Dagdromer

Laerskool Roodekrans

Laerskool Roodekrans

Dagdromer

Dagdromer is ’n fantasie-avontuurproduksie wat die grens tussen drome en realiteit laat vervaag. Wanneer Luna – ’n kreatiewe dagdromer wat sukkel om in te pas – onverwags na die magiese Planeet Fantasarieë geneem word, ontdek sy dat haar drome lewe gekry het. Saam met die dapper Moeriase en vurige Marsian moet sy ’n donker mag keer wat die wêreld van verbeelding wil vernietig. Met humor, avontuur, emosie en indrukwekkende visuele animasie neem Dagdromer die gehoor op ’n reis deur drome, vrese en selfontdekking. Die produksie herinner ons daaraan dat drome nie bedoel is om van die werklikheid te vlug nie- maar om die wêreld rondom ons beter te maak.

Genre: Fantasie-avontuurdrama | Nuutgeskrewe teks

Dramaturg: Angela Sparks

Regie: Angela Sparks, Anieka Venter, Kiara Mackenzie

Kostuumontwerp: Chantelle Venter, Wikus Van Rensburg

Stelontwerp en -inkleding: John Silva, Wikus Van Rensburg, Lourens Brits

Klankbaanontwerp en/of samestelling: Jarred Grobler

Beligtingsontwerp: Liem Van Rensburg

Multimediaontwerp: Marizelle Campher (Animasie)

Verhoogbestuurder: Mia Rademeyer

Beligtingsoperateur: Liem Van Rensburg

Klankoperateur: Jarred Grobler

Multimediaoperateur: Anieka Venter

Luna: Ziané Delport

Moëriase: Meacah Retief

Marsian: Jaydon Van Zyl

Kallie | Orden: Neil Grobler

Roxanne | Krapen: Mikah Van Wyk

Lientjie: Monique Brits

Arné Holding, Lian Korff, Donné Koekemoer, Stefan Holder, Annabelle Smith, Micah Stoltz, Myla Cummings

Flikkerende ligte