ATKV-Tjokkertoneel
Waar stories asem kry en talent die toekoms vorm.
Laerskool Fairland
In 'n wêreld waar ons altyd verbind is, raak dit soms maklik om die lewe mis te kyk. #Verbind_Asseblief is 'n ligte, humoristiese verhaal oor vriendskap, tegnologie en wat konneksie werklik is.
Dewald: Ronin Maritz
Dani: Lua Nieuwenhuizen
Ma: Caitlyn de Villiers
Luna: Liska van Vuuren
Jayden: Roux Maritz
Nita: Mila de Beer
Zara: Milla Hodgskiss
Lara: Selene Maritz
Oom Piet: Demarco Dekker
Kai: Teague Ievers
Jeandré: Rudolph Nagel
Danielle: Lucy-Ann Coetzee
Dramaturg: Ansuné van Eck
Regie: Annecke Pretorius, Ansuné van Eck
Kostuumontwerp: Ansuné van Eck
Stelontwerp en -inkleding: Ansuné van Eck
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nia Scheepers
Beligtingsontwerp: Annecke Pretorius
Verhoogbestuurder: Rudolph Nagel
Beligtingsoperateur: Annecke Pretorius
Klankoperateur: Nia Scheepers
Laerskool Dr. Havinga
Flikkerende ligte
As die Ink Opdroog is 'n verbeeldingryke avontuur wat die krag van stories en die mense wat dit skep, vier. Wat gebeur met storiekarakters wanneer daar skielik geen nuwe stories meer geskryf word nie? Wanneer die bladsye stil raak en die ink begin opdroog, vertrek 'n groep geliefde karakters op 'n avontuur om die toekoms van hul wêreld te red. Met humor, verrassings, vriendskap en 'n tikkie chaos ontdek hulle dat stories nie altyd is soos hulle dit onthou het nie. Sal hulle betyds antwoorde vind voordat die wêreld tussen die bladsye vir altyd verdwyn?
Strya: Thoriso Rammutle
Verteller: Danidee Potgieter
Karla: Caitlyn Loots
Astrid: Suzette Britz
Mak: Mia Horak
Ker: Tené Rossouw
Juhan Calitz , Janika Gross, Priscilla Osei-Tutu,Zoleka Ngukana
Dramaturg: Khakibos Produksies
Regie: Dané Evans, Tanya van der Schyff, Monique van Rooyen, Leoni van Niekerk
Kostuumontwerp: Dané Evans, Tanya van der Schyff, Leoni van Niekerk
Stelontwerp en -inkleding: Martin Evans, Edgar Evans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Dané Evans
Beligtingsontwerp: Dané Evans
Verhoogbestuurder: Liam Dwayi
Beligtingsoperateur: Shaney Jacobs
Klankoperateur: Divan de Beer
Laerskool Menlopark
In Die Bokskoppe word ’n gewone skooldag skielik op sy kop gedraai wanneer ’n “perfekte masjien” by die skool aankom. Die masjien beloof dat elke leerder “perfek” kan wees – slimmer, mooier en altyd gekonnekteer. Sommige kinders is opgewonde om deel te word van die nuwe tegnologie, terwyl ander, soos Stephan en Megan, nog glo in boeke, vriendskap en rugbybal speel. Die komiese botsing tussen die “bokskoppe” en die kinders wat hul menslikheid wil behou, skep snaakse oomblikke en ’n ligte waarskuwing oor hoe tegnologie ons kan verander. Met karakters soos die angstige Sunelle, die slim Milly en die leier Tina, word die verhaal ’n vrolike satire oor skoollewe, vriendskap en die soeke na aanvaarding. Uiteindelik wys die stuk dat jy nie ’n boks op jou kop nodig het om uniek en waardevol te wees nie – soms is dit juis jou “onperfekte” self wat die wêreld kleurvol maak.
Tina: Adeleen Erasmus
Megan: Carli Koen
Frans: Heinrich Ludik
Lisa: Loïs van Wyk
Milly: Luané de Klerk
Sunel & Mia: Jané Opperman
Juffrou Petro (die skoolhoof): Isabella Strauss
Stephan: Connor Gildenhuys
Chat GPT: Livia Grobler
Akteur: Lily Gildenhuys
Dramaturg: Roché van Blerk
Regie: Roché van Blerk
Kostuumontwerp: Roché van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Roché van Blerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Roché van Blerk
Beligtingsontwerp: Roché van Blerk
Verhoogbestuurder: Amorie Liebenberg
Beligtingsoperateur: Chaze Smith
Klankoperateur: Tiaan Meiring
Laerskool Roodekrans
Dagdromer is ’n fantasie-avontuurproduksie wat die grens tussen drome en realiteit laat vervaag. Wanneer Luna - ’n kreatiewe dagdromer wat sukkel om in te pas - onverwags na die magiese Planeet Fantasarieë geneem word, ontdek sy dat haar drome lewe gekry het. Saam met die dapper Moeriase en vurige Marsian moet sy ’n donker mag keer wat die wêreld van verbeelding wil vernietig. Met humor, avontuur, emosie en indrukwekkende visuele animasie neem Dagdromer die gehoor op ’n reis deur drome, vrese en selfontdekking. Die produksie herinner ons daaraan dat drome nie bedoel is om van die werklikheid te vlug nie- maar om die wêreld rondom ons beter te maak.
