Saterdag 3 Oktober | 19:00 Drama-teater | Kunstekaap | Kaapstad

DIE LAASTE ASEM.
DIE GROOT VIERING.

SES DAE. BAIE STORIES. EEN LAASTE ASEM.

Van die eerste stem op Maandagaand tot die laaste storie Vrydagaand het Kunstekaap asem gehaal met jong talent.

Saterdagaand vier ons die spelers, regisseurs, tegniese spanne en produksies wat die 2026 ATKV-Toneelaanbod laat leef het. Ja, daar is wenners. Maar hierdie aand gaan ook oor die mense, die werk en die stories wat ons hierheen gebring het.

Kom vier die werk. Kom vier mekaar.
DIE STEMME VAN DIE AAND

HULLE HET HIER BEGIN. NOU GEE HULLE DIE ASEM AAN.

In 2018 het Minke Marais en Xander Venter saam as ATKV-Tienertoneelspelers op die nasionale finaalverhoog gestaan, een van hul eerste treë in die bedryf.

Agt jaar later keer hulle terug as werkende akteurs, vanjaar se aanbieders van Gekies vir die kollig én die aanbieders van die 2026 ATKV-Toneelaanbod prysuitdelingseremonie.

Van jong spelers met groot drome tot twee vars stemme in die bedryf. Soms begin ’n loopbaan met net een asem.

EN TUSSEN DIE TOEKENNINGS...

ELANDRÉ

Spesiale gaskunstenaar by die ATKV-Toneelaanbod prysuitdelingseremonie.
’n Aand van jong teater, groot oomblikke en musiek wat die viering aan die gang hou.

DIE TOEKENNINGS

VAN DIE COULISSE TOT DIE KOLLIG.

Die aand erken die mense wat stories laat werk van voor, op en agter die verhoog.

01

TEGNIES

Klank, beligting, verhoogbestuur en die beste hantering van tegniese aspekte in ATKV-Tjokkertoneel en ATKV-Tienertoneel.

02

SPEL

Van kameeverskynings tot ondersteunende rolle en hoofrolle in ATKV-Tienertoneel en die beste akteur en aktrise in ATKV-Tjokkertoneel.

03

PRODUKSIE

Ensemble, regie, spesiale toekennings en uiteindelik die produksies wat bo uitstaan in ATKV-Tjokkertoneel en ATKV-Tienertoneel.

DIE GROOT PRYSE

MEER AS ’N TROFEE. ’N VOLGENDE TREE.

ATKV-TIENERTONEEL

1STE PLEK — R30 000 + wisseltrofee + speelvak by Toyota Stellenbosch Woordfees
2DE PLEK — R20 000
3DE PLEK — R10 000

ATKV-TJOKKERTONEEL

WENPRODUKSIE — R10 000 + wisseltrofee
DIE ASEM AGTER DIE BESLUIT

VYF TEATERMAKERS. VYF PERSPEKTIEWE. EEN MOEILIKE TAAK.

Hulle kyk. Hulle luister. Hulle weeg die werk. En uiteindelik help hulle bepaal wie in 2026 met die groot toekennings huis toe gaan.

KANYA VILJOEN

Klik op die foto vir biografie.

JACQUES BESSENGER

Klik op die foto vir biografie.

BIANCA FLANDERS

Klik op die foto vir biografie.

HANNAH BORTHWICK

Klik op die foto vir biografie.

KARLI HEINE

Klik op die foto vir biografie.

Need help finding details?

HOE KAN JY DIE LAASTE ASEM BELEEF?

BELEEF DIT BY DIE KUNSTEKAAP

  • Saterdag 3 Oktober | 19:00 Drama-teater | Kunstekaap | Kaapstad
  • 1 Oktober | 10:30
KYK VAN ENIGE PLEK

  • Kan jy nie by die Kunstekaap wees nie? Die viering word gratis regstreeks uitgesaai.