Die Neonkas
Laerskool Roodekrans
Laerskool Roodekrans
Die Neonkas
Wanneer Karla skielik verdwyn ná ’n geheimsinnige videospeletjie by die Neonkas-arkade, begin haar sussie Lorette en haar beste vriendinne ’n gevaarlike soektog na die waarheid. Wat volg, is ’n wilde reis deur geheimsinnige portale, kunsmatige intelligensie en ’n videospeletjie-wêreld waar dinge nie altyd is soos wat dit voorkom nie. Met ikoniese 80’s-musiek, retro-speletjies soos Pac-Man, en ’n groep vriende wat leer om op mekaar staat te maak, vier hierdie produksie die krag van vriendskap, moed en samewerking. Die Neonkas neem gehore terug na die kleurvolle wêreld van die 1980’s – waar arkade-masjiene gegons het, fietse koning was, en avontuur net een “Game On!” weg is.
Genre: Wetenskapfiksie-avontuurdrama | Nuutgeskrewe teks
Produksiespan
Dramaturg: Angela Sparks
Regie: Angela Sparks, Gabi Griezel, Kiara Mackenzie
Kostuumontwerp: Chantelle Venter, Wikus Van Rensburg
Stelontwerp en -inkleding: John Silva, Wikus Van Rensburg
Klankbaanontwerp en/of samestelling: Dannay De Klerk
Beligtingsontwerp: Stian Kruger
Verhoogbestuurder: Lea Van Heerden, Mia Kruger
Beligtingsoperateur: Stian Kruger
Klankoperateur: Dannay De Klerk
Rolverdeling
Lorrie (Lorette): Anyela Rymaszewski
Riekie: Mia Rossouw
Elmarie: Carike Willemse
Chantelle: Demi Bezuidenhout
Pixel Prince: Markus Van Wyk
Karla: Bianca Gouws
Ensemble
PAC MAN KARAKTERS, BOME: Lea Van Heerden, Mia Kruger, Layla Kruger, Isla Skye Herselman, Leah Venter
Dinosourus: Lea Van Heerden
Megabot: Leah Venter
Inhoudswaarskuwings
Flikkerende ligte