Luna: Ziané Delport
Moëriase: Meacah Retief
Marsian: Jaydon Van Zyl
Kallie/Orden: Neil Grobler
Roxanne/Krapen: Mikah Van Wyk
Lientjie: Monique Brits
Skoolkinders, Fantasie figure: Arné Holding,Lian Korff, Donné Koekemoer,Stefan Holder, Annabelle Smith, Micah Stoltz, Myla Cummings
Dramaturg: Angela Sparks
Regie: Angela Sparks,Anieka Venter, Kiara Mackenzie
Kostuumontwerp: Chantelle Venter, Wikus Van Rensburg
Stelontwerp en -inkleding: John Silva, Wikus Van Rensburg
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jarred Grobler
Beligtingsontwerp: Liem Van Rensburg
Multimediaontwerp: Marizelle Campher (Animasie)
Verhoogbestuurder: Mia Rademeyer
Beligtingsoperateur: Liem Van Rensburg
Klankoperateur: Jarred Grobler
Jan Celliers
n Oorspronklike komedie oor 'n baie vreemde familie. Agter die hoë mure van 'n geheimsinnige huis gebeur daar dinge wat niemand heeltemal kan verklaar nie. Die bure is oortuig iets is verkeerd: vreemde geluide, vreemde reuke en nog vreemder inwoners laat die buurtvereniging behoorlik kopkrap. Maar wanneer gerugte begin versprei en spanning opbou, ontstaan die vraag: Is die familie regtig die probleem of is die buurt dalk net bang vir dit wat hulle nie verstaan nie?
Gustav: Philip van der Walt
Moretia: Milla Swart
Woensdag: Ada van der Nest
Peetly: Christiaan Schalkwyk
Oom Sepsis: Jenna Doyer
Lang Jana 1: Milaaika Nel
Lang Jana 2: Alexia Nel
Ding: Milaaika Nel / Alexia Nel
Johannes Wilhelm Gerhardus de Beer: Jamie Coetzer
Daisy de Beer: Nikka Burger
Susan de Beer: Emma Coetzer
Saartjie de Beer: Arianne Greffrath
Dramaturg: Lisa Strydom
Regie: Lisa Strydom
Kostuumontwerp: Lisa Strydom, Sofi Woest, Carlie Erasmus
Stelontwerp en -inkleding: Lisa Strydom, Sofi Woest, Michel Strydom
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lisa Strydom, Sofi Woest
Beligtingsontwerp: Lisa Strydom
Verhoogbestuurder: Lisa Strydom, Milaaika Nel, Alexia Nel
Laerskool Roodekrans
Wanneer Karla skielik verdwyn ná ’n geheimsinnige videospeletjie by die Neonkas-arkade, begin haar sussie Lorette en haar beste vriendinne ’n gevaarlike soektog na die waarheid. Wat volg, is ’n wilde reis deur geheimsinnige portale, kunsmatige intelligensie en ’n videospeletjie-wêreld waar dinge nie altyd is soos wat dit voorkom nie. Met ikoniese 80’s-musiek, retro-speletjies soos Pac-Man, en ’n groep vriende wat leer om op mekaar staat te maak, vier hierdie produksie die krag van vriendskap, moed en samewerking. Die Neonkas neem gehore terug na die kleurvolle wêreld van die 1980’s - waar arkade-masjiene gegons het, fietse koning was, en avontuur net een “Game On!” weg is.
Lorrie (Lorette): Anyela Rymaszewski
Riekie: Mia Rossouw
Elmarie: Carike Willemse
Chantelle: Demi Bezuidenhout
Pixel Prince: Stefan Pretorius
Karla: Bianca Gouws
PAC MAN KARAKTERS, BOME: Lea Van Heerden, Mia Kruger, Layla Kruger, Isla Skye Herselman, Leah Venter
Dinosourus: Lea Van Heerden
Megabot: Leah Venter
Dramaturg: Angela Sparks
Regie: Angela Sparks, Gabi Griezel, Kiara Mackenzie
Kostuumontwerp: Chantelle Venter, Wikus Van Rensburg
Stelontwerp en -inkleding: John Silva, Wikus Van Rensburg
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Dannay De Klerk
Beligtingsontwerp: Stian Kruger
Verhoogbestuurder: Lea Van Heerden, Mia Kruger
Beligtingsoperateur: Stian Kruger
Klankoperateur: Dannay De Klerk
Rakkers (Petrus produksies)
Wat gebeur wanneer herinneringe, verbeelding en die avonture van kinderdae onverwags weer hul verskyning maak?
Tas van Vergeet is ’n hartverwarmende verhaal wat die gehoor nooi om terug te kyk na die wonder van kinderwees en die krag van die stories wat ons vorm. Met humor, warmte en herkenbare oomblikke ondersoek die produksie hoe herinneringe ons verbind, hoe verbeelding nuwe wêrelde skep, en hoe moed dikwels op die mees onverwagse plekke gevind word.
Hierdie verhaal vier vriendskap, kreatiwiteit en die besondere vermoë van jong mense om betekenis te vind in die eenvoudigste dinge. Dit is 'n herinnering dat sommige skatte veel groter is as wat hulle met die eerste oogopslag lyk.
