DIE ASEM AGTER DIE BESLUIT
JACQUES BESSENGER
Jacques Bessenger is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse akteur, teatermaker, regisseur en mentor met ’n loopbaan wat oor teater, film, televisie en radio strek. Hy is onder meer bekend vir sy werk in reekse en films soos, Een keer om die son, Koek, Niggies, Hartklop, Ballade vir ’n enkeling, Krotoa, Kanaries en nog meer. Van sy teaterwerk sluit in, So ry miss Daisy, Buiteland, Marat/Sade, The Crucible, The Zoo Story, Jesus die musiekblyspel en The quite violence of dreams.
Jacques het deur die jare ook ’n sterk verbintenis met die verhoog behou en as akteur, regisseur en artistieke leier aan talle produksies en ontwikkelingsprojekte gewerk. Hy was onder meer vir verskeie jare artistieke regisseur van die ACT DALRO-beursprogram se nasionale finaal en is ’n toegewyde mentor van jong kunstenaars.
Sy werk word gekenmerk deur ’n fyn begrip van karakter, eerlike spel en die dissipline wat nodig is om ’n storie geloofwaardig van verhoog na skerm te dra.
