
In ‘n wêreld waar kunsmatige intelligensie plekke in regering, ekonomie en menslike besluitneming oorgeneem het, staan vier tieners op die rand van moontlike Identiteitsherprogrammeering. Vir die eerste keer ooit het ons Omniheerser sy finale verslag gelewer in die vorm van ‘n spanningvolle teaterproduksie, KUNSMATIG.
Drie jaar ná die bekende “Emosionele Ineenstorting” wat die mensdom in chaos geplaas het, was Wet 38 in plek gestel. Hierdie wet vereis dat alle burgers op sestienjarige ouderdom ‘n verpligte emosionele en kognitiewe evaluering ondergaan.
Enige individue wat waag om teen die stelsel te gaan, word na die Identiteitsektor, Sektor-ID, geneem vir ‘n verpligte Identiteitsherstel, die prosedure waarin herinneringe verwyder word en ‘n nuwe identiteit geprogrammeer word.
Sektor-ID beskryf die prosedure as volg: “Ons sal jou herinneringe sagkens verwyder. Ons sal jou persoonlikheid versigtig herskryf. Jy sal wakker word… Net die deel van jou wat seer was, hoef nie meer te bestaan nie.”
Leon Driesel & Mira Voss:
Twee klasmaats wat hul tyd saam spandeer het om aan skoolprojekte te werk, word beskuldig van oortreding van die stelsel se reëls en regulasies waar ‘n romantiese verhouding tussen verskillende sosiale range verbied word. Mira, wie se logiese tellings as hoog aanskou word, en Leon, wie se rang as laer geklassifiseer word, dien as ‘n ernstige “biochemiese afwyking” vir die stelsel.
Klaryn Hale:
Klaryn word aanskou met die ideale genetiese profiel vir analitiese arbeid binne die Identiteitssektor om te dien as ‘n Identiteitsingenieurs-assistent. Sy weier egter om met die stelsel te koöpereer. Hierdie weerstand dien as ‘n direkte dreigement wat kan lei tot ‘n totale herprogrammeering van haar huidige Identiteit.
Rico Myburg:
Sektor-ID beskou emosies as ‘n fout wat die lewe net kompliseer. Rico se onstabiliteit en verhoogte emosionele reaksies word deur die stelsel beskou as ‘n las wat uitgevee moet word om die stelsel veilig en stabiel te hou, asook om Rico se pyn en leiding tot ‘n einde te bring.
Hierdie vier tieners sal met die behulp van RT-300 en Sektor-ID hul finale pleit lewer voor ons Omniheerser, waar die finale verslag aan hul gelewer sal word. Tydens hierdie intensiewe evaluering sal hul hartklop, breinpatrone en emosionele reaksies gemonitor word om totale deursigtigheid in hul antwoorde te verseker.
Indien hulle skuldig bevind word, sal die Identiteitsherstelprosudure onmiddellik plaasvind en ‘n nuwe identiteit sal geprogrammeer word. Indien nie sal hulle hul heidige Identiteite behou.
Die gemeenskap word toegelaat om die tieners se pleitproses én die uiteindelike bekendstelling van die finale verslag by te woon. Burgers sal as amptelike waarnemers toegelaat word om te sien hoe die regstelsel met Wet 38 in werking tree en hoe die KERN-Asseringsindeks, KAI, kunsmatige geregtigheid toepas.
Die verhoor sal op 11 Augustus 2026, om 17:30, plaasvind by die Wynand Mouton Teater in Bloemfontein.