Louw: Edru Eksteen
Miekie: Amari van Niekerk
Ben: Sarel Pieterse
Anke: Linke Botha
Michaela: Michaela Worten Hood
Nina: Hannah van Niekerk
Zoey: Lisa Koekemoer
Dramaturg: ANONIEM
Regie: Ansie van Niekerk, Germari Eksteen
Beligtingsoperateur: Henré Koekemoer
Klankoperateur: Lian Jordaan
Laerskool Louw Geldenhuys
Skoolkampe is lank, warm en ver van die huis af. En as die macaroni begin lewe…moet jy dapper wees.
Awie: Andries Engelbrecht
Floors: Hanno Oosthuizen
Miele: Mielè Buckle
Alet: Franke Abel
Dorie: Finn Human-Marè
Bienkie: Elizmari Dietrechsen
Jan: Jasmyn van Tonder
Juffrou Beyleveld: Lente Vlok
Tannie Sous: Annabelle du Plessis
Lenie Koekie: Lente Raath
Lenie Sussie: Anya Pretorius
Dramaturg: Ronel Meiring bygestaan deur Antoinette Kellerman
Regie: Spotlight Studio
Kostuumontwerp: Spotlight Studio
Stelontwerp en -inkleding: Spotlight Studio
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Spotlight Studio
Beligtingsontwerp: Spotlight Studio
Verhoogbestuurder: Wianne Fourie, Tina Calitz
Beligtingsoperateur: Spotlight Studio
Klankoperateur: Spotlight Studio
Laerskool Impala
Almal dink altyd dat 'n plaasvervanger onderwyser bietjie eienaardig is. Wat gebeur as jou juffrou af is en haar plaasvervanger van 'n ander planeet is? Die arme leerders van klas 6B weet nie wat vir hulle wag as Juffrou Zork van Bliep 9 as plaasvervanger kom optree nie.
Mevrou Zork: Lianè Kilian
Mevrou Varkevisser: Leanei Bronkhorst
Janko: Liam Groenewald
Kayla: Numiyella vd Berg
Laurika: Alice Grobler
Emma: Alana Kotze
Ruan: Imrich Pieters
Jinx: Martinique v Rooyen
Brandon: Xavan Miller
Zoë: Danelda Truter
Tracy: Lente vd Westhuizen
Dramaturg: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Regie: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Kostuumontwerp: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Stelontwerp en -inkleding: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Beligtingsontwerp: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Verhoogbestuurder: Mandie Döman, Marissa van Deventer
Beligtingsoperateur: Mandie Döman
Klankoperateur: Marissa van Deventer
Laerskool Anton van Wouw
Kamerverlaat speel af by die koorjuffrou se huis waar ’n groep kinders hard oefen vir ’n groot optrede. Net toe die koor mooi begin sing, raak daar van die leerlinge weg. Hulle sit vas want die badkamerdeur is gebreek – en van die leerlinge sit binne vas! Wat volg is ’n lawwe reeks pogings om die deur oop te kry: van slim planne tot heeltemal belaglike idees wat net meer chaos veroorsaak. Die kinders lag, stry en probeer alles wat hulle kan, maar uiteindelik besef hulle dat die enigste manier om uit te kom, is om saam te werk. Die toneelstuk is vol humor, kinderstoutigheid en ’n warm boodskap: wanneer almal hul energie en kreatiwiteit saamgooi, kan selfs ’n gebreekte deur nie die koor se gees breek nie.
Anton: Anton van Niekerk
Charlie: Belicia Bosch
Champaigne:Francé Conradie
Andries: Leon Greeff
Sonja: Severene Brazington
Mila: Zea van Zyl
Juffrou/SM:Mary-Anne Kelbrick
Dramaturg: ANONIEM
Regie: Ansie van Niekerk, Germari Eksteen
Beligtingsoperateur: Henré Koekemoer
Klankoperateur: Lian Jordaan
Laerskool Tygerpoort
'n Groep graad sesse bevind hulle in 'n wiskundige krisis - die soort wat 'n sakrekenaar nie juis kan oplos nie. Hulle beraam 'n slinkse komplot om die volgende eksamen te oorleef. In die tussentyd is daar nóg 'n geheime ver(r)assing aan die broei en om alles te kroon word die skoolgronde gepatrolleer deur oorywerige "beskermers van die gereg".
Sal hulle die antwoorde kan uitsnuffel of gaan die missie misluk? En is dit regtig die moeite werd om die kortpad te loop as jy jou integriteit op pad prysgee?
Frans: Sebastian Bornman
Jackie: Dinieke du Plessis
Emma: Anika van der Westhuizen
Nico: Daniël Groenewald
Ratel: Lia Grobler
Dawie: William Smith
Kara: Nika Gilfillan
Koert: Fourie Parreira
Kevin: Aiden Crous
Denise: Jillian Botha
Sammy: Sharlotte Adendorff
Ruzanne: Ava Vermeulen
Maryke: Madison Keys
Erika: Zeniah van Rooyen
Juffrou Haasbroek: Klarise Louw
Tannie Liezel: Klarise Louw
Dramaturg: Danel Verwey
Regie: Danel Verwey, Jané van Niekerk
Kostuumontwerp: Jané van Niekerk
Stelontwerp en -inkleding: Danel Verwey
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Danel Verwey
Beligtingsontwerp: Mignon Mahne
Verhoogbestuurder: Danel Verwey
Beligtingsoperateur: Mignon Mahne
Klankoperateur: Andries Ferreira
Laerskool Wierdapark
Sterk flikkerende ligte
In 'n wêreld van grotte, mammoete en aardbewings ontdek die Grummels-familie 'n wilde meisiekind wat alleen oorleef het. Wat begin as vrees en chaos verander stadig in 'n hartroerende avontuur oor aanvaarding, familie en die plek waar mens werklik hoort. Met humor, warmte en tikkie prehistoriese chaos ontdek Kiki dat familie nie altyd bloed is nie, soms is dit die mense wat jou kies.
