DIE ASEM AGTER DIE BESLUIT

KANYA VILJOEN

Kanya Viljoen is ’n Suid-Afrikaanse teater- en filmskrywer en regisseur. Sy het ’n BA (Hons) en MA in Teater en Opvoering aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en is tans besig met ’n PhD in Engelse Filologie aan die Universiteit van Heidelberg in Duitsland. As teatermaker het Kanya onder meer RAAK, Like Hamlet, Jessie, Die Man en Die Maan en op die hoek van die sesde straat geskryf en geskep. Haar werk is by feeste en teaters landswyd opgevoer en het verskeie benoemings en toekennings ontvang. Kanya is die medestigter van die interdissiplinêre film- en teaterkollektief Unusual Bones. Haar kortfilms, waaronder ekstasis (2020), The Moment of Dying (2021) en ’n Doop om Stilte (2023), het internasionale erkenning ontvang. Deur haar werk verbind Kanya teater, film en navorsing om nuwe maniere van kyk, vertel en betekenisgewing te ondersoek.