DIE ASEM AGTER DIE BESLUIT
BIANCA FLANDERS
Bianca Flanders is ’n aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en stemkunstenaar. Sy het in 2011 haar graad in Teater en Opvoering aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en daarna ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat in Engels en Drama verwerf. As aktrise was sy te sien in verhoogproduksies soos Krotoa: Eva van de Kaap, District Six – Kanala, Aunty Merle: The Musical, Orpheus in Africa, Kristalvlakte, Karamonk en Annie&Helen, asook in film- en televisiewerk soos Troukoors, Nêrens, Noord-Kaap en Frankie en Felipé.
Bianca se liefde vir stories strek ook tot agter die kamera en na die bladsy. In 2021 het sy haar eerste vollengtefilm, Nativity, geskryf en geregisseer. Sy is ook die skrywer van die gewilde Pampoenput-kinderboekreeks, wat onder meer Pumpkin Finds Her Queen, Pumpkin Finds Her Kindness en Pumpkin Finds Her Beat asook Pampoentput en die Geheime Helde insluit.
Deur spel, skryfwerk, regie en jeugliteratuur skep Bianca stories wat gehore van verskillende ouderdomme laat kyk, luister en hulself opnuut in ander se wêrelde herken.