Kiki: Marinel Coetzee
Brok: Derik Olivier
Bubs: Linka Fraser
Lita: Luané Schoeman
Bailey: Marjolin Hicks
Brom: Ewan Roos
Griets: Mieke Alers
Kriek: Jayden O'Kelly
Dramaturg: Almé Hugo
Regie: Carla Hugo, Madi Hugo en Annatjie Jordaan
Kostuumontwerp: Madi Hugo, Annatjie Jordaan
Stelontwerp en -inkleding: Madi Hugo, Annatjie Jordaan
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Madi Hugo, Annatjie Jordaan
Beligtingsontwerp: Madi Hugo, Annatjie Jordaan
Verhoogbestuurder: Daniëlle Minnaar, Rihanna Slabbert
Beligtingsoperateur: Adriaan Fowler
Klankoperateur: Adriaan Prinsloo
Klankbaan: Carla Hugo
Beligting: Carla Hugo
Laerskool Protearif
In Kraakpunt, die emosionele hoogtepunt van die produksie, word ’n groep vriende se perfekte, eindelose dag stadig uitmekaar getrek. Dieselfde voël op dieselfde tak. Dieselfde val. Dieselfde lag. Tot die herhalings onmoontlik word om te ignoreer.
Deur stotterende woorde en ontwaking ontdek hulle die waarheid: Hulle bestaan binne Liam se koma-droom . Terwyl die stelsel kraak en oorlaai, moet elkeen ’n keuse maak: vasklou aan die veilige “perfekte dag” of die moed vind om Liam vry te laat na die werklikheid vol pyn, herstel en onsekerheid.
Jaco se humor verdwyn, Rachelle se logika bereik sy limiet, Lea se hart breek, Amelie se kreatiwiteit rebelleer en Kiara word die stem van onverbloemde waarheid. Die Stem, eers robotagtig, koud en beheerend, ontpop later as ’n besorgde, liefdevolle versorger met beperkende liefde.
Kraakpunt, ’n intense, visuele en hoogs emosionele storie oor vriendskap, identiteit en die vraag: Is ’n perfekte droom beter as ’n onvolmaakte werklikheid?
Liam: Zander Jordaan
Jaco: Wihan Hendrikse
Kiara: Lene vd Merwe
Rachelle: Clarushe Berschat
Lea: Dianey Erasmus
Amelie: Nicola Eveleigh
Rex: Amé Labuschagne
Stem: Taylor Ferreira
Meisie op die Fiets: Mia Visser
Tannie Bets: Alana Lombard
Synapse-fantome 1: Amorie Tack
Synapse-fantome 2: Payton Trollip,
Synapse-fantome 3: Emily Ayres
Synapse-fantome 4: Areya Prinsloo
Synapse-fantome 5: Tenike Churr
Die Synapse-fantome verteenwoordig die glitching neurale verbindings in Liam se brein: Amorie Tack, Payton Trollip, Emiley Aryes, Areya Prinsloo, Tenike Churr
Synapse Overload ’n Chaotiese ensemble-klimaks waarin die Synapse-fantome die glitching van Liam se brein visualiseer. Terwyl die groep se stemme in ’n dringende koor van “Hou ons dop” saamsmelt, word die stryd tussen wakker word en vasgevang bly elektries en intens uitgebeeld.: Zander Jordaan, Wihan Hendrikse, Lene vd Merwe, Clarushe Berschat, Dianey Erasmus, Nicola Eveleigh, Taylor Ferreira
Wit Kamer – Sinapse Muur ’n Kragtige ensemble-moment waarin die karakters deur spieëls en presiese choreografie ’n steriele wit hospitaalkamer om Liam bou.: Zander Jordaan, Wihan Hendrikse, Lene vd Merwe, Clarushe Berschat, Dianey Erasmus, Nicola Eveleigh, Taylor Ferreira, Mia Visser, Alana Lombard
In die emosionele klimaks van Toneel 4 word die V-tonnel nie net deur die hoofkarakters gevorm nie, maar word dit versterk en verlewendig deur die Synapse-fantome (Amorie Tack en Payton Trollip). Deur sagte, vloeiende en simboliese choreografie verteenwoordig hulle die finale vrylating van Liam se brein uit die simulasie. Hulle beweeg binne en om die tonnel asof die sinapse self besig is om los te maak, te ontspan en Liam vry te laat — ’n visuele oorgang van vasgevangheid na bevryding.: Amorie Tack, Payton Trollip, Emily Aryes, Areya Prinsloo, Zander Jordaan, Wihan Hendrikse, Lene vd Merwe, Clarushe Berschat, Dianey Erasmus, Nicola Eveleigh, Taylor Ferreira, Mia Visser, Alana Lombard, Tenike Churr
Dramaturg: Verwerk en aangepas deur Ella Steinmann
Gebaseer op die oorspronklike teks deur Zoe Labuscagne
Regie: Ella Steinmann
Kostuumontwerp: Ella Steinmann, Talitha Teunissen
Stelontwerp en -inkleding: Ella Steinmann, Talitha Teunissen
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ella Steinmann, Talitha Teunissen
Beligtingsontwerp: Ella Steinmann, Talitha Teunissen
Verhoogbestuurder: Talitha Teunissen
Verhooghulp: Eveline Jeffrey, Daniel Steinmann
Verhoogbestuur: Daniel Steinmann, Eveline Jeffrey, Talitha Theunissen
Klankontwerp en beligtingsontwerp: Ella Steinmann
Beligtingsoperateur: Dane De Waal
Klankoperateur: Jane Labuschagne
Laerskool Rustenburg
Oceania is ʼn jong, naïewe seekat wat al jare lank droom oor die dag wat haar arms ontwaak. Sy het vir elke arm ʼn spesiale naam omdat sy weet dat elkeen se persoonlikheid uiters uniek is. Daar heers groot opgewondenheid toe die groot oomblik aanbreek. Waarvoor Oceania egter nie voorbereid was nie, is dat die arms nie ewe opgewonde is oor wie almal deel van hierdie seekat vorm nie. Een van die arms word as ʼn swakkeling gesien, en daar word gekonkel oor hoe om van hierdie arme arm ontslae te raak. Sit terug en geniet ʼn reis onder die see saam met Oceania waar sy probeer om die konflik tussen haar arms te navigeer.
Oceania: Elri Steyn
Do: Mia-Louise Venter
Re: Marnus Olckers
Me: Yolandré vd Berg
Faf: Eckhardt Broodryk
So: Jasmyn Olckers
La: Ludi Hoyer
Ti: Janandri vd Klashorst
JP: Calvin Borcher
Haai 1: Arabelle Antunes
Haai 2: Mienke Stadler
Mia-Louise Venter, Marnus Olckers, Yolandré vd Berg, Eckhardt Broodryk, Jasmyn Olckers, Ludi Hoyer, Janandri vd Klashorst, Calvin Borcher, Arabelle Antunes, Mienke Stadler
Dramaturg: Isabel Venter
Regie: Isabel Venter, Corné vd Klashorst, Christelle Broodryk
Kostuumontwerp: Isabel Venter, Corné vd Klashorst, Christelle Broodryk
Stelontwerp en -inkleding: Isabel Venter, Corné vd Klashorst, Christelle Broodryk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lourens Bester
Beligtingsontwerp: Lourens Bester
Verhoogbestuurder: Isabel Venter, Corné vd Klashorst
Beligtingsoperateur: Lourens Bester
Klankoperateur: Lourens Bester
Laerskool Anton van Wouw
Oh Koekerasie! is ’n komiese toneelstuk vol koek, lag en dorpsdrama. Lize en Ian, ’n verliefde paartjie, probeer ’n troukoek kies, maar beland by ’n Franse bakker wat vreemde vegan en branderige chili-koeke aanbied. Intussen besluit Lize en ma, die dominee se vrou, Roelien, om ’n groot koekkompetisie te hou waar die hele dorp kan bak en brou vir Lize se troue. Die Koeksustersvereniging, ’n streng groep baksters, glo “koek is kuns” en weier om pannekoekbakkers toe te laat. Dit lei tot ’n komiese protes waar Henry en sy vriende skree: “Koeksisme moet val!” en eis dat alle koeke gelyk is. Die chaos hou aan met vetkoek en koekstruif wat onverwags erkenning kry, en selfs ’n haarsalon-toneel waar Lize met ’n koek in haar hare beland. Die stuk is lig, snaaks en vol dorpshumor – ’n viering van liefde, bak en saamlag.
Gillian - Dogter van Pannekoeke: Amelie Richard
Petro - Koeksusters: Amirah de Beer
Engela - Koeksusters: Anelia Botha
Willem - Pannekoekman: Austin van der Merwe
Kok / Bakker: Joshua Janse van Rensburg
Roelien - Dominee se vrou: Katryn la Cock
Tanya - Salonkoek: Lise-Marie Opperman
Grieta - Koeksusters: Madelein Havenga
Lize - Verloofde: Marguerite Niemoller
Dalleen - Koeksusters: Mia Janse van Rensburg
Ouma Gertrude - Salon: Micke Aucamp
Megan - Salon: Milly Kriek
Lizelle - Pannekoekdame: Penelope Coetse
Brenda - Salon: Rijn Snyman
Henry - Pannekoekman: Rhyns Janse van Rensburg
Ian - Verloofde: Roelof van der Merwe
Magda - Koeksusters: Saskia Hager
Michelle - Salon: Zara Louw
Dramaturg: Mia-Loise Nell
Regie: Roché van Blerk
Kostuumontwerp: Roché van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Roché van Blerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Roché van Blerk
Beligtingsontwerp: Roché van Blerk
Verhoogbestuurder: Amorie Liebenberg
Beligtingsoperateur: Chaze Smith
Klankoperateur: Tiaan Meiring
Laerskool Helderkruin
Laerskool Helderkruin
Sonika word wakker in 'n grot vol eienaardige kreature, sonder enige herinneringe. Sommige wil haar help onthou, terwyl ander alles in hul vermoë doen om die waarheid verborge te hou. Hoe langer sy bly, hoe duideliker word dit dat sekere herinneringe nie vir altyd begrawe kan bly nie. Soms kan onthou seermaak. Om te Onthou is 'n fantasiedrama oor die stryd tussen hoop en vrees. Wanneer die twee soos golwe teen mekaar breek, sal sy die moed hê om te onthou?
