DIE ASEM AGTER DIE BESLUIT

HANNAH BORTHWICK

Hannah Borthwick is ’n Suid-Afrikaanse aktrise, teatermaker en skrywer wat haar opleiding in drama aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het, waar sy ook ’n meestersgraad in Drama behaal het. Haar verhoogloopbaan sluit uiteenlopende werk in soos N is vir Neurose, A Midsummer Night’s Dream, Janneman, Romeo and Juliet en Marthinus Basson se produksie van Breyten Breytenbach se Boklied. Haar werk het deur die jare verskeie benoemings ontvang, onder meer by die kykNET Fiëstas, Fleur du Cap-toekennings en Toyota Stellenbosch Woordtrofees. As teatermaker beweeg Hannah tussen klassieke tekste, nuwe Afrikaanse werk en kontemporêre verhoogspel, met ’n besondere belangstelling in karakter, taal en die menslikheid wat ’n storie laat asemhaal.