A++
Laerskool Durbanville
Laerskool Durbanville
A++
A++ is ‘n tong-in-die-kies komedie wat afspeel in die oordrewe dramatiese wêreld van kultuuraande, kompetisies en … drama mammas. Elizabeth Bremmer is ‘n skaam laerskooldogter wat niks minder wil hê as om UIT die kollig te bly nie. Haar ma, Saugvignon Bremmer, het egter ander planne vir haar dogter. Wanneer die gesogte Mozart Monoloog Wisseltrofee aangekondig word, word Elizabeth onwillig ingeskryf en reguit in die middel van ‘n kompetisie geplaas wat vinnig handuit ruk. Met ‘n flambojante dramajuffrou, ‘n oordrewe selfversekerde boelie, twee kompeterende mammas en ‘n beste vriend wat Elizabeth net probeer help oorleef, bou die spanning op tot ‘n absurde klimaks waar ego’s bots, reputasies op die spel is en voor jy kan sê “Encore!”, waai die hare en die versiersuiker!
Genre: Komedie | Nuutgeskrewe teks
Produksiespan
Dramaturg: Ilne Fourie
Regie: Veronica Geldenhuys en Tronéll Lessing
Kostuumontwerp: Veronica Geldenhuys
Stelontwerp en -inkleding: Veronica Geldenhuys, Rochelle Richter, Anneke Schlebusch
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Ilne Fourie en Tronéll Lessing
Beligtingsontwerp: Veronica Geldenhuys en Stefan Ellis
Verhoogbestuurder: Juan Geldenhuys en Wilmien Marren
Beligtingsoperateur: Stefan Ellis
Klankoperateur: Tronéll Lessing
Rolverdeling
Elizabeth Bremmer: Lara Enslin
Divan Pienaar: Anru Richter
Saugvignon | Sonja Bremmer: Jana Buys
Loané de Villiers: Jenna Smuts
Leandraney de Villiers: Jani Pienaar
Juffrou Ingrid Pronker: Lee-Ann Nchoe
Prof HAT (Hermiena Adriana Timotius): Sophia Jordaan
Ensemble
CJ skoolkind - leier by skolierpatrollie: Josua Potgieter
Skoolkind in skolierpatrollie: Caty-Ann Schlebusch
Skoolkind in skolierpatrollie + maats met Elizabeth: Ingke Marren
Skoolkind wat maats is met Luane: Fleur Bruwer
Skoolkind wat later foto's neem: Georgia Dunn
Skoolkind met rooi hare: Nava Koen
Skoolkind met hoed: Kaylee van der Westhuizen
Skoolkind in sekere tonele (Ook Prof HAT): Sophia Jordaan
Skoolkind wat koek vashou: Lize Coetzee
Inhoudswaarskuwings
Flikkerende ligte