Sonika: Amari van Niekerk
Ori: Clara Baard
Knars: Laney Dreyer
Skitter: Jonmenae Hendrikse
Flip: Lara de Beer
Flop: Zita D’Angelo
Wolkelientjie: Lynn-Mari Nel
Bibi: Lara di Plessis
Nie-sprekende karakters: swemmers, mushrooms en ligdraers.: Noelle Bruwer & Karlien Labuschagne, Ava-Mari Roos
Dramaturg: Dané Evans
Regie: Dané Evans
Kostuumontwerp: Dané Evans
Stelontwerp en -inkleding: Martin Evans
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Minke Meyer
Beligtingsontwerp: Minke Meyer, Dané Evans
Verhoogbestuurder: Ava-Mari Roos
Beligtingsoperateur: Mikayla Viljoen
Klankoperateur: Miné Pieterse
Laerskool Louw Geldenhuys
n Koshuis klink soos 'n goor plek, veral as hy afgeleë is en jy nie baie huistoe gaan nie.
Lukas: Luca Human-Marè
Sarel: Louis Reyneke
Liesbet: Ami van Jaarsveld
Katriena: Catherine Ackroid
Tannie Olga: Amelia Uys
Nuwe leerder, Blou Bettie: Lila van der Waal
Dramaturg: Pierre-Andre Viviers, verwerk deur Ronel Meiring
Regie: Spotlight Studio
Kostuumontwerp: Spotlight Studio
Stelontwerp en -inkleding: Spotlight Studio
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Spotlight Studio
Beligtingsontwerp: Spotlight Studio
Verhoogbestuurder: Wianne Fourie, Tina Calitz
Beligtingsoperateur: Spotlight Studio
Klankoperateur: Spotlight Studio
Laerskool Protearif
Sewe vriende begrawe in 2016 ’n tydkapsule vol drome, geheime en beloftes aan hul toekomstige self. Tien jaar later keer hulle terug na dieselfde plek om die kapsule oop te maak – maar tyd het meer verander as wat enigeen van hulle kon voorsien.
Die leerders wat eens geglo het hulle weet presies wie hulle gaan word, word gekonfronteer met die mense wat hulle geword het. Ou herinneringe word wakker gemaak, langvergete beloftes kom weer na vore en geheime wat vir jare stilgebly het, begin die lig sien. Met elke item wat uit die tydkapsule gehaal word, word die grens tussen verlede en hede al hoe dunner.
*Oogwink* is ’n aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies, keuses en die onverwagte draaie wat die lewe neem. Dit herinner ons dat alles kan verander in ’n oogwink – maar dat die mense en oomblikke wat ons vorm, altyd deel van ons bly.
Ethan: Malan van Zyl
Ethan (13): Dian de Waal
Mia (23): Danica Hills
Mia (13): Lize Botes
Leah (23): Mine Smit
Leah (13): Natalie Maritz
Kayla (23): Mikayla Montgomery
Kayla (13): Mikayla Visser
Alicia (23): Chene vd Westhuizen
Alicia (13): Chante Wilsenach
Daniel (23): Xavier Kok
Daniel (13): Zian Nel
Verteller: Mika Jules Harbour
Ruan (23): Regardt Jacobs
Ruan (13): Juanru du Toit
13 jariges: Lize, Dian, Natalie, Juanru, Chante, Zian, Mikayla V
23 jariges: Danica, Chene, Mine, Malan, Mikayla M, Xavier, Regardt
Regie: Tia Goosen, Marlizette Jordaan
Kostuumontwerp: Tia Goosen, Marlizette Jordaan
Stelontwerp en -inkleding: Tia Goosen, Marlizette Jordaan
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jane Labuschagne
Beligtingsontwerp: Thereze van Heerden
Verhoogbestuurder: Zelri du Toit, Shonte Pretorius
Beligtingsoperateur: Thereze van Heerden
Klankoperateur: Jane Labuschagne
Improv Studios
Wanneer die druk om perfek te wees en ouers wat weens werk nooit tuis is nie vir vyf kinders te veel word, bars die vreeslose Pippie Langkous onverwags in hul lewens in. Sy ontvoer hulle na haar eie wêreld vol chaos en pret.
Pippie: Zelri Bergh
Tommie: Shaun van Zyl
Anneke: Alri Vermaak
Hensa: Mirei de Waal
Marno: Eben Holtzhausen
Marko: Luca Smit
Kaptein Breyetenbach: Karien Myburgh
Handlanger 1: Leah Lee
Handlanger 2: Zanelle Engelbrecht
Dramaturg: Mariza Claassen, Caitland Peake
Regie: Mariza Claassen
Kostuumontwerp: Mariza Claassen, Caitland Peake, Wendy Nash
Stelontwerp en -inkleding: Mariza Claassen
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Mariza Claassen
Beligtingsontwerp: Mariza Claassen
Verhoogbestuurder: Becky Naude
Beligtingsoperateur: Michael van Zyl
Klankoperateur: Lucas van der Merwe
Laerskool Unika
Skelet speel af in 'n graad 7 biologie klaskamer waar Ferdi, 'n nuuskierige en oortuigende leerder vas glo dat haar meneer 'n verskuilde agenda het. Sy oortuig haar twee trawante om te help soek na bewyse, maar dinge werk nie uit volgens plan nie. Behalwe vir 'n paar ongenooide gaste bly meneer se nuwe geskenk ook in die slag.
