Pitzer
Gevangene 1: Anja Fourie
Gevangene 2: Zancha Eksteen
Gevangene 3: Karabo Motale
Gevangene 4: Jade Laubscher
Gevangene 5: Leané Meyer
Bewaarder: Jaycee Mulder
Regter: Ruben Uys
Staatsaanklaer: Zequita Breedt
Verdediging: Moya Smal
Maya: Leané Meyer
Hofbode: Diego Fowler
Getuie (Buurvrou): Shiloh Oosthuizen
Gewete gedaantes: Danielle Forster, Diego Fowler, Moya Smal, Ruben Uys
Dramaturg: Mauriët Koekemoer
Regie: Mauriët Koekemoer
Kostuumontwerp: Leerders self
Stelontwerp en -inkleding: Dekorspan
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Juan Potgieter
Beligtingsontwerp: Juan Potgieter
Verhoogbestuurder: Maxzell Henning
Beligtingsoperateur: Juan Potgieter
Kollig: Elmarie Loubser
Klankoperateur: Jaedrian Henning
Grimering: Zander Coetzee, Megan van Wyk, Shiloh Oosthuizen
Souffleuse: Chloë Rhoda, Chevonne Forster
Rekwisiete: Shiloh Oosthuizen, Megan van Wyk, Carlisle Smit
Die streeksfees word gementor en beoordeel deur uitgesoekte professionele akteurs, akademici en teatermakers wat gereedstaan om die jong talent te ontdek, te erken en om tydens mentorsessies aan hul werk te skaaf.
Die Gauteng-streeksfees 2 word beoordeel en gementor deur Hannah Borthwick en Bertha le Roux-Wahl.

Hannah

Bertha
Die topproduksies van die streek dring deur na die spog streeksfeesfinaal op 8 Augustus om 16:30 wat afsluit met ‘n prysuitdelingseremonie wat die kategoriewenners van die week bekroon.
Alle produksies word inaggeneem vir hierdie toekennings.
Hierdie finaliste word op Vrydag-aand om 22:00 op die ATKV se sosiale-media-platforms bekendgemaak.
Die streeksfeesfinaal word beoordeel en gementor deur Jacques Bessenger en Rene Cloete.

Jacques

René
Die uitslae haal binnekort hier asem. Besoek gerus weer ná afloop van die streeksfees.