Ferdi: Kira Naudé
Ané: Mia van der Merwe
Chané: Miré Naude
Jurgens: Zander Bouwer
Tanya: Mienke Groenewald
Wiaan: Henri Schröder
Frikkie: Franco van Wyk
Vaatjie: Hermann Kluever
Lammervanger: Eli Marais
Dramaturg: Steven en Arisa Schamrel
Regie: Annecke Pretorius
Kostuumontwerp: Annecke Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Annecke Pretorius
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nico Swart, Annecke Pretorius
Beligtingsontwerp: Annecke Pretorius
Verhoogbestuurder: Daniël Kemp, Hulp: Nathan Liebenberg, Elma Pretorius, Mariette Bruwer
Beligtingsoperateur: Stefan Kemp
Klankoperateur: Nico Swart
Laerskool Generaal Hendrik Schoeman
Skelmdans vertel die verhaal van Skelm, ’n skelm wat sy pyn uit die verlede wegsteek deur van
ander te steel, en Klara, ’n saggeaarde siel wat hom uitdaag om die wêreld anders te sien. In ’n
wêreld van duisternis en skaduwees ontdek Skelm dat selfs die kleinste lig hoop en verandering
kan bring. Deur onverwagte verbintenisse en die krag van dans vervaag die grense tussen lig en
donker.
Verteller 1: NeveMartins-Kotze
Verteller 2: Alexis Woeke
Verteller 3: Guiliana Gulmini
Verteller 4: Elmien Kriek
Skelm: Klara van der Merwe
Klara: Jarli Eksteen
"Shadow" Klara: Kelsey Schutte
Gangster 1: Luhan De Beer
Gangster 2: Elan Wilken
Gangster 3: Inge Tait
Gangster 4: Lian van der Merwe
Gangster 5: Happy Raphuti
Gangster 6: Flynn Grobler
Gangster 7: Lika Baird
Gangster 8: Lomé du Plessis
Gangster 9: Minike van Dyk
Ma: Kelsey Schutte
NeveMartins-Kotze, Alexis Woeke, Guiliana Gulmini, Elmien Kriek, Luhan De Beer, Elan Wilken, Inge Tait, Lian van der Merwe, Lian van der Merwe, Happy Raphuti, Flynn Grobler, Lika Baird, Lomé du Plessis, Minike van Dyk
Dramaturg: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Regie: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Kostuumontwerp: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Stelontwerp en -inkleding: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Beligtingsontwerp: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Verhoogbestuurder: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Beligtingsoperateur: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan Bruwer, Tanya Coetzer
Klankoperateur: Lourika Bester, Annari de Wet, Megan
Laerskool Constantiapark
Nuwe leerder: Anja van Aswegen
Jollie: Melanie Brink
Skoolhoof: Joshua de Lange
Lisa - boekwurm: Ilke Potgieter
Fanie - Skoonmaker: Darius Potgieter
Barko: Ludz Potgieter
Karen - Hoofmeisie: Jana Spies
Helena: Mia Steytler
Karien - Hoofmeisie 2: Mika van der Merwe
Speurder van der Spuy: Moya van Rooyen
Stage Hands: Libbie Broodryk
Dramaturg: Nicole Marais
Regie: Melissa Nieuwoudt, Annika van Zyl, Nicole Marais
Kostuumontwerp: Melissa Nieuwoudt, Annika van Zyl
Stelontwerp en -inkleding: Annika van Zyl
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Nicole Marais
Beligtingsontwerp: Melissa Nieuwoudt
Verhoogbestuurder: Annika van Zyl
Beligtingsoperateur: Melissa Nieuwoudt
Klankoperateur: Nicole Marais
Laerskool Kruinsig
Wat het 'n ou skoolsaal en die 80's in verband met mekaar? Goeie herinneringe en baie waardevolle lesse. Kom ervaar saam met 'n groepie skool kinders die opwinding wat saam met die beplanning en aanmekaar slaan van 'n skool sokkie kom. Tussen baie gelag, frustrasie en selfs 'n traan of twee, word hulle mens en leer hulle hoe baie die lewe kan verdof en blink.
Stan: Lucca Lewandowskey
Derick: Ulrich Welman
Louise: Zara Scholtz
Bella: McKeilah Nel
Valerie: Nelshia Hagen
Mia: Gemma van Zyl
Zeney: Zeldri Fourie
Kelly: Stenieke Coetzee
Stacey: Jaydine Mullany
Warren: Lijah Lewandowsky
Bekker/ Mnr. Brink: Liam Espach
Jane/Mev Brink: Zandri van der Nest
Tyson: Corneil Heffer
Gunner: Aiden Groenewald
Ian: Alexander du Preez
Dramaturg: J.J Roberts
Regie: J.J Roberts en Anje Millard
Kostuumontwerp: Clara Vermaak
Stelontwerp en -inkleding: J.J Roberts en Imile Wepner
Klankbaanontwerp en/of samestelling: J.J Roberts
Beligtingsontwerp: J.J Roberts
Verhoogbestuurder: Morne Stander
Beligtingsoperateur: Wihan Oosthuizen
Klankoperateur: Avan Fourie
Laerskool Menlopark
Valentynsdag Detensie:
Die stuk speel af in ’n klaskamer waar ’n groep leerders vir Valentynsdag detensie moet sit nadat ’n romantiese briefie in Meneer Swift se klas ontdek is. Die meisies en seuns blameer mekaar en probeer uitvind wie die skuldige is, wat lei tot komiese konfrontasies en onthullings. Dillan en Fano erken uiteindelik dat hulle die brief geskryf het, maar die chaos neem toe wanneer Allyson, ’n entoesiastiese pliggie, die rol van toesighouer oorneem. Sy gee die leerders ’n reeks kreatiewe en historiese “lesse” – van dinosourusse tot Marie-Antoinette en die Eerste Wêreldoorlog – wat die detensie in ’n avontuur verander. Tussendeur lag die kinders en ontdek hulle vriendskap en die waarde van lojaliteit, eerlikheid en die krag van jong liefde. Uiteindelik kry hulle die kans om die sokkie by te woon en alles eindig op ‘n romantiese hoopvolle hoogtepunt.
Jevani: Khaleesi Fernandez Moreno
Allison: Nicola Ludik
Karin: Delene de Jager
Fanu: Connor Gildenhuys
Nicola: Leané Koen
Marie: Livia Grobler
Stephanie: Alexis Wydeman
Bernadette: Lana de Nysschen
Tamren: Rosie Pistorius
Dillahn: Owen Gildenhuys
Dramaturg: Ben Pienaar verwerk deur Roché van Blerk
Regie: Roché van Blerk
Kostuumontwerp: Roché van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Roché van Blerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Roché van Blerk
Beligtingsontwerp: Roché van Blerk
Verhoogbestuurder: Amorie Liebenberg
Beligtingsoperateur: Chaze Smith
Klankoperateur: Tiaan Meiring
Laerskool Anton van Wouw
Die verhaal speel af in die 1980’s en volg drie vriende, Jo-ann, Marius en Karel, wat saam ’n swaar en emosionele dag beleef. Jo-ann, ’n passievolle en ernstige meisie, dra ’n skuldgevoel wat haar diep raak. Sy wil die begrafnis van ’n geliefde voëltjie waardig hou. Marius, vol humor en drome van roem, probeer die spanning verlig met sang en grappies, terwyl Karel, sensitief en angstig, worstel met sy vrese en oordink alles. Die drie se uiteenlopende persoonlikhede bots en vul mekaar aan, en bring lig en donker in die toneel. Smurfette, die dooie budgie, verskyn as ’n figuur wat Jo-ann se emosies weerspieël. Intussen word die konflik tussen Jo-ann en haar ouer suster Lorinda, saam met Magdel en Bianca, duidelik: jaloesie, rebellie en die soeke na aanvaarding dryf hulle aksies. Teen die agtergrond van ’n wilgerboom en die klanke van “Don’t Stop Believing” ontdek die karakters dat verlies, lojaliteit en vriendskap hulle saam bind, selfs te midde van spanning en hartseer.
Karel: Annabelle Engelbrecht
Magdel: Arnold Kruger
Marius: Kara Holder
Smurfette: Lemé Botha
Lorinda: Lily Viljoen
Jo-ann: Madison Greenhall
Akteur: Bianca
Dramaturg: Anel Wood
Regie: Roché van Blerk
Kostuumontwerp: Roché van Blerk
Stelontwerp en -inkleding: Roché van Blerk
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Roché van Blerk
Beligtingsontwerp: Roché van Blerk
Verhoogbestuurder: Mea le Roux
Beligtingsoperateur: Arnu Klerck
Klankoperateur: Tiaan Meiring
Laerskool Unika
Wees[huis] is 'n drama wat afspeel binne die mure van 'n weeshuis waar meisies met uiteenlopende agtergronde saamwoon. Dit is 'n sensitiewe en eerlike drama wat wys hoe jong mense, te midde van verlies en onserkerheid, nuwe vorme van verbondenheid, identiteit en hoop kan vind.
Klara: Anouk Kok
Leah: Charlize Strydom
Simone: Anika Bauermeister
Joanie: Sophia Winter
Petra: Mienke Taylor
Huisma: Joané van Zijl
Emma Gainsford, Emma van Biljon, Abigail Lombard, Carli Grové, Joané van Zijl
Dramaturg: Steven en Arisa Schamrel
Regie: Annecke Pretorius
Kostuumontwerp: Annecke Pretorius
Stelontwerp en -inkleding: Annecke Pretorius
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Bruwer Malan, Annecke Pretorius
Beligtingsontwerp: Annecke Pretorius
Verhoogbestuurder: Joané van Zijl
Beligtingsoperateur: Amelia van der Walt
Klankoperateur: Leandrie Piek
Die streeksfees word gementor en beoordeel deur uitgesoekte professionele akteurs, akademici en teatermakers wat gereedstaan om die jong talent te ontdek, te erken en om tydens mentorsessies aan hul werk te skaaf.
Die Gauteng-streeksfees word beoordeel en gementor deur Kanya Viljoen en Liezl de Kock.
Die streeksfees sluit af op 25 Julie met ‘n prysuitdelingseremonie aan die einde van die aand se produksies wat die kategoriewenners van die week bekroon.
Alle produksies word inaggeneem vir hierdie toekennings.

Kanya

Liezl
Die uitslae haal binnekort hier asem. Besoek gerus weer ná afloop van die streeksfees